Jean CookLigtoring LandmanCheetahsNet toe die Cheetahs se diepte begin beter lyk het, het die beseringspook weer in hul kamp toegeslaan.

Dié sentrale streekspan sal Saterdag hier in sy Superrugby-wedstryd teen die Western Force sonder die beseerde flank Jean Cook (skouer) én slot Ligtoring Landman (kuit) moet klaarkom.

Wat die terugslae erger maak, is dat dit in posisies is waar Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, se span reeds uitgedun is.

Boonop sukkel die vleuel Raymond Rhule (enkel) ook met ’n besering, maar kan hy volgens Drotské nog betyds herstel.

Volksblad

Hoewel Cook se besering te wagte was nadat hy Saterdag teen die Bulle op Loftus Versfeld seergekry het, is Landman s’n bykomende slegte nuus.

Volgens Drotské sal Cook, wat die naweek op sy stukke was, minstens vier weke uit wees.

Landman kan net so lank op die krukkelys wees.

Dié Griekwas-slot was teen die Bulle ’n plaasvervanger, maar het reeds in die opwarmsessie seergekry.

Die Cheetahs se plaasvervangerbank het met die terugkeer van die Springbok-stut Coenie Oosthuizen en -losskakel Johan Goosen teen die Bulle nuwe slaankrag gehad.

Al kan Oosthuizen en Goosen teen die Force begin, moet Drotské met Cook-hulle uit, opnuut na nuwe plaasvervangers soek.

Wat Cook se besering erger maak, is dat Lappies Labuschagné (lies) ook nie teen die Force oorweeg kan word nie.

Dan is Philip van der Walt (hand) ook nog beseer en is Oupa Mohoje, Heinrich Brüssow en Boom Prinsloo die enigste fikse losvoorspelers.

Drotské het gister gesê hy en sy afrigtingspan moet nog besin oor wie hulle as plaasvervanger-losvoorspeler gaan kies.

’n Keuse is om Torsten van Jaarsveld, wat al dikwels vir die Vrystaat se Vodacombeker-span uitgedraf het, as flank te kies en Ryno Barnes weer die plaasvervanger-haker te maak.

Dit sal egter seker meer sin maak om ’n erkende losvoorspeler, soos Griekwas se Carel Greeff of Hilton Lobberts, op die bank te kies.

Greeff het vroeër vanjaar in die Cheetahs se opwarmwedstryde beïndruk en Lobberts was Saterdag in Kimberley ’n ster vir die Poubloues in hul Vodacombeker-kwarteindstryd teen die SWD-Arende.

Greeff, Lobberts en Boela Serfontein het juis almal gister hier saam met die Cheetahs gesweet.

Die Cheetahs-afrigtingspan se kopkrappery eindig nie daar nie, aangesien Landman hom by Lood de Jager (vinger) op die krukkelys aansluit.

Met Andries Ferreira en Francois Uys as slotpaar, moet ’n slot-plaasvervanger gevind word. Dit kan Lobberts of Waltie Vermeulen wees.

Vermeulen het Saterdag vir die Vrystaat in sy Vodacombeker-kwarteind teen die Blou Bulle uitgedraf en was ’n week tevore ’n Super-plaasvervanger teen die Stormers toe Landman met ’n ligte liesbesering gesukkel het.

Users Online

Total 80 users including 0 member, 80 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm