Juan Smith

Juan Smith het gesê hy moes op sy lippe byt om te keer dat die trane nie tydens die sing van die volkslied rol nie.

“Wat my gelukkigste dag ooit in die Springbok-trui moes wees, was toe my donkerste dag van my rugbyloopbaan.”

Só het ’n teleurgestelde Juan Smith Maandag gesê wat met sy aankoms in Suid-Afrika ook onder kritiek moes deurloop, omdat hy nie die volkslied in Saterdag se toets in die Rugby-kampioenskap teen Argentinië in Salta gesing het nie.

Die 33-jarige Smith was die eerste keer sedert 2010 weer vir die Bokke in aksie, en het nie die terug­keer gemaak waarop hy gehoop het nie.

“Die opbou na die toets was baie emosioneel gewees. Ek moes tydens die sing van die volkslied op my lippe byt dat die trane nie rol nie,” het Smith gesê.

Sport24

“Dis teleurstellend dat mense dink dat ek ná 70 toetse vir die Bokke nie respek vir ons volkslied het nie. Ek het dit bloot nie gesing nie, omdat ek dan sou huil wat nie die gewenste sou wees nie.”

Smith wou Maandag geen verskonings aanbied vir sy spel nie, al het hy geen voet verkeerd gesit in die toets nie.

Hy voel hy kon veel meer gedoen het en het homself ná skitterspel vir die Franse klubspan Toulon die meeste teleurgestel van enigiemand.

“Die kritiek wat van ons ou manne kry, is geregverdig en ek vat dit op die kennebak. Ek was Saterdag nie goed nie.

“Dis nou my keuse hoe ek die kritiek gaan hanteer. Of ek kan gaan lê of harder werk en dit as aanmoediging gebruik.

“Ek is ’n mededingende mens en sal nie gaan lê nie. Ek onthou destyds toe ek jonk was en André Venter- en Rassie Erasmus-hulle my op my tone gehou het. Ek beskou dit nou as my plig om die soort spel te lewer dat ek mededingend om ’n plek in die Bok-span is en die jonger manne op hul tone hou.”

Smith het gesê die plaasvervanger-flank Marcell Coetzee het die voorbeeld aan hom en die res van sy spanmaats in Salta gestel.

Coetzee was saam met ander plaasvervangers soos die haker Adriaan Strauss en die losskakel Morné Steyn skitterend in die Bokke se sukkelsege van 33-31.

“Marcell was die eerste persoon na wie ek na die toets gestap het om hom geluk te wens met sy goeie spel. Hy was baie goed.”

3 Responses to Juan Smith: ‘Ek sal nie gaan lê’

  • 1

    aag ou juan as jy nie die ou liedjie wil sing nie hoef jy nie…. dis die lekker van ons nuwe en verbeterde land.

  • 2

    Dis net jammer Juan Smith kon nie sy emosies en nerves omskakel in goeie spel op die dag nie.

    Hy was nowhere, missing in action… hy het duidelik voorgekom as ‘n HAS-BEEN!

    Juan was ‘n Icon in Springbokrugby, en ons almal was mal oor hom, maar daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan… en Juan se tyd om te gaan het reeds lankal aangebreek.

    Dis hard om dit te sê, maar dis die realiteit en die werklikheid, en daarby sal ons nie verby kom nie!

    Ek hoop eintlik regtig hy gaan nou en bewys hierdie woorde van my as loutere twak… maar ongelukkig dink ek nie dit sal so gebeur nie.

  • 3

    die hele pak voories was eintlik maar nerens nie die subs was die ouens wat die wa deur getrek het

Users Online

Total 16 users including 0 member, 16 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm