Eben Etzebeth

His parents might call him Eben, but I’d like to call him Ysterbeth!

Want to know more about the Etzebeth legend?

Apologies to our foreign readers as the first story was printed in Afrikaans. If you scroll down you would find another in English.

These articles were written quite a while ago and is left just as it was published, so excuse the time frames. The author of the Terminator from Parow is Jaco Kirsten, who writes for the website meneer.tv

For those readers not familiar with the legend of the Etzebeths, enjoy these stories, those of us who grew up in Cape Town, roll back the years and take a trip down memory lane.

 

Artikel deur Dana Snyman in 2010:

Dis asof die Goodwood-sportklub se kroeg effe stiller raak toe Cliffie Etzebeth by die deur instap met sy lang lyf. Party ouens staar na hom. Ander probeer maak of hulle nie staar nie. Dis asof almal wag vir iets om te gebeur, maar Cliffie laat rus net sy knobbelrige hande op die toonbank en sê so onderlangs: “Kry ’n mens nie iets hier om te drink nie?”

“Kom help vir Clifford!” roep ­iemand. “Bring vir Clifford ’n dop!”

Die kroegvrou skarrel nader. Niemand wil moeilikheid hê nie, want Cliffie is mos ’n Etzebeth – een van dáái Etzebeths.

Min mense in die Kaap het nog nie van die rowwe Etzebeths gehoor nie. Ook in die Noorde weet mense van hulle, want Cliffie het op sy dag op stut en slot vir die WP gesak. Hy en sy oorlede broer, Skattie, was ook Springbok-stoeiers. Oral hoor jy stories oor hulle: Hoe rof hulle op die rugbyveld was. Hoe Cliffie daai aand in daai kroeg daai ou geslaan het. Hoe Skattie glo eenkeer ’n sigaret op ’n ou se bolip doodgedruk het… Probleme, probleme, probleme.

Cliffie kry ’n bier en gaan sit by ’n tafeltjie met ’n plastiekkleedjie oor. Ek gaan sit langs hom, want as jare lange WP-ondersteuner wou ek hom nog altyd ontmoet. Cliffie het onder meer in 1977 in daardie wedstryd op Loftus gespeel toe Morné du Plessis vir Naas Botha bewusteloos geduik het – en byna ’n burgeroorlog in Suid-Afrika ontketen het.

Maar eers gesels Cliffie oor Bakkies Botha. Baie ouens hier praat vanaand oor Bakkies, wat Saterdag mos weer van die veld gejaag is.

“Bakkies is dom, man.” Cliffie se stem is sag, amper té sag. “Hoe kan jy ’n ou oop en bloot met die kop slaat? Jy kyk mos eers waar die skeidsregter is. Morné was die beste daarmee. Hy’t jou met die elmboog geslaat, of die knie. Maar daai tyd was dit makliker. Die vlagman het nie ’n sê gehad nie. Jy kon die ou voor die vlagman slaan, hy kon niks doen nie.”

Destyds is geglo elke goeie rugbyspan moet ’n meanie hê. Iemand soos Cliffie vir die WP, of Moan­er van Heerden van die Blou Bulle, of Kevin de Klerk van Transvaal.

David Briers, ’n ou vriend van Cliffie wat self ook ’n Springbok-stoeier is, kom sit by ons by die tafeltjie. “Het jy hom al vertel hoe julle jou pa se duiwe geëet het?” vra hy.

Cliffie wens hy kon deesdae rugby gespeel het. “Hierdie ouens van nou word betaal. Hulle het die tyd om te oefen. Ons het twee keer ’n week geoefen. Jy kry R5 vir ’n oefening. As jy ’n wegwedstryd speel, kry jy R30. Hulle gee vir jou so ’n bruin koevertjie. Op die vliegtuig op pad terug gooi ons almal ons geld bymekaar. Dan kies elke man ’n nommer. Dan trek iemand die nommers, dan kry die wenner al die geld. Dok Augey Cohen, ons spandokter, het dikwels die geld gewen.”

Cliffie kyk na sy hande asof hy self verbaas is oor al die knoppe en skewe vingers. Hy het in Epping, ’n voorstad hier naby, grootgeraak. Sy pa, Stoffel, was ’n werker op die Spoorweë.

“Ons was nege kinders – daar was daai tyd mos nog nie TV nie.” Cliffie druk ’n glimlaggie uit. “In my pa-hulle se kamer het sommer drie wiegies vol kinders gestaan. Vier van ons broers het saam op ’n bed geslaap.”

“Vertel van die duiwe,” por David hom weer aan.

Cliffie bly ’n ruk stil. “Skattie was eintlik die moeilike een.” Skattie was die oudste broer en is in 1993 doodgeskiet terwyl hy besig was om skuldinvordering in Belhar te doen.

Cliffie trek met sy glas ’n wye kring oor die tafel. “Ons moes ná skool gaan werk. Ek en Skattie was saans nog bouncers ook, vir ekstra geld. Daai tyd mag jy nog ’n ou gedonner het. Partykeer as daar nie iets is om te slaan nie, dan sê Skattie: ‘Dis einde van die maand, kom ons sak gou Central Hotel toe. Die Spoorweg-ouens het geld gekry.’ ”

“Hoe begin ’n mens ’n bakleiery met iemand wat niks aan jou gedoen het nie?” vra ek.

“Maklik. Jy vat net sy drank af.” Cliffie lag nie.

Maar blykbaar is nie al die stories oor die Etzebeths waar nie. “Die ouens las sterte by. Een aand staan ek en Skattie weer in die Goodwood Hotel. Ons praat rugby. Een ou vra vir Skattie: ‘Ken jy die Etzebeths?’ Skattie sê: ‘Ja, ek ken hulle.’ Toe vertel die ou vir Skattie hoe het hy ons al gedonner.” Cliffie skud sy kop. “Toe rol Skattie maar die ou om.”

Dit was ook nie Skattie wat die sigaret op die ou se lip doodgedruk het nie – hy het die ou gaan help op wie se lip die sigaret doodgedruk is.

“Dit was in die ou Duikboot-kroeg by Nuweland. Ek en Skattie staan die Saterdag daar. Hier kom sê ’n ou: ‘Skattie, iemand druk sommer sy siegret om my lip dood, man.’ Skattie sê vir hom: ‘Wys vir my die ou.’

“Toe wys die ou na drie sulke groot manne. Ek dog Skattie slaat een van hulle dood, so skreeu daai ou.”

Cliffie se stem raak nog sagter wanneer hy oor oorlede Dok Craven en oorlede oom Boy Louw praat. In ’n sekere sin het rugby en stoei sy lewe gered. Daarin kon hy die frustrasies van ’n swaarkrylewe in Epping uitwoed.

“Oom Boy het my Ez-te-beth genoem, nie Etzebeth nie. Daai dag toe Morné vir Naas so gerol het op Loftus, toe kom oom Boy voor die wedstryd na my toe en sê: ‘Ez-te-beth, vanmiddag is jou derde wedstryd vir Provinsie. Vanaand kry jy jou baadjie. Wys hulle wie die ware jy is.”

’n Langerige stilte.

“Ek weet nie of mense besef nie, maar daai mense in Pretoria wou vir Morné daai dag doodmaak. Ná die wedstryd toe skree ’n poliesman vir Morné: ‘As ek nie my uniform aangehad het nie, het ek jou nou gedonner, Du Plessis!’

Toe sê oom Boy vir my en Flip van der Merwe: ‘Manne, julle twee pas vanaand vir Morné op.’ Toe kry Flip ’n kas Amstel. Toe gee ons vir Morné die klomp Amstel en sê hy moet in die hotelkamer bly, ons gaan eers paartie hou. Later die aand toe ons terugkom by die hotel, toe is Morné darem nog orraait. Toe gee Morné vir ons ook Amstel.”

So drie jaar voor sy dood het Skattie tot bekering gekom. Hy het die bakleiery gelos. Op Facebook is deesdae selfs ’n blad: “In memory of Skattie Etzebeth.”

“Skattie is ’n goeie ou dood,” sê Cliffie. “Jy moes sy begrafnis gesien het. Dok Craven-hulle het met ’n Kombi van Stellenbosch af gekom.”

Cliff maak weer ’n kring met die bottel voor hom op die tafel.

“Ons het nie altyd genoeg kos gehad toe ons kinders was, dan skiet ons tortelduiwe met die kettie, dan maak my ma vir ons sop. Later toe raak die tortelduiwe min, toe vat ons sommer twee van my pa se vliegduiwe.”

Deesdae werk Cliffie vir die Kaapse stadsraad. Hy is geskei, maar het ’n nuwe vriendin. Hy is president van die Goodwood-stoeiklub en stoei op die ouderdom van 61 steeds. Binnekort gaan hy aan die wêreldkampioenskapstoernooi vir veteraanstoeiers in Switserland deelneem.

Netnou het ’n dronkerige kêrel in ons rigting geskreeu: “Slaat hulle uitmekaar uit, ek sê!” Maar Cliffie het dit nie gehoor nie. Of hy het gemaak of hy nie hoor nie.

Baie dinge in die lewe kan jy nie reg slaan nie, het hy al geleer. Ons almal wil mos goeie ouens doodgaan.

 

The Terminator from Parow, 2012/04/01:

When I woke up on Sunday morning, one of the first things I did was to check out the wall and ceiling plaster in the family room for cracks. I even went downstairs to look at the floor and some concrete beams. They looked okay, but still, I was worried. I mean, what a clash of seismic proportions between the Bulls and the Stormers!

Eben Etzebeth

Eben Etzebeth going at it the hard way. The Parow way!

The Bulls came out firing sharp-point ammo right from the word go. No rubber-bullet pansying about. Must have been their pink kit. I mean, if there’s one way to make a Pretoria lad the moer in it is to force him to wear something remotely resembling anything girly. And it worked a treat. How long has it been since you’ve seen the Bulls that die moer in, huh?

Alas, they were met by a Stormers collective up front that smashed them back in the tackle, time and time again. My oh my, how times have changed: The Stormers are becoming the meanies up front and the Bulls, on the balance, probably have more skill at the back.

And what’s more, the Stormers meanies are mostly younger than 23. Elstadt was massive in the tight stuff, cutting down Bulls charges and stopping their momentum. Because when the Bully Boys cannot dominate the contact… then they lose. As was seen at Newlands, they have no Plan B. Morné Steyn’s game once again turned to shit (just like against the Blues) and they withdrew into the familiar security of the much-derided up-and-under. And when Morné didn’t do it, then Krusty the Clown Kirschner performed his version, albeit with a constantly open mouth. Does he ever close his mouth?

But the real hero of the Stormers’ pack was young Eben Etzebeth. At 20 years old he’s still a laaitie in years. But at 2.03m and 117 kg he’s already a man. But those are mere figures. You simply have to look at his work rate and controlled aggression in the tight loose. He’s fast, strong and at it like the Energizer bunny.

But he’s more. He is a product of genetic engineering. Not in some fancy pants high-performance centre where doe-eyed biokinetic graduates merrily trot around with clipboards and pearly-white smiles.

No, his were the hard streets of Parow. Ask anyone older Capetonian about the Etzebeths from Parow and you’ll hear many stories, some funny, most rather scary. In short, they were the hard men of Parow. Their names struck fear into everyone’s hearts.

Clifford Etzebeth

Clifford Etzebeth (right) on his way to winning a gold medal – at the age of 62…

His uncles, “Skattie” and Cliffie Etzebeth were known bar fighters. Cliffie himself – who last year became the world amateur wrestling champion in his age group at a mere 62 years old – told of how he and Skattie would go looking for fights in the Parow Hotel over weekends.

“It was easy [to start a fight], you know. You just take someone’s drink and wait for him to react. At the end of the month we’d go to the Parow Hotel when the Spoorweg (Railway) okes got paid. It was never hard to start a fight…”

There’s another story of how Skattie decked a young farmer one evening at a dance outside Stellenbosch. Skattie just carried on drinking casually. A few minutes later the confused guy got up and started walking unsteadily. Skattie looked up, put his drink down and said: “O, ek sien jy’s al weer op!” (Oh, I can see you’re up already!) and decked him straight away.

There’s another story how Cliffie (when he played for WP) was asked by Doc Craven to “look after Morné” – this after Morné du Plessis had tackled Naas Botha unconscious at Loftus. There were serious concerns about Morné’s safety, so Cliffie and one or two other guys sat down in the hotel corridor in front of Morné’s room, armed with a case or two beer.

Another beauty is the story of Skattie and Cliffie playing a game for Parow against UCT. The educated UCT boys were using line-out calls like “Pythagoras!”, “Aristoteles” and the like. So after a few line outs, Cliffie asked Skattie if he’d worked out their calls yet.

To which Skattie replied: “Nee, maar hulle gooi altyd op daai p**s met die rooi baard!” (No, but they’re always throwing at that p**s with the red beard!”

Ah, they don’t make them like they used to, eh? Well, not so actually. Just look at young Eben.

After the game a mate sms’ed me the follow bit from a Terminator movie, referring to Eben Etzebeth: “Listen and understand. That Terminator is out there. It can’t be bargained with. It can’t be reasoned with. It doesn’t feel pity, or remorse, or fear. And it absolutely will not stop, ever, until you are dead…”

5 Responses to Fun: The Etzebeth Legend and who coined the name ‘Ysterbeth’

  • 1

    There are so many stories about Cliffie and Skattie, and when it came to bar fights then the Scott brothers weren’t far behind in those days

  • 2

    @ nortierd:
    Yes, indeed, many stories…..! Good article bru, most enjoyable.

    But how about this one, what does the WP fans here on RT say?

    :Fans pick all-time Stormers XV

    Cape Town – With their team not taking part in this year’s Super Rugby playoffs, Stormers fans kept themselves busy by voting for their favourite XV of all time.

    More than 4 000 fans voted in the WP Rugby Magazine for their best ever Stormers team. All 15 players selected by the fans were Springboks at some stage during their careers.

    The Stormers, who have never won Super Rugby, finished 11th in the competition this year.

    Stormers fans’ favourite XV of all time:

    15 Percy Montgomery, 14 Breyton Paulse, 13 Jaque Fourie, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Braam van Straaten, 9 Neil de Kock, 8 Bob Skinstad, 7 Schalk Burger, 6 Corné Krige, 5 Andries Bekker, 4 Eben Etzebeth, 3 Cobus Visagie, 2 Schalk Brits, 1 Toks van der Linde

    *Note: This is an all-time Stormers team, not an all-time Western Province team. The Stormers only started playing together as a franchise in 1998.

  • 3

    2 @ Pietman:
    Not a bad side at all, just worried that if Braam and de Kock make the 9 and 10 spot in an all time team, it shows that those two positions have been a problem for the Stormers for a very long time.

  • 4

    Ricky Januarie was darem wragtag beter as De Kock, dink ek…
    Losskakels was daar nie eintlik in die Kaap nie, almal al by geboorte deur die Blou Bulle ge-kaap Disapproval

  • 5

    @ Pietman:
    De Kock het nooit uitgestaan vir die Stormers nie, maar wel in sy eie reg gekom by Saracens.
    Ek sien hulle noem hy het skaars 50 wedstryde vir die Stormers gespeel, maar oor die 200 vir Sarries. So het hulle hom “gejudge” op Saracens form of Stormers form?

    Losskakel gewys was Van Straaten ok as n veilige opsie en om punte te skop, maar nooit uitgeblink of uitgestaan soos n Morne of Lambie nie.

    As die ander unies n all time great team ook moet kies, sal hulle seker n span bymekaar kan sit wat die Stormer span se gat sal skop

Users Online

Total 14 users including 0 member, 14 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm