Delmas RugbyklubRugby-Talk LogoRugby-Talk is ‘n trotse mede-borg van die Delas Rugbyklub Rugbydag op 22 Februarie 2014.

Klubrugby in Suid-Afrika gaan gebuk onder druk van alle kante, waar die owerhede, Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en vermoënde borge maar min geld beskikbaar stel vir hierdie uiters belangrike komponent van rugby in Suid-Afrika.

Delmas Rugbyklub hou jaarliks ‘n Rugbydag en hierdie keer is dit al hul fyfde suksesvolle Rugbydag in ‘n ry in 2014.

Daar is 38 spanne, 19 wedstryde en wonderlike pret en plesier by die wonderlike byeenkoms. Ons nooi ieder en elk uit om saam met ons te deel in die genot van rugby op die platteland.

Daar is ‘n vlooimark, tonne vermaak en kunstenaars wat gaan optree… en natuurlik is ons ook daar saam met Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM), Big Bang Events & Marketing Solutions, Phoenixian SA en die borge van die dag en die spanne.

Ons skeep ook nie Super Rugby af nie, want die 2 wedstryde van die oggend en die 2 middag en aand Super Rugby wedstryde word lewendig op die “Big Screen” aangebied, van waar Rugby-Talk dan ook lewendig oor die tellings en verloop van Super Rugby sal rapporteer.

Rugby-Talk het oor die afgelope ruk met rasseskrede gegroei danksy getroue rugbyondersteuners soos diegene wat klubrugby speel en ondersteun en diesulkes wat getroue volgelinge van rugby reg oor die wêreld is en Rugby-Talk het in 2014 besluit om ook ‘n kommersiële element van stapel te stuur, ten einde die webwerf nog meer treffend te maak.

Rugby-Talk is klaar een van die wêreld se besigste rugby nuus en rugbybesprekingsforums en ons deel graag ons kennis en insig met Delmas Rugbyklub.

Delmas het ‘n sterk Afrikaanse gemeenskap en Delmas Rugbyklub vorm deel van die Valke Rugby Unie se klubstruktuur, derhalwe het ons besluit on hierdie Rugbydag uitsluitlik in Afrikaans te hanteer.

Gedurende die oggend konsentreer ons op Super Rugby, maar gedurende die sowat 5 ure tussen Super Rugby se oggend en laatmiddag wedstryde, gee ons direkte aandag aan die verrigtinge op Delmas. Ons gaan tellings van klubwedstryde met u deel, onderhoude voer met spelers, kapteins, afrigters en borge (indien moontlik) en ons gaan blykbaar self ook deur Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM)  lewendig op radio ‘n onderhoud doen oor ons wonderlike webwerf.

Daarbenewens hou Rugby-Talk ook ‘n kompetisie, waaraan alle persone wat by die Rugbydag teenwoordig is, genooi word om fotos van hulle avonture en belewenis van die dag met ons te deel, deur daardie fotos eenvoudig op Rugby-Talk se Facebook blad te gaan plaas, tesame met hul naam en telefoonnommer. Die beste fotos van die dag gaan op Rugby-Talk geplaas word en ons gaan ‘n wenner kies, wie na ons mening die beste foto ingestuur het en daardie wenner gaan aan die einde van die Rugbydag se verrigtinge ‘n prys ontvang by die Na-funksie (After Party).

Hou hierdie artikel dop en neem deel saam met ons aan hierdie dag.

Aan al die getroue Rugby-Talk lesers en bydraers versoek ons om mal te gaan met die kommentare oor die Rugbydag, en as u Engels is, moenie skaam voel nie, u kan maar saampraat in u beste Engels ook.

Ons sien uit na al die plesier!

 

Delmas Rugbyklub Rugbydag Program

Rugby-Talk Poster Smaller

79 Responses to Delmas Rugbyklub Rugbydag – Die hele dag lank!

  • 31

    Welkom aan Gesie van der Merwe, Rugbybestuurder by die Valke Rugby Unie.

    Ons het so paar vrae vir jou Gesie, welkom hier by die vriendelike Rugby webwerf!

  • 32

    @ grootblousmile:
    Baie dankie bly om hier te wees.

  • 33

    OK, rugby in Suid-Afrika is darem gewild en ons is ‘n rugby mal nasie… veral die van ons wat betrokke is by die Unies en die media, nie waar nie?

  • 34

    @ grootblousmile:
    Ja ons as Valke is ‘n klein unie maar glo my ons het n groot hart. Ons het tans 20 klubs betrokke by Valke.

  • 35

    Ek sien rugby so… daar is rugbyverbruikers en rugbyondersteuners.

    ‘n Verbruiker gee nie om oor hoe rugby bestuur word nie, dra net nou en dan sy trui en ondersteun sy span, maar ‘n ondersteuner dra die belange van rugby op die hart en gee wel om oor die welstand van rugby.

    Van die Valke se kant af, wat is julle grootste knelpunte in die Unie?

  • 36

    @ grootblousmile:
    Ons by die Valke het van die beste skole en klubs n die land. Maar – groter unies het die geld om ons beste speler te koop.
    Ons moet borge bekom om hierdie spelers te behou.

  • 37

    36 @ Gesie Van der Merwe:
    Persoonlik is ek ‘n Bloubul, maar ek kannie anders as om saam te stem dat die “kleiner Unies” geplunder word deur die Unies met geld nie.

    Wat is julle gekontrakteerde spelersgroep per seisoen, hoeveel en hoeveel in die verskillende ouderdomsgroepe?

  • 38

    Lesers, julle is welkom om ook vrae te vra aan Gesie

  • 39

    @ grootblousmile:
    Eintlik kan ons dit nog glad nie vergelyk nie. Ons het nie n kwart van hulle begroting nie.
    Ons oefen met 33 spelers waar hulle dubbel die beskikbare spelers het. Ons het ook nie hiermee ‘n probleem nie. Ons sal spelers voorsien solank hulle kan deurkom as Springbokke het ons
    geslaag in ons doel.

  • 40

    Gesie, wat was die rede dat die Valke paar seisoene gelede van Bosman Stadion in Brakpan verskuiwe het na Kempton Park?

  • 41

    Wat die Valke self aanbetref, het ek en andere ‘n probleem daarmee dat skole in die Valke streek, steeds onder die Golden Lions rugby speel… hier praat ek van vooraanstaande skole in Boksburg en dies meer.

    Word daar nie pogings aangewend om die skole weer in te lyf by die Valke nie… en wat van soortgelyke klubs?

  • 42

    @ grootblousmile:
    As jy kyk na die Brakpan area teen Kempton Park sal jy verstaan. Die besigheidspotensiaal rondom Kempton Park is net soveel groter. Dan het ons nog die OR Thambo Lughawe wat in vlieg van oponente soveel vergemaklik.

    Dit is n besigheids besluit gewees.

  • 43

    @ grootblousmile:
    Ja, dit is tans nog n probleem. Die Leeus Rugby Unie weier om sommige skole en klubs na ons oor te plaas.

    Gelukkig is ons President, Mnr Vivian Lottering tans die voorsiiter van die Gauteng Sport Komitee en gaan die Leeus en hulle skole en klubs nie meer ‘n keuse hê as om onder die geografiese area van die Valke in te skakel nie.

  • 44

    Kom ons praat oor klubrugby en spesifiek klubs in die Valke omgewing….

    Rugbydae soos hierdie is soms, indien nie altyd nie, die enigste bron van inkomste vir ‘n klub in die jaar.

    Vertel ons bietjie hoe die Unies betrokke is by hul klubs en watter bystand julle in staat is om aan hulle te gee, veral in die lig daarvan dat kleiner Unies self nie ryk is nie?

  • 45

    43 @ Gesie Van der Merwe:
    Vir my is die skole nuus verblydend, ek dink dis niks minder as reg nie.

    Ons is bly om te kan deel in die Delmas Rugbyklub Rugbydag, as borg en deelnemer, ons hoop hierdie is die begin van ‘n lang en vrugtevolle verhouding tussen Rugby-Talk en die Valke Unie.

  • 46

    @ grootblousmile:
    Dit is baie waar. Ons as Valke moedig sulke dae aan sodat ons klubs self finansieel onafhanklik kan raak.

    Ons gee wel aan elke klub ‘n kontant grant elke jaar sowel as verdere grants mits hulle aan sekere vereisres voldoen soos, bywoon van vergaderings, inhandiging van finansiele state ens. Hierdeur sorg ons dat klubs nie net rugby speel nie maar ook korporatiewe bestuur navolg.

  • 47

    @ grootblousmile:
    Dit sal fantasties wees want ons as kleiner Unies het nog ‘n hart vir klub rugby. As ons kan verseker dat dat meer sulke rugby dae is soos vandag s’n op Delmas plaasvind, dan voel ek ons het geslaag
    in die voortbestaan van rugby.

    So ek daag elke Valke klub uit om so ‘n dag aan te bied.

  • 48

    Kom ons praat gou oor die Valke se doelstellings vir die rugbyjaar, wat is julle mikpunte, hoe lyk die junior spanne en seker op die einde die belangrikste, wat verwag julle van jul senior span in 2014?

    Hoe lyk voorbereidings vir die Vodacom Cup?

  • 49

    @ grootblousmile:
    Ek is baie opgewonde oor Valke rugby vir 2014.

    Onder leiding van afrigter Johan du Toit gaan julle n nuwe Valke span sien. Ek glo ons gaan in die semi finale van die Vodacom eindig.

    Wat ons junior rugby betref – ons akademie is op dreef en saam met ons HP bestuurder, Deon Oosthuysen, kan ek u waarborg ons spanne gaan albei kwalifiseer om in 2015 in die eerste liga te speel.

  • 50

    Gesie, baie dankie vir jou tyd… dit was wonderlik om met jou te gesels…. kom ons kyk net so klompie sekondes of daar nie ‘n vraag van die publiek af is nie.

    Hou so aan, ons is met julle in gees.

  • 51

    Gesie ek sien julle het onder 19 spanne daar.
    Volgende jaar nooi n bietjie vir HS Sarel Cilliers van Glencoe uit en speel hulle teen die top onder 19 span wat julle kan kry.

  • 52

    @ Fern:
    Sarel Cilliers is bleddie goed, sien ek!

  • 53

    Van waar af is die Harliquins span?

  • 54

    @ Gesie Van der Merwe:
    Gesie, jy nog daar?

  • 55

    Hello Pietman.
    Darius Botha is elke jaar daar om die MOM te kies.
    So 4 jaar terug was die 1span se 1 vluel n oukie in St8 gewees met n 10.6 tyd vir 100m.
    Hulle het teen Hilton verloor op n rugbydag 9-6.

  • 56

    @ Scrumsaam:
    Wonder self, want Harlequins is in Petoorsdurp, ken nie vir Harliquins nie…of miskien is dit maar net GBS se kuk spelling.

  • 57

    @ Fern:
    Darius is seker kapelaan daar in die omgewing?
    Hoe gaan dit met jou?

  • 58

    @ Pietman:
    Rede hoekom ek vra is ons het ook n quins span hier in die wes rand.

  • 59

    Ek het so 4 jaar terug gesien hoe hulle Kroonstad se rooi span met 15 plus geklop het.
    Pionier in Vryheid is hulle grootste kompetisie in die area.

  • 60

    Nou gesels ons met Vivian Lottering, President van die Valke Rugby Unie, welkom Vivian!

Users Online

Total 55 users including 0 member, 55 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm