Jurie Roux

Jurie Roux

Amper asof die strafregtelike-bedrog-ondersoek teen sy uitvoerende hoof nie bestaan nie, het die uitvoerende raad van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) Jurie Roux se kontrak eenparig met vyf jaar verleng.

Volgens Oregan Hoskins, president van SARU, het rugby se ringkoppe die bewerings teen Roux “deeglik ondersoek” en besluit om hom aan te hou.

SARU se besluit is bisar, om die minste te sê.

Dié beheerliggaam het ’n gulde kans verspeel om iemand anders aan te stel oor wie se kop nie ’n wolk van omstredenheid hang nie.

Die Burger

Met hierdie uitlating het Hoskins homself verhef tot polisieman, vervolger en regter. Net ’n hof kan Roux se onskuld bevestig, as die Staat besluit om strafregtelike klagte teen hom in te stel.

Die Universiteit van Stellenbosch (US) het met goeie rede klagte van bedrog teen Roux by die Valke ingedien.

Die bewerings teen Roux is ernstig: Hy het glo geld uit die US se akademiese fondse na Maties-rugby oorgeplaas om spelers se uitgawes te dek. Dit beteken duisende rande van ouers se studiegeld vir hul kinders is na bewering gebruik om die universiteit se rugbyklub te versterk.

Die US se besluit om polisie toe te gaan is nie ligtelik geneem nie: Dit was gegrond op ’n forensiese-oudit-verslag en ’n regsmening deur ’n se­nior advokaat.

Waarom sal Hoskins en die presidente van die land se 14 rugby-unies beter weet?

Waarom tot elke prys ’n man oor wie se integriteit groot vraagtekens hang, as uitvoerende hoof behou?

Dat Roux in sy huidige pos goed vaar, beteken nie SARU kan ernstige, misdadige bewerings van bedrog teen hom ignoreer of isoleer nie.

Die minste wat SARU kon doen, was om Roux te skors hangende die ondersoek teen hom.

In wie se belang is dit dat ’n beweerde bedrieër aanbly as hoof van SARU? Beslis nie rugby s’n nie.

14 Responses to Mening: SARU laat die bal val met Jurie Roux

  • 1

    Die “d**s”, hy gebruik fondse om rugbyspelers te help wat nie so ryk soos die ander is nie.

  • 2

    meanwhile kry Africa Bank ‘n bailout van meer as 8 triljoen, terwyl niks met daai mense gaan gebeur nie.

  • 3

    en die valke hou hulle besig met die stront.

    Nee wat beskerm die mense met geld (US).

    Screw die res van ons armes.

  • 4

    And how much money is under this scope? How many students? Some of these students are professional rugby players now, what is happening to them if this is such a big deal?

    Witch hunt.

  • 5

    1 – 4 @ MacroBok:
    Jy mis die punt totaal en al.

    Jurie Roux het na bewering in stryd met sy bevoegdhede en sy mandaat en sonder toestemming opgetree met DIE finansies.

    Ek verstaan verder daar is verskeie beweringe van uiters “Kreatiewe Boekhouding” tussen hom Chean Roux en daardie Universiteitsgelde gepleeg te einde die gelde te route na die rugbyspelers toe.

    Die syfers wat rondgegooi word beloop glo rondom R 35 miljoen oor die tydperk.

    Maar nouja, die bewerings moet ondersoek word en die Staat moet aankla as daar inderdaad ‘n saak teen Jurie Roux sou wees.

    Hierdie artikel bevraagteken presies wat ek bevraagteken, en dit is dat SARU durf om Jurie Roux vir ‘n verdere 5 jaar aan te stel MET DIE SWAARD WAT OOR SY KOP HANG en die ernstige beweringe wat ondersoek word.

    Die logiese moes eerder wees dat Jurie Roux geskors word (met pay), hangende die bewerings en moontlike kriminele vervolging teen hom, maar nou doen hulle presies die teenoorgestelde en dis om sy kontrak te verleng.

    Op die minste moes sy kontraksonderhandelinge opgeskort gewees het, hangende die kriminele ondersoek se uitslag.

    Oregan Hoskins sowel as die Algemene Vergadering van SARU het bitter vreemd opgetree hier.

  • 6

    @ grootblousmile:
    As daar “beweerde” bedrae van R35 miljoen rondegooi word en bewys kan word verander dit natuurlik die hele konteks.

    Maar tot daai informasie beskikbaar is, en wat aan ons sover gegee is van die media se kant af, lyk die ding maar baie dun, ek se nie hy is onskuldig nie, daar is net te min om die ou te veroordeel.

  • 7

    Die beweerde wanpraktyke sluit in:

    Dat die US rugbyspelers se studiegeld, verblyf- en ander koste onregmatig gefinansier het;
    Dat skuld van rugbyspelers wat nie hul beurse kon terugbetaal nie glo in verskeie gevalle afgeskryf is; en
    Dat spelers, van wie sommige nou beroepsrugbyspelers is, geldelik gehelp word wanneer klasgeld te duur vir hulle word.

    Dit is ook al waaroor ek komentaar kan lewer oor Robin Hood.

  • 8

    WIE is hierdie beroepspelers wat blykbaar geld “onregmatig” verkry het?

  • 9

    5 @ grootblousmile:
    Hi GBS, don’t know enough about this matter to give an opinion but rather have many questions from different angles 1. Had Roux come to the end of his current contract, is this why there was a need to make a decision on whether to extend his contract or not?
    2. Surely if he had come to the end of his contract then there would have been no need to do as you say and put him on garden leave pending investigations, they could merely have not offered him an extension?
    3. If we was still in contract then I guess that is where your suggestion of a suspension comes in, although what happens to the principle that you so strongly believe in that every person is entitled to a fair trial – would suspending him not tilt opinion to the side of the man being guilty, I guess your suggestion of him being suspended on full pay (ie garden leave) until its resolved comes in and covers this?
    4. In the meantime then assuming he was still in contract and got garden leave then who would do his job while the investigation was taking place?
    5. Would such a person not also then need to be paid a (not insignificant) salary, in which case SARU is paying twice over for the job to be done, surely that is channelling much needed funds away from players for development etc?
    6. If the answer to the first question is that he had come to the end of his contract is yes then I guess you do have to question the length of the contract extension – is 5 years standard for these contracts? Also you have to look at the fact that it says his contract was unanimously extended surely that says something about the man, how often if ever is there full agreement between all the members, normally even a few would disagree on matters and vote against things?

    Phew so many questions ou pel, will look forward to answers in a while, moet nou eers gaan skyns le was ‘n lang nag en nog een wat kom vanaand Tired

  • 10

    6 @ MacroBok:
    Die dinge kom al ‘n ruk lank, heelwat meer as ‘n jaar as ek nie verkeerd is nie… en is met betrekking tot Jurie Roux se pos by die Universiteit van Stellenbosch… dis die pos wat hy net voor die SARU ene gehou het.

    Daar was al baie meer hieroor in die Media, lank terug… dis waar ek die syfers en dinge vandaan onthou.

    Een van ons bloggers hier, TonyM, wat taamlik diep gewortel is in die binnekringe van rugby (en ook al vir SARU suksesvol Hooggeregshof toe gevat het met die Spears sage) het ook paar goed vir my aangestuur, lank terug.

    Die feit is, enige bedrogklagtes spreek DIEP, DIEP, DIEP oor Jurie Roux se moontlike onbevoegdheid om op te tree as SARU CEO… en die Valke Kriminele ondersoeke moes minstens voltooi word voordat hy heraangestel word… daar is nie verbykomkans op daai ene nie.

    Die gevestigde beginsels van Good Corporate Government (King Commission Report) vereis sekere daadwerklike optredes en vir ‘n uiters Publieke Amptenaar, aan die HOOF van ‘n Nasionale Organisasie, om so voort te gaan met hierdie swaard oor sy kop is uiters laakbaar en plein verkeerd.

    Waar is SARU se kredietwaardigheid nou, vra ek jou?

  • 11

    9 @ Bullscot:
    Irrespective of whether his contract was coming to an end or not, Good Corporate Governance guidelines has to be followed.

    But then they go appoint him for 5 Years more… why not just 6 months or a year at most, then the position could be reviewed again.

    But 5 years, come on, be serious!!

    I’m not suggesting finding him guilty without trial, I’m advocating that decisions be made with excellent Corporate Governance in mind. I am also not suggesting he be fired, but rather suspended pending findings and prosecution or not… whatever the case.

    As is, a stink hangs over Jurie Roux… but more so it now hangs over the whole of SARU!!

  • 12

    @ grootblousmile:
    Ek onthou dit was al lankal berug, en syfers van R35 miljoen word nie meer aangehaal nie, hoewel ek natuurlik nie nou weet of dit nie meer ‘n aantuiging is nie, ek weet ook nie wat TonyM gese het nie of wat enige iemand in die binnekringe al uitgevind het nie, ek kan obiously nie kommentaar lewer daaroor nie.

    Al wat ek nou weet is die nuutse oor die nuutste aantuigings, wat lyk of hy onregtelik rugby studente gehelp het wat nie instaat was om hulle studie gelde te betaal nie.

    Nou as hy beskuldig was van diefstal van R35 miljoen sou ek ten volle saam met julle stem, maar die aantuigings is net nie ernstig genoeg nie, dit lyk selfs of die aantuigings minder raak, en Bulscot maak n goeie punt, hoekom dan ‘n extra ou betaal terwyk Roux net suspend word, ek weet nie wat besluit is by die raadvergadering nie, dalk het die unies gese, “daar is aantuigings teen jou, en daar is voortans voorwaardes tyd en wyl tot die ondersoek afgehandel is, maar jy doen n goeie werk en ons back jou”.

    Soos jy se, daar is nie verbykomkans op die nie, die reg sal geskied.

  • 13

    11 @ grootblousmile:
    Goeie punt.

  • 14

    Wat my aangaan het SARU geen geldige rede om Jurie Roux te skors nie. Jurie Roux het geen oortreding teen SARU begaan nie. Die US, waar die beweerde oortreding begaan is, kon wel vir Jurie Roux geskors het indien hy nog steeds in hulle diens was.

    SARU kan wel teen Jurie optree maar eers nadat in ‘n hof skuldig bevind is. Tot dan tree SARU korrek op.

Users Online

Total 26 users including 0 member, 26 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm