Delmas RugbyklubDelmas Rugbyklub, een van die Valke Platteland rugbyklubs, ‘n ou en gevestigde maar klein rugbyklub, hou weer hierdie jaar ‘n rugbydag, hierdie een die 5de in ‘n ry.

Rugby-Talk tree met trots op as borg en media vennoot van die wonderlinge geleentheid.

Oos Rand Stereo (93.9 FM) en Big Bang Events & Marketing Solutions sal ook by die dag betrokke wees en die nodige kleur aan die geleentheid verskaf.

Die gemeenskap van Delmas het ‘n sterk Afrikaanse inslag en daar is versoek dat Rugby-Talk die geleentheid in Afrikaans sal dek en hanteer, vandaar die feit dat hierdie berig in Afrikaans verskyn. Geen poging word hiermee gemaak om die Engelse en internasionale lesers kwaad te maak of te vervreem nie, tewens, ons nooi julle uit om jou krakerige Afrikaans af te stof vir die dag, en indien jy nie by magte is om dit te doen nie, om in jou beste Engels deel te neem aan die gesprek.

(The community of Delmas and surrounds has a strong Afrikaans component and it was requested that Rugby-Talk cover the event in Afrikaans, thus the fact that this article is largely in Afrikaans. No attempt is made to anger or alienate English and international readers, in fact you are invited to dust off your Shoddy Afrikaans for the day, and if you are not in a position to do so, to take part in the conversations in your best English).

Soos ons almal bewus is, kry rugbyklubs weinig bystand en finansiële steun van hul moeder-unies, van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad en van die owerhede.

Spelers by van die klubs speel gereeld met tweedehandse tokse en klubs is van rugbydae soos hierdie afhanklik vir hul enigste inkomste van die jaar.

Vrywilligers en toegewyde rugbyondersteuners maak die bestuur van hierdie klubs op, teen hoegenaamd geen vergoeding nie, inteendeel betaal hierdie ware rugbygeesdriftiges gereeld gelde uit eie sak, sny gras en herstel wat nodig is om die rugbyklubs aan die lewe te hou.

Delmas Rugbyklub is so ‘n klub, met mense soos Martin van Dyk (voorsitter) en Jaco Swanepoel (onder-voorsitter), twee sulke onbaatsugtige en toegewyde klub- en bestuurslede.

Rugby-Talk het met ‘n wye draai gehoor van die Delmas Rugbyklub Rugbydag en dadelik hulp en bystand aangebied, en dit is aangenaam om te sê dat dit met ope arms onvang en waardeer word.

Julle mag nou vra, “Maar wat het dit met ons te doen?”

Wel, ons is ook mos ware rugbyondersteuners, rugbyliefhebbers en geesdriftiges van die voorste rugbywaters, nie waar nie!

Ons doen derhalwe ‘n beroep op elke Rugby-Talk leser, bydraer en elke persoon wat rugby in Suid-Afrika belangrik ag, om die woord te versprei oor hierdie wonderlike rugbydag. Sit dit op Facebook, Tweet daaroor, maak planne om saam met Rugby-Talk na hierdie dag op te ruk en die rugbydag in die Platteland te ondersteun en te geniet.

Maak jou dagboek skoon vir Saterdag 22 Februarie en sluit aan, indien nie persoonlik nie, wel met jou aanlyn teenwoordigheid op Rugby-Talk, op 22 Februarie!

Rugby-Talk hanteer 4 Super Rugby wedstryde lewendig (2 in die oggend en 2 in die laatmiddag en aand) direk vanaf Delmas Rugbyklub op die dag… en gedurende die ongeveer 5 ure breuk tussen die oggend en laatmiddag Super Rugby wedstryde, gee Rugby-Talk doelgerigte en intensiewe dekking oor die Delmas Rugbyklub Rugbydag.

Uitslae van wedstryde, onderhoude met kapteins, afrigters en borge sal deur Rugby-Talk gedoen word en geleentheid sal gegee word aan Rugby-Talk se gemeenskap om vrae aan diesulkes te stel en hul antwoorde te verkry.

Daarbenewens hou Rugby-Talk daardie dag ‘n kompetisie by die Delmas Rugbyklub se gronde, waar geesdriftiges versoek word om fotos te neem en in te stuur, van hulle deelname aan die dag. Die fotos kan in die vorm van aksiefotos, rugbyfotos, spanfotos, toeskouerplesier en verwante aard wees. Al wat verwag word is dat daardie fotos geplaas word op die Rugby-Talk.com Facebook blad ( https://www.facebook.com/pages/Rugby-Talkcom/527041690700260 ), met jou naam en selfoonnommer daarby.

Na afloop van die laaste wedstryd van die dag, word daar verder gekuier en daar vind ‘n prysuitdeling plaas, waar die rugbydag se toekennings gedoen word en die beste foto van die dag wat aan Rugby-Talk gestuur word, beloon sal word met ‘n geborgde prys.

Dis mos deesdae maklik om fotos op Facebook te plaas, jy neem die foto met jou wonderlike selfoon en “Upload” die foto met die foon se internet toegang na die Rugby-Talk.com Facebook Blad. So maklik soos val uit ‘n boom!

Die geleentheid gee terselfdertyd vir Rugby-Talk blootstelling aan sowat 4 000 rugbygeesdriftiges en aan die mede-borge van die rugbydag.

Aangesien Rugby-Talk in die begin van Februarie 2014 weggeskop het met’n kommersiële been, synde die verkoop van advertensiespasie en die werwing van borge vir die verskillende rugbytoernooie en kompetisies wat op Rugby-Talk verskyn, sal blootstelling aan hierdie mede-borge baie vir Rugby-Talk beteken.

Die vraag wat jy jouself moet afvra, is of jy ‘n RUGBYVERBRUIKER is en of jy ‘n RUGBYONDERSTEUNER is?

Wat is die verskil tussen die twee, mag jy vra?

Wel, ‘n RUGBYVERBRUIKER is ‘n geleentheids-rugbyliefhebber en ‘n persoon wat so nou en dan om ‘n vuur ‘n klomp twak kwytraak oor rugby, so nou en dan ‘n groot rugbywedstryd sal bywoon met sy Bok- of Provinsiale truitjie (wat al heeltemal te nou span) en ‘n persoon wat maar al te gelukkig is met die wyse waarop klubs, Unies en / of rugby in Suid-Afrika bestuur word. Groot korporasies maak geld uit die outjies en vroutjies, want hulle soek mos dom en onkundige verbruikers van hul produk, nie waar nie!

‘n RUGBYONDERSTEUNER aan die ander kant, ken sy of haar rugby en die spelers, gee om vir rugby, kyk gereeld rugby, neem deel aan Rugby-Talk of soortgelyke forums en het ‘n geldige opinie oor rugby op klub, Unie en Nasionale vlak. Hy of sy is ‘n geesdriftige ondersteuner en is die fondasie waarop rugby in Suid-Afrika en die res van die wêreld gebou is.

Rugby-Talk is vol RUGBYONDERSTEUNERS en word deur sulke mense gelees, reg oor die ganse wêreld.

RUGBYONDERSTEUNERS is ons bloed-broers en susters en dis hoekom ons assosieer met die Delmas Rugbyklub Rugbydag op 22 Februarie 2014.

 

Delmas Rugbyklub Rugbydag Program

9 Responses to Rugby-Talk borg Delmas Rugbyklub Rugbydag – 22 Februarie 2014 (Gewysig)

  • 1

    Ek hoop van harte my mede-Rugby-Talkers se harte maak oop vir Delmas Rugbyklub Rugbydag!

  • 2

    @ grootblousmile:
    Sit asb ‘n lys van die ander klubs wat deelneem saam met die artikel.

  • 3

    Fantasties!

    Dit klink goed, alle sterkte Rudi.

  • 4

    Ek laaik dinge soos die kwaai! Ek ondersteen my local rugby klub Durbanville by elke home game. Dit is die ouens wat week in en week uit net vir die liefde van die game speel wat rugby so n bakgat sport maak.

    Ek hoop dat die fees n moerse sukses is en dat meer so dae aangebied word.
    Geniet dit julle.
    Daar sal seker baie dop en tjop daar wees!

  • 5

    2 @ Scrumdown:
    Die volle Dagprogram is nou bygevoeg, Mnr Kempies!

  • 6

    Geniet jul self here !! 😉

  • 7

    Baie dankie vir almal se comments, ons gaan verseker die dag geniet. Ons het vir die dag ook losies langs die veld beskikbaar. Sou eninge iemand belangstel laat weet ons net, altyd lekker om nuwe gesigte te ontmoet. Wil ook net van my kant af solank dankie se aan almal wat tyd opoffer om die dag te reel en harde werk wat alreed ingesit is om die dag moontlik te maak.

  • 8

    7 @ Delmas Rugby Klub:
    Geen probleem nie, ons sien uit na die Rugbydag!

    Ek is bly Oos Rand Stereo is ook aan boord!

  • 9

    delmas hoeskool was vir baie jare een van die sterksre skole in die destydse oos transvaal gewees en was altyd een van stoffberg se taaiste games van die jaar.in my dae het die twee rossow broers n skrikbewind op skole vlak daar gevoer.

Users Online

Total 68 users including 0 member, 68 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm