bullskit

PUMA the official technical and apparel partner of the Vodacom Bulls has unveiled 3 new Super Rugby kits, inspired by the stars.

Nicknamed the Stellar Kit, this season sees the introduction of a signature Black kit – brought to life with an orange and red ombrè effect across the front of the jersey, a traditional Blue kit and a re-appearance of the popular Pink kit. The Vodacom Bulls will take to the field in the specially designed pink kit for one of their home games to show their support of CANSA (Cancer Association of South Africa) and those persevering in the fight against cancer.

PUMA South Africa’s Marketing Director, Brett Bellinger says there is something for everyone in the new kits which feature a Bull imprinted across the front with reflective material embellishments.

“The new black kit takes inspiration from the star-filled night sky, which is fitting for the Bulls – the stars in their own right, and makes for a great signature kit. The blue kit is for the traditional Bulls supporter and the return of the hugely successful pink kit is available in a ladies cut only – with exception of the Team who will wear the kit in support of CANSA,” Bellinger says.

Barend van Graan, CEO of the Blue Bulls Company, says: “Our partners at PUMA have once again exceeded our expectations in producing yet another amazing series of kits for our Vodacom Super Rugby season. We are truly privileged to be associated with a brand that works tirelessly to make the Vodacom Bulls a real trendsetter in world rugby. The players, our stars, are extremely excited to don the new kit, and I believe our fans will be just as excited.”

The new Super Rugby shirt will be available at PUMA stores as well as select retailers nationwide from 4 December 2015 with a recommended retail price of R 749.00.

 

Launch footage:

 

 

 

thebulls

68 Responses to Super Rugby 2016: Bulls reach for the stars as they unveil new season’s kit

  • 31

    27: Ou Nama is al klaar besig om te panic vir die eerste game daar op Nuweland teen die ‘no name’ Bulle jongspan met hul lelike truie.

    Stormers behoort met so 40 punte te wen, maar wat van as die swak Bulle span dalk verras ?

    Hier is ‘n foto van Nama, sommer nou al:

    Afraid

  • 32

    30: Gee rugby redes, jy sê net so, maar ek hoor geen goeie redes nie.

    Die beste sal wees, in die afwesigheid van goeie afrigters in SA, dat HM nog aangaan met ‘n beter afrigtingskorps om hom by te staan.

    Ek sal bly wees as enige afrigter die dinge vir die Bokke kan omdraai om meer suksesvol te wees in 4 nasies en veral teen AB, maar ek verstaan nie hoekom jy dink AC is die man om dit te doen nie.

    Ek wag vir goeie redes ?

  • 33

    @ Ben-die-Bul:
    HM het in 4 jaar bewys dat hy nie opgewasse is vir internasionale rugby nie. Dit gebeur met sommige spelers ook. Baie goed op provinsiale vlak, maar sukkel om dit te maak op internasionale vlak. Dink maar aan Wynand Olivier. Sommige BB ondersteuners sal se JdJ is ook ‘n voorbeeld, alhoewel hy nog nooit soveel kanse gegee is nie.

    In sokker byvoorbeeld was Bobby Robson ‘n baie goeie klub afrigter wat bekers en kampioenskappe met verskeie klubs gewen het, maar hy het nie baie goed gevaar as internasionale afrigter nie.

  • 34

    @ Ben-die-Bul:
    Reds waaom AC ‘n beter kandidaat is as HM om die Bokke af te rig:

    1. Hy het ondervinding van internasionale rugby as assistent afrigter onder JW.
    2. Sy goeie rekord as afrigter van die Stormers sedert 2010. Ja, hy het nooit die kompetisie gewen nie, maar hy was deurlopend die beste van al die SA afrigters.
    3. Sy vermoe om jong spelers deur te bring. Dink aan die klomp 20-jariges wat ‘n Shark-span, wat gewemel het van Bokke, verslaan het in die CC finaal.
    4. Hy het bewys dat transformasie van ‘n span, oftewel die kies van brui.swart spelers, nie noodwendig die span hoef te verswak nie. WP/Stormers se rekord bewys dit.
    5. Sy bereidwilligheid om aan te pas (verandering van spelpatroon) en risiko’s te vat (De Allende op binne senter in die CC finaal nadat hy heel seisoen op vleuel speel).
    6. Sy goeie verhouding met spelers en die media.
    7. HM se KAK rekord as Bok afrigter.

    Dit sal in alk geval nie help watse redes ek aanvoer nie, jy’t klaar besluit dat sy moontlik aanstelling deur politiek gedryf word en jy sal daarby hou. Wink

  • 35

    33: My vraag is nie of HM nie geslaag het nie, dit is ‘n feit dat hy in 4 jaar groot belofte getoon het, maar die resultate, veral hierdie jaar tel erg teen hom.

    Die vraag is nou, is daar iemand beter, let wel, beter. Ek wag nog vir die redes waarom AC beter is op grond van sy en HM se verlede ?

    So, AC gaan dalk aangestel word bloot omdat almal verandering soek, en wat natuurlik in sy guns tel is politiek.

    Hopelik doen hy beter, maar dit verander nie die feit dat dit nie op meriete is dat hy bo HM gekies gaan word nie.

    Probleem in ons land, al die afrigters wil Chiefs wees, niemand wil Indians wees nie. Aus en veral AB sit met afrigtingspanne wat gelaai is met oud spelers en goeie afrigters. Maar in SA wil die manne dit nie doen nie.

    Ackers/Smal en Brendan/AC sal goeie hulp afrigters saam met HM/AC wees, maar nee, ons wil dit nie doen vir SA rugby nie, daar is nie so iets soos SA eerste nie, elkeen net vir homself.

    Dit is jammer.

  • 36

    @ Ben-die-Bul:
    Siende dat jy praat van die All Blacs.

    Stormers se rekord onder AC teen spanne uit NZ is redelik goed, behalwe teen die Crusaders. Tuis en weg.

  • 38

    @ Ben-die-Bul:
    “…maar dit verander nie die feit dat dit nie op meriete is dat hy bo HM gekies gaan word nie.”

    Jou redes vir die stelling is wat?

    Stem saam met jou oor afrigters wat almal Chiefs wil wees. As HM in 2008 ingestem het om as hulpafrigter (voorspelersafrigter) onder PdV te werk, dan het ons in 2011 ‘n gladde oorgang gehad. Maar nee, toe is hy mos te veel in sy eer gekrenk om onder iemand (wat nog te se PdV?) te werk. Wie dink jy wil nou onder hom werk om die kak wat hy oor 4 jaar aangeja het, te probeer regmaak?

  • 39

    Geen rede(s) vir jou stelling dat AC nie op meriete bo HM aangewys kan word nie, BdB?

  • 40

    34: Dankie

    Hier is my antwoorde:

    1. HM het ook daardie ondervinding en nog meer, want hy het hopelik nou 4 jaar se ervaring as hoofafrigter, waaruit hy goeie lesse geleer het.

    2. Nie heeltemal waar nie, was Bulle nie nr.1 in SA in 2013 nie ? Die feit dat AC se span nog elke keer gechoke het, moet juis ‘n waarskuwing wees ?

    3. HM het dit nog baie beter gedoen, dink aan 2002-2007 met die Bulle, en dit in sy 2de kans by Bulle. Dalk is dit wat nou nodig is, tweede kans met die Bokke, want hy het ook ‘n paar jong spelers begin deurbring.

    4. Politiek ! 😀

    5. Hy het volhard met Coleman op losskakel, hy is maar net so hardkoppig soos HM ! Coleman as nuwe bok losskakel ?

    6. Dit maak my bekommerd, veral julle ouens uit die kaap ……

    7. Goeie rede.

    Die beste rede waarom ek AC sou aanstel, is dat hy heelwat kalmer is langs die veld.

    Maar wat rugby papiere betref, kan ek nie sien waarom AC beter is as HM nie.

  • 41

    nortie wrote:

    http://www.sarugbymag.co.za/blog/details/why-heyneke-must-go

    “The attacks on his persona, on social media and in the mainstream media have been in poor taste, disgusting and without merit. Focus on the rugby.” – from the article in the link you posted.

  • 42

    @ Ben-die-Bul:
    “Die vraag is nou, is daar iemand beter, let wel, beter.”

    Wat is die maatstaf om te bepaal of daar iemand beter is? ‘n SR trofee?

    Moet HM nou vir die res van sy lewe as Bokafrigter behou word omdat hy in 2007 ‘n SR titel gewen het of totdat daar weer op ‘n jaar ‘n SA-span die titel wen? Dan maak ons daai afrigter die volgende Bokafrigter?

    Ons weet dan nou hoe kak hy is as Bokafrigter. Waarom moet ons onsself verder straf deur hom aan te hou?

  • 43

    39: ons het dit reeds hierbo genoem:

    AC het niks beter gevaar wat sukses op CB of supervlak betref nie.

    Op grond daarvan is HM hom ver voor: 1 superbeker en 4 CBs teen 2 CBs. En onthou, in die jare voor die 2007 wen, was HM se Bulle span ook die beste onder die SA spanne.

    Soos genoem, AC se beste redes om aangestel te word, is negatiewe redes oor sy teenstander:

    1. HM het nie geslaag nie
    2. HM het nie genoeg geknoei met politiek nie

    Dit is nie goed om jou aanstelling te bou op die foute van ander nie.

  • 44

    42: Ons is almal teleurgesteld oor hierdie jaar, maar die feit bly, daar is geen rugby redes vanuit die verlede waarom AC beter is as HM nie.

    So, julle gaan kry wat julle wil hê, ‘n nuwe bokafrigter, maar moet net nie julleself bluf dat dit is omdat AC gewys het in die CB of superrugby dat hy beter is as HM nie.

  • 45

    42: so jy erken dus dat nie rugby alleen nie, maar politiek ook deel van die maatstaf is wat bepaal wie die afrigter word ?

    En daarom tel laasgenoemde swaar in AC se guns ……

  • 46

    @ Ben-die-Bul:
    1. Het hy lesse geleer? As hy dit nou eers, aan die einde van sy 4de jaar leer, dan se dit nie veel van hom nie. Kan ons die kans waag om te sien OF hy geleer het… Nee wat,

    2. So, as jy die beste SR afrigter in SA sedert 2010 moet aanwys, sal die wie wees?

    3. 2002 is al amper in die vorige eeu…maak dit die vorige millenium gewees. Rugby het aanbeweeg en verander. Op baie vlakke. Dis seker hoekom HM so kak gevaar het. Hy was nog vasgevang in die 2002-2007 era.

    4. Aanvaarding en omarming van SA se realiteite.

    5. Coleman is nie die kakste losskakel nie. Sy selfvertroue het ‘n knou gekry na daardie misskop teen die Lions (of Cheetahs) en hy was no nie weer dieselfde nie. Plus, daar was nou nie juis ander opsies nie.

    6. Het HM se goeie verhouding met die media jou ook bekommerd gehad? Sommige joernaliste kry dit nou nog nie reg om hom te kritiseer vir die kak waarin hy Bokrugby gedompel het nie.

    Nee wat, HM moet gaan. Daar is geen aanvaarbare rede om hom te behou nie. Los maar daai strooi van sy 4 jaar se ervaring. JW en PdV het altwee daai ervaring gehad en hulle moes loop al het nie een van hulle teen Arg of Japan verloor nie.

  • 47

    @ Nama:
    Jong, gaan net so paar jaar terug in die argiewe hier….ek is seker daarvan dat jy sal vind dat dieselfde mense wat vir Heyneke weer wil aanstel, al erken hulle dat hy gefaal het, ook seker geargumenteer het vir die meriete dat Divvie nog 4 jaar moet kry oor hy besig was om te leer en nie slegter as n nuwe aanstelling sou vaar nie.
    En as jy nog verder terug gaan sal jy sien hoe hulle geveg het dat Jake nog 4 jaar moes kry.

  • 48

    @ Ben-die-Bul:

    Die feit van die saak is AC het ‘n baie beter transformasierekord as HM. Ek dink HM moet ten minste ‘n deel van die skuld dra dat die Bokke nou borge verloor weens sy hardkoppige weiering om meer kanse aan swart spelers te gee selfs in minder belangrike wedstryde. Ons kan vir ewig redeneer oor die sogenaamde rugbyredes waarom een van die twee beter of slegter as die ander is ( persoonlik dink ek Alister is beter maar dis net my opinie) , maar ons moet egter na die groter prentjie ook kyk. Soos jy weet.. money talks…

    En dan natuurlik ook die feit dat HM baie min charisma het en ook soos n lunatic in die pawiljoen tekere gaan is dinge waarvan meeste mense en borge nie hou nie.

  • 49

    43 @ Ben-die-Bul:
    Behalwe vir sy EN SR trofee as afrigter, is HM se rekord in SR nie te goed nie. Doen my ‘n guns en kyk bietjie na AC en HM se wen persentasie in SR. Jy sal verbaa wees.

    45 @ Ben-die-Bul:
    Ek weet nie hoe jy DAAR uitkom nie, maar soos ek vroeer gese het, jy’t klaar jou mind opgemaak en niks sal dit verander nie.

    Se nou bietjie vir my wat is die maatstawwe wat ons moet gebruik?

  • 50

    Ek glo ook nie dat HM in 2012 NET VIR RUGBY REDES aangestel was nie, Ben.
    In 2008 sou ek dit geglo het.
    Sedert 2007 en sy aanstelling in 2012 het hy bykans glad nie afgerig nie, en mens kon dit sien in sy oudmodiese wedstryd planne.
    Hy is, inteendeel, in 2012 meerendeels aangestel omdat SARU sleg gevoel het oor hulle hom nie in 2008 die job gegee het toe hy dit eintlik moes kry nie.
    Aan SARU wil ek graag se, bou n brug en kom daaroor, julle hoef nie nou nog so sleg te voel dat julle hom nog verder hoef n job te gee nie. Julle skuld is afbetaal

  • 51

    @ robzim:
    Moenie worry nie Rob, Grand-pa poeiers het klaar ingestem om te borg as HM heraangestel word.
    En Salusa 45 sal die broek borg

  • 52

    @ Nama:
    @ Ben-die-Bul:
    “Behalwe vir sy EEN SR trofee as afrigter,..”

    @ nortie:
    Hahaha… dit sou snaaks gewees het as dit nie so ‘n hartseer storie was nie.

  • 53

    48: Dankie Rob, vir daardie goeie eerlike antwoord. Dit is presies wat ek probeer aandui vir ons ander rugby vrinne hier.

    Dit gaan ander redes wees, of ons nou almal saamstem daarmee of nie, wat die bepalende faktore gaan wees. Dinge soos onder andere dat AC kalmer is op die pawiljoen, lekke gatgabba met die media is, die ANC meer agter hom het met transformasie, ensovoorts wat die deurslag gaan gee.

    Dit is maar die ou wereldjie waarin ons lewe, mens kan nie politiek en rugby skei nie. Wees dan net eerlik daaroor en noem dit op sy naam, moenie statistieke probeer verdraai dat AC ‘n beter afrigter was op CB of supervlak as HM nie. Dit is wensdenkery.

    Hopelik kan AC ‘n baie meer suksesvolle BOK afrigter wees, en dan juig ons saam !

    Maar ek twyfel of sekeres uit die Kaap bly sou gewees het as HM baie groter sukses met die Bokke behaal het ?

  • 54

    50 @ nortie:
    Presies Nortie.

    Dis hoekom hulle hom ge-head hunt het. Hy moes nie eens deur ‘n onderhoudsproses gaan nie. Toe buig SARU nog verder agteroor (of was dit vooroor) om aan al sy versoeke te voldoen: assistente, buitlandse spelers, Victor Matfield, makro oefengroepe, voorskrifte aan SR afrigters oor wanneer ‘n speler gerus moet word ens. ens.

    Dit het alles boggerol gehelp. Sy Bok nalatenskap is ‘n verloor teen Arg en Japan.

  • 55

    @ Ben-die-Bul:
    Moet tog nou nie probeer maak of AC net op grond van politiek aangestel word en dat daar geen rugbygronde vir sy aanstelling is nie. Ek weet dit is die deuntjie wat baie van julle gaan sing vir die volgende vier jaar…AS hy aangestel word daarom hoop ek hy word NIE aangestel nie. Genoeg van die kak gehad.

    Hy is in elk geval in ‘n verloor-verloor situasie met ouens wat soos jy dink en voel:

    Word hy aangestel en die Bokke vaar kak, dan se julle: Nou ja, wat het jy verwag van ‘n politieke/kwota aanstelling.

    Word hy aangestel en die Bokke vaar goed, dan moet sy assistente, wie hulle ookal is, al die krediet kry.

    Kyk maar na sy tyd by Stormers:

    Rassie kry die krediet vir 2010-2012 toe Stormers goed gedoen het.

    2013/14, toe dit nie so goed gegaan het nie, is alles weer AC se skuld.

    2014 CC en 2015 SR is alle natuurlik weer Gert Smal.

  • 56

    @ Nama:
    “Word hy aangestel en die Bokke vaar kak,..”

    Daarmee bedoel ek, handhaaf hul gemiddelde 65% rekord.

  • 57

    D @ Nama:
    Stem saam, hy kan sy yen verdien, stuff SA rugby.
    Ek het gister op Kaapstad lughawe voor ek daar weg is vir my n nice nuwe Stormer T shirt gekry.
    Enigste SA span wat ek sal volg, gatvol vir SARU, HM en die Bokke en hulle stories.
    Inteendeel, ek het nou die dag vir die eerste keer dit baie sterk oorweeg om n All Black trui te koop.
    So min voel ek oor vir HM en sy span.
    Sal eerder n trui dra waarop mens kan trots voel

  • 58

    48,50,54: julle manne verstaan nog nie, al die redes wat jul daar noem tel teen HM. Laat dit so wees.

    My punt is dat AC het nie met die CB of superrugby gewys hy kan beter doen as HM nie.

    Het die Stormers onder AC asemrowende hardloop rugby gespeel, wat almal nou eis moet plaasvind ?

    As dit die vereiste is, gaan vir Ackers, nie vir AC met sy een dimensionele dooie rugby soos HM nie!

    Waar is die RUGBY redes waarom AC nou skielik die rugby messias gaan wees om ons rugby om te keer, as hy dit vir hoeveel jare nie eers naastenby by die Stormers kon regkry nie, en toe maar die pad na Japan te vat ?

    En as al AC se 2de en 3de plekke, maar nooit eerste plekke in superrugby, genoeg is om hom Bok coach te maak …. hoekom is HM se derde plek in die WB teen die beste AB span ooit, en een van die beste Aussie spanne ooit, nie genoeg RUGBY rede om hom weer ‘n kans te gee nie ? Dalk is hy nou by daardie ommekeer ?

    En, as julle manne eerlik is, gaan kyk in die argiewe, toe HM aangestel is, het die meerderheid van ons hoop gehad, selfs baie mense van die kaap.

    HM het vir 2/3 jaar regtig nie te sleg gedoen nie, behalwe sy min wen teen AB en natuurlik hierdie jaar was ‘n disaster.

    Nou hoekom mag ou AC vergewe word deur julle klomp in die kaap omdat hy vir jare der jare gechoke het teen die Crusaders, en vir jare gechoke het om nie die superbeker te wen nie …. maar HM word lewendig afgeslag deur julle klomp omdat hy misluk het.

    Het die Bulle van HM/Ludeke nie die Crusaders goed pakslae gegee toe dit juis saak gemaak het nie, 3 semi’s in 2007, 2009 en 2010. Iets wat AC nie naby aan kon kom nie ?

    Nee, ek sê nie behou vir HM nie, maar as julle hom afslag, hoekom nie dan ook sommer nou vir AC ook oor al sy mislukkings by die Stormers afslag nie ?

    Dubbele standaarde ?

    Dalk is dit bloot omdat hy van die kaap is, dat hy nou skielik die antwoord is teenoor die ‘useless’ HM ?

    Of is dit omdat jul HM so haat, dat enige iemand anders vir julle na die rugby mesiaas lyk ?

    En wat die publiek betref, word AC nou reeds nie gesien as die oplossing nie, nog voor hy begin het:

    By sarugbymag –

    Should Allister Coetzee replace Heyneke Meyer as Bok coach?

    No, there are better candidates: 74.65% (106 of 142)
    Yes, he is the right man for the job: 25.35% (36 of 142)

    Ek herhaal, HM kan vervang word, maar deur iemand met beter RUGBY redes. AC is ‘n nice ou, goeie media man, en ander dinge, maar myns insiens nie ‘n beter rugby oplossing nie. Maak hom bestuurder van die Bokke.

    I rest my case.

    Geek

  • 59

    @ nortie:
    Ja-nee, as hulle volhou met HM, dan sal ek ook maar vir my ‘n ander huis moet kry.

    Frankryk is nie meer wat hulle was soos in die dae van Blanco, Sella, Mesnel, JP Rives en daai snare nie. Ek het gehou van Ierland toe Keith Wood nog gespeel het…Wallis het ‘n paar ouens waarvan ek hou (North, Kearney), maar NH rugby is vir my baie vervelig. Ek doen weinig moeite om 6N te kyk. So ek sal maar na Arg of Aus moet kyk.

    Kan nie vir die AB gaan nie, want meeste van my vrinne is AB ondersteuners en waaroor moet ons nou redeneer as ons saam die rugby kyk. Delighted

  • 60

    55-57: Manne, ek het dit hierbo reeds genoem, as AC aangestel word, sal ek nog steeds die Bokke voluit ondersteun, regtig, al dink ek daar is dalk beter afrigters.

    Die Bokke sal altyd my 2de liefde bly !

    Approve

    Lekker slaap !

Users Online

Total 66 users including 0 member, 66 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm