South AfricaSo amper, maar alle aanduidings is dat die Springbokrugbyspan weer op die regte pad is ná sy naelskraapse nederlaag gister teen die All Blacks.

Dit is die eenparige mening van ’n klompie kenners by wie Rapport gaan kers opsteek het ná die Slag van Wellington.

 

Krynauw Otto:

“As ons die All Blacks só kan vat in Wellington, kan ons hulle op neutrale velde in die Wêreldbeker-toernooi klop,” meen die voormalige Bok-slot Krynauw Otto. “Dit was weer simpel foute wat ons, nes in Australië, die wedstryd gekos het. Tien foute minder en ons het gewen.”

Rapport

Otto was nietemin in sy noppies met die Springbokke. “Die pak was goed, ons skrumwerk was goed en Victor Matfield was weer skitterend. Ons moet leer om beter gebruik te maak van omgekeerde besit, maar dis ’n baie goeie All Black-span.”

 

­André Markgraaff:

Die gewese Bok-afrigter ­André Markgraaff was ook taamlik tevrede. “Heyneke Meyer het duidelik ’n paradigma-skuif gemaak. Die spel het die laaste jaar of twee baie verander en die meeste van ons afrigters is steeds te geneig om net te wil druk toepas en skop.

“Vandag (gister) het gewys jy moet in jou spelers glo en in hul vermoëns om aan te val.”

Markgraaff meen dit was dalk die beste vertoning van die Springbokke die afgelope twee jaar in die Rugbykampioenskap. “Ons moet egter onthou die All Blacks was nie vandag baie goed nie. Sonder Sam Whitelock is hulle veel meer kwesbaar in die lynstane en Steven Luatua is ook nie so goed soos die beseerde Liam Messam nie.

“Ek hoop ook ons het nou klaar besluit op losskakel en senters. Ek het gedink dis dalk te vroeg om Handré Pollard in te span, maar hy was verbasend goed.

“Sy voorspelers was weliswaar op die voorvoet, maar hy was kalm,” sê Markgraaff.

“Jan Serfontein hoort ook op binnesenter. Jean de Villiers is ’n goeie buitesenter en het daar meer spasie en vat daar minder stampe.”

 

Nelie Smith:

Nóg ’n gewese Bok-breier, Nelie Smith, meen dit was ’n skitterende toets.

“Die uitstekende verdediging weerskante het my verbaas. Dis selde dat jy in ’n toets sien spanne speel so dikwels so wyd, maar dit het amper nooit gelyk of daar gapings is nie.

“Victor Matfield was weer ’n toring van krag.

“ ’n Jongeling wat teen die All Blacks speel soos Handré Pollard, is die ware Jakob.

“Jan Serfontein se verdediging was fenomenaal en ons moet nie vergeet van daai yster ­Duane Vermeulen nie. Ons is op die regte pad, maar moet leer ondersteun soos die All Blacks.”

 

Rob Louw:

Die oud-Bok-flank Rob Louw meen die Bokke het dié ene weggegooi. “Ons skrums was goed en ons losvoorspelers ongelooflik. Richie McCaw was amper nêrens nie, maar ons het op kritieke tye nie kop gehou nie.

“Ek voel ’n bietjie jammer vir Morné Steyn, maar Pollard het ’n regmerkie verdien.

“Daar is nog probleme op skrumskakel sonder Fourie du Preez, maar as hy terugkom – asook manne soos Schalk Burger, Jaque Fourie, JP Pietersen en Frans Steyn – lyk ons goed vir volgende jaar.”

 

Die Bok Rapport kaart:

image

 

62 Responses to Die Rugbykampioenskap: Springbokke – Kenners jubel oor Matfield, Serfontein PLUS Bok Rapport kaart

Users Online

Total 40 users including 0 member, 40 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm