RapportDie Springbokke moet in die spieël kyk om te sien waarom hulle gister hier in die Patersons-stadion met 23-24 teen die Wallabies verloor het.

’n Drie deur die linkervleuel Rob Horne minder as twee minute voor die einde het die Bokke se lot verseël nadat hulle met ’n kwartier se speeltyd steeds ’n voorsprong van nege punte (23-14) gehad het.

’n Keerpunt was die geelkaart wat Bryan Habana, met 15 minute oor, gekry het vir ’n beweerde hoogvat op Adam Ashley-Cooper.

Rapport

Die Bokke het té veel van die skoen gebruik gemaak en nie genoeg met oorgawe aangeval nie.

Morné Steyn het boonop ’n lelike blaps begaan deur die bal nie hoog in die pawiljoen in te skop nie – toe die Bokke kort voor die eindfluitjie ’n strafskop ná volgehoue druk op hul doellyn gekry het.

Israel Folau het met ’n teenaanval begin, wat tot Horne se drie gelei het.

Die Wallabies het hul rekening vroeg met ’n drie deur die heelagter Folau geopen.

Hy het die beweging van die afskop af begin en ook die daaropvolgende beweging afgerond.

Eers het hy die kort afskop bemeester en deurgebreek. Willie le Roux moes naby die Bokke se doellyn red.

Die lynstaanbesit het na Wallaby-kant toe gegaan en na enkele fases het Folau afgerond.

Die Springbokke het protes aangeteken omdat hulle gevoel het daar was obstruksie teen Steyn, maar die TV-blaser, Ben Skeen, het nie saamgestem nie en die drie is toegeken.

Die Bokke was dadelik met die rug teen die muur, maar al het hulle nie veel van die bal gesien in die eerste tien minute nie, het hulle die druk verwerk en in die 12de minuut die voortou geneem toe Cornal Hendricks in die hoek oor is.

Die deurslaggewende oomblik met dié drie was die vinnige hande van Le Roux, wat die bal dadelik aangestuur het na Jan Serfontein om Hendricks in besit te stel.

Die eenvoud en gemak waarmee dié drie gedruk is, het jou laat wonder waarom die Suid-Afrikaners nie meer probeer het om die bal wyd te speel nie.

Goed, die toestande was gewis nie ideaal nie, maar dit kon telkens ’n beter keuse gewees het as die doellose geskoppery.
Die inskop ná Hendricks se drie was soos ’n sirkus.

Eers het die bal nie tien meter getrek nie, die Bokke het dit wel gespeel, maar ’n mamparra-skop deur Steyn het die Aussies in staat gestel om tot net kort van die doellyn te vorder.

Die tuisspan moes ’n tweede drie gehad het, maar Ashley-Cooper kon die bal – ná ’n puik steekskoppie – nie agter die doellyn beheer nie. Die voorsprong van 14-11 wat die Bokke met rustyd geniet het, het dadelik ná die hervatting verdwyn met Foley se derde strafdoel.

Die wedstryd, wat in ’n skopstryd ontaard het, het skielik lewe gekry met ’n kwartier oor.

Le Roux se taktiese skopwerk was nie na wense nie en hy het in die laaste tien minute plek gemaak vir die Durbanse plaasvervanger Pat Lambie.

 

Bok Rapport

 

9 Responses to Die Rugbykampioenskap: Springbok Rapportkaart

  • 1

    Norts. Is your half empty club still accepting new membership.

    After a nights rest I watched the game again this morning.

    HM, his coaching technique and his game plan is to regimented.
    Players don’t play what’s in front of them and if the kicks and the follow ups are not timed correctly we giving hard earned possession away.

    His basically over complicated a very simple game.

  • 2

    @ Jeraldjay:
    Ha ha JJ, of course, welcome to our little ( quickly expanding) club.
    Perhaps we should change our name to the realist club?

  • 3

    2 @ nortierd:

    “Perhaps we should change our name to the realist club?” 😆

    Ahhh… no. That would be bending the truth like Uri Gellar bends spoons…

    There’s a group of people who always like to be called Realists… the rest of the world calls them Pessimists…

    So you could change your name to The Springbok Pessimists Club if you like…? It’s way more appropriate…

    Pessimism: a tendency to see the worst aspect of things or believe that the worst will happen; a lack of hope or confidence in the future.

  • 4

    3 @ ufo:
    Lol, seems we are gaining new names almost as fast as we are gaining new members 😀

  • 5

    4 @ nortierd:

    😆

    seems that way… 😉

    official notice is hereby given that the Glass Half Full Club will be holding our weekly Springbok Supporters meeting in the telephone booth outside Fireman’s on Wednesday at 19:15…

    or as soon as the Cape Town Virgins’ Club are finished with their meeting…

    😆

  • 6

    5 @ ufo:
    Ha ha
    Telephone booth should be big enough for Heyneke and ….erm…..erm…., well ok, just Heyneke 😆

  • 7

    6 @ nortierd:

    actually the pavement is quite wide there… so we can squeeze a few more…!! 😆

    cheers… enjoy the rest of the weekend…

    Bye

  • 8

    @ ufo:
    Cheers, have a good one

  • 9

    I like that:
    “’n Keerpunt was die geelkaart wat Bryan Habana, met 15 minute oor, gekry het vir ’n beweerde hoogvat op Adam Ashley-Cooper.”
    they got a way with words, Load of nonsense
    Look again at the tackle: went straight to Cooper’s neck in a near certainty try scoring situation. High tackle at a high speed?

    http://media.smh.com.au/sport/rugby-union/wallabies-raise-the-roof-with-miracle-comeback-5739630.html

Users Online

Total 22 users including 0 member, 22 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm