Rant & RaveNext week’s Super Rugby Final in Sydney will be about more than just the Super Rugby trophy, it will be a precursor to The Rugby Championship as well.

The Wallabies take on the All Blacks in Sydney on 16 August in what could be a deciding match to determine who will win The Rugby Championship crown for 2014.

There is of course the added bonus of the All Blacks being on the cusp of making history by stretching their record to 18 consecutive wins. The Wallabies will be hell bent on putting a stop to that. They did it once before by holding out for a draw in Hong Kong some years back.

Ewen McKenzie will be hoping that the Warratahs can put one over the Crusaders next week, it will do wonders for the psyche of his players.

The Tahs had a bruising encounter against their countrymen from Canberra earlier today and only secured the match late in the last quarter. The Brumbies might be ruing all the shots at goal they shunned by not taking some very kickable penalties, but even though they gave it their all, kudos must go to the Waratah team and their defense.

Of the two finalists, they will surely be the more tired, as the Crusaders hardly had to break into a sweat to pulverize a poor Sharks team who didn’t manage to threaten them at all for 80 minutes. The closest the Sharks came was due to an error from Crusader’s wing Fonotia who failed to mark a catch from a poorly executed Shark kick.

That the Sharks just failed to pitch up in such an important match is worrying, and the fact that they are the best of the SA sides, doesn’t mean it’s something to be proud of, it just indicates what a sorry bunch of losers the SA sides were in 2014.

Thank goodness Heyneke relies on foreign based players, because the crop plying their trade here doesn’t have the BMT to step up when it counts. And thank goodness Frans Steyn decided to walk out on the Boks.

The Sharks once again showed that it was a good thing that they played in their black strip and not their traditional away strip, white is reserved for the bride, and not the bridesmaid.

Jake White should have to rethink his Jakeball strategy, but he won’t, that leaves one other alternative, he will have to buy players who can effectively execute his style. And that would mean importing a proper tactical kicker,in the mould of Morne Steyn, and a decent scrumhalf.

Reinach has in these last two weeks on the big stage shown why Heyneke Meyer has steadfastly refused to bring him near a Springbok squad. Heyneke knows his rugby, that much we know.

The bad news for Heyneke is that it would seem like the Aussies are going to overtake his Springboks this year as well. The Australian franchises as a whole, and their key players in particular, have all put up their hand this year. The opposite is true for the South African teams though.

The one silver lining to today’s match is that the Sharks come home and Heyneke can have an extra week with them to try and get them out of the drab game plan mindset they are currently entrenched in, but whether one week is enough, that remains to be seen.

And lastly, just in reply to Jake’s ill timed comments about scrapping the play-offs because the teams ending first and second on the log will win, there is a reason for that, they are the better sides and that’s why they ended 1st and 2nd respectively. Any one going to argue that the Crusaders today probably would have thumped the Sharks in Durban as well?

3 Responses to Super Rugby: The Cell C Sharks must stick to black, white is reserved for the bride and not the bridesmaid

  • 1

    Bokkie Gerber: SA rugby is dinosourus in Jurassic Park
    2014-07-26 23:05
    share:

    Dis goor.

    Ons is maar weer net ’n soort strooijonker in Superrugby.

    Vandag sal daar baie ou koeie uit baie ou slote gehaal word om te verklaar waarom Suid-Afrika se vertoningslys in Superrugby so ’n vrot refleksie is van ’n land wat as ’n wêreldrugbykrag beskou word.

    My stuiwer in die armbeurs is dat ons verleer en vergeet het dat rugby bal-in-die-hand en met vaart en vernuf suksesvol gespeel kan word. Superior-kwaliteit, soos die Crusaders gister gewys het.

    Ons is egter die laaste dinosourus in Jurassic Park.

    Ons obsessie met makrospelers, wat met die minimum risiko speel, hou ons daar vasgevang.

    Die profete hier wat vas geglo het dat die Crusaders geklop kan word omdat hulle benadering van bal-in-die-hand hulle kwesbaar maak teen ’n konserwatiewe en eendimensionele benadering soos die Sharks s’n, het hopelik nou ook die lig gesien. Ons wyse van speel en kies, is uitgedien – finish en klaar.

    Jake White se wedstrydplan het geflop. Ware voetballers het die gladiators verslaan. Die punt wat die Crusaders gister gemaak het, is dat ’n megapak soos die Sharks s’n, wat van fase tot fase drukrugby speel, geklop kan word deur skeppende spel van teenstanders. Boelierugby het sy beperking.

    Van die 19 Superrugbytitels waarvoor daar sedert 1996 gespeel is, het Suid-Afrikaanse spanne (lees Blou Bulle) nou drie gewen. Australiese spanne het van die vorige 18 ook drie gewen. Nieu-Seelandse spanne het 12 van die vorige 18 titels verower. Nou is dit weer ’n Aussie- en Kiwi-span in die eindstryd, wat Suid-Afrika die groot Super-vrotkol maak.

    Die rapport lees: SA 15%, Australie 16% en Nieu-Seeland 69%.

    Ewe goor is dat die orige vier Suid-Afrikaanse spanne in posisies 8, 10, 12 en 14 op die finale puntelys geëindig het. Dit rond een van die swakker van ’n hele klompie swak Super-seisoene vir Suid-Afrikaanse rugby af.

    Vergeet van die reis en die lang tydperke weg van die huis af en daai holruggeryde verskonings.

    SA rugby beskou dié reeks as ’n geldmaker en tot voordeel van ons rugby. Daarom staan en lei hulle (weliswaar verdeeld) die ­Super-konkoksie.

    Vir ’n slag moet SA rugby sy koördinate vind vanwaar hy op die wêreldkaart van die spel is en dan bepaal waar hy volgende jaar wil wees. En natuurlik hoe hy daar gaan kom.

    Dit geld die volle spektrum van SA rugby se breintrust.

    Die probleem is egter dat die breintrust besoedel is met die wanbegrip dat als goed en reg is. Dat ’n vergrote Superreeks Suid-Afrika tot voordeel strek, al verwater dit die reeds tam reeks.

    En dat ons goed oor die weg kom deur die hekke oop te hou vir spelers van oorsee om vir die Bokke te speel, ongeag die toffie wat die tuisblyers van Bok-rugby kry.

    Ook dat ons hierdie besonderse en unieke krag is.

    Bols!

    Ons uniekheid strek niks verder as ’n astrantheid om die gebreke diep te begrawe en nie daaroor te praat nie. Om eerder knus met mekaar te wees vir die heil van harmonie en lojaliteit.

    Bols!

    ’n Kokkedoor van Saru sê by die afgelope Cravenweek in Middelburg dat Suid-Afrika nie ’n aks sal afwyk van sy tradisionele spel om toetsspanne soos die All Blacks, die Wallabies en Engeland na te boots nie.

    Die Springbokke gaan volgens Jurie Roux nie om verskoning vra omdat hulle tradisionele Springbokrugby speel, pleks van om die spel van die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie.

    Bols!

    Ons astrantheid om ons gebreke nie raak te sien of te wil erken nie, is ons ondergang.

    Of kan ons nie verander nie?

    Jake het die Wêreldbeker in 2007 met die soort spel gewen wat hy vandag nog toepas en predik. Kan hy en sy volgelinge van afrigters hul denke oor spelers en die spel verander?

    Ek betwyfel dit.

    Die afwesigheid of gebrekkige vernuf by die Cravenweek staaf dat ons rugby gestagneer het rondom krag en grootte. Ons is besig om teen ’n spoed agter te raak.

    Vindingrykheid en briljante vernuftigheid het geen plaasvervanger nie.

    Dit was darem die een troos van die Cravenweek dat die een span wat hope skills gewys het, die Oostelike Provinsie, ook die week as kampioen afgesluit het.

    Suid-Afrika hoef niemand na te boots nie. Hy ís ’n rugbyreus.

  • 2

    Louis de Villiers: Dankie tog Willie het deur die Menere se wip geglip
    2014-07-26 23:05
    share:

    Sien Carlos Spencer is die nuutste senior rugbyafrigter in Suid-Afrika wat kla oor die oorkonserwatiewe benadering van onse spelers. Hy is nie die eerste nie. Gaan ook nie die laaste wees nie.

    Wen op skoolvlak is te belangrik en word jaarliks al belangriker. En twee dinge wat in die slag bly, is die verbetering van besluitneming en vernufvlakke. Skoolkinders word nie dikwels aangemoedig om af te wyk van Meneer se taktiek vir die dag nie. Dié dat goeie jong Suid-Afrikaanse losskakels en skrumskakels amper met palmtakke toegejuig word.

    En om vernuf af te rig, neem tyd. Dis makliker om iemand te leer verdedig as om hom te leer aanval; makliker om iemand te duik as om hom te systap.

    Genadiglik word spelers soos ­Willie le Roux soms grotendeels oor die hoof gesien deur die stelsel en kan hulle dan later die vermiste toorkuns kom verskaf. Sou hy ooit tot sy reg gekom het as hy sy hele senior loopbaan by ’n groot unie deurgebring het?

    Spencer sê tereg dat jy nie sonder struktuur kan speel nie, maar dat jy jou nie daaraan moet gaan staan en verslaaf nie.

    Uiteraard is die meeste verdedigingslinies hiper-gestruktureer. Dis net logies dat ’n hiper-gestruktureerde aanval merendeels op sy alie gaan beland teen ’n hiper-gestruktureerde verdediging.

     Baie van vandag se doeltreffender verdedigingspatrone is op die lees van dertienman-rugbyliga geskoei. Maak dit dan nie sin om te kyk hoe hulle in dié sport verby die verdediging kom nie?

    Die antwoord is onder meer skoppies in die kassie, soos dié waarmee Le Roux uitblink.

    En die vernufvlakke in rugbyliga dien ook ter aanstigting – elke rugbyspan op aarde het deesdae ’n stuk of ses hulpafrigters; weinig van dié manne is gemoeid daarmee om individuele vernuf te verbeter.

    Ewe min as wat lelike rugby noodwendig wenrugby beteken, beteken mooi rugby sommer dat jy gaan verloor. Of hoe sê die All Blacks?

  • 3

    After my rant about players leaving SA to ply their trade overseas yesterday, and the fact that they are getting younger and younger, and the prediction that they will soon start changing allegiance to other countries because of SA politics has just taken another step to coming true. This from News24 this morning:

    Johannesburg – At least half of the SA Schools rugby squad will feature players of colour in a move to implement quotas at schools level for the first time, according to Rapport on Sunday.

    The newspaper said the SA Rugby Union (SARU) had instructed 14 of the 28 member team be drawn from black, coloured or Indian players.

    According to sources, it would be the first time quotas were officially enforced at schools level.

    The news comes after the SA School trials were held in Kempton Park on Saturday, where 55 school rugby players were competing for the 28 spots in the team.

Users Online

Total 60 users including 0 member, 60 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm