Delmas RugbyklubRugby-Talk LogoRugby-Talk is ‘n trotse mede-borg van die Delas Rugbyklub Rugbydag op 22 Februarie 2014.

Klubrugby in Suid-Afrika gaan gebuk onder druk van alle kante, waar die owerhede, Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en vermoënde borge maar min geld beskikbaar stel vir hierdie uiters belangrike komponent van rugby in Suid-Afrika.

Delmas Rugbyklub hou jaarliks ‘n Rugbydag en hierdie keer is dit al hul fyfde suksesvolle Rugbydag in ‘n ry in 2014.

Daar is 38 spanne, 19 wedstryde en wonderlike pret en plesier by die wonderlike byeenkoms. Ons nooi ieder en elk uit om saam met ons te deel in die genot van rugby op die platteland.

Daar is ‘n vlooimark, tonne vermaak en kunstenaars wat gaan optree… en natuurlik is ons ook daar saam met Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM), Big Bang Events & Marketing Solutions, Phoenixian SA en die borge van die dag en die spanne.

Ons skeep ook nie Super Rugby af nie, want die 2 wedstryde van die oggend en die 2 middag en aand Super Rugby wedstryde word lewendig op die “Big Screen” aangebied, van waar Rugby-Talk dan ook lewendig oor die tellings en verloop van Super Rugby sal rapporteer.

Rugby-Talk het oor die afgelope ruk met rasseskrede gegroei danksy getroue rugbyondersteuners soos diegene wat klubrugby speel en ondersteun en diesulkes wat getroue volgelinge van rugby reg oor die wêreld is en Rugby-Talk het in 2014 besluit om ook ‘n kommersiële element van stapel te stuur, ten einde die webwerf nog meer treffend te maak.

Rugby-Talk is klaar een van die wêreld se besigste rugby nuus en rugbybesprekingsforums en ons deel graag ons kennis en insig met Delmas Rugbyklub.

Delmas het ‘n sterk Afrikaanse gemeenskap en Delmas Rugbyklub vorm deel van die Valke Rugby Unie se klubstruktuur, derhalwe het ons besluit on hierdie Rugbydag uitsluitlik in Afrikaans te hanteer.

Gedurende die oggend konsentreer ons op Super Rugby, maar gedurende die sowat 5 ure tussen Super Rugby se oggend en laatmiddag wedstryde, gee ons direkte aandag aan die verrigtinge op Delmas. Ons gaan tellings van klubwedstryde met u deel, onderhoude voer met spelers, kapteins, afrigters en borge (indien moontlik) en ons gaan blykbaar self ook deur Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM)  lewendig op radio ‘n onderhoud doen oor ons wonderlike webwerf.

Daarbenewens hou Rugby-Talk ook ‘n kompetisie, waaraan alle persone wat by die Rugbydag teenwoordig is, genooi word om fotos van hulle avonture en belewenis van die dag met ons te deel, deur daardie fotos eenvoudig op Rugby-Talk se Facebook blad te gaan plaas, tesame met hul naam en telefoonnommer. Die beste fotos van die dag gaan op Rugby-Talk geplaas word en ons gaan ‘n wenner kies, wie na ons mening die beste foto ingestuur het en daardie wenner gaan aan die einde van die Rugbydag se verrigtinge ‘n prys ontvang by die Na-funksie (After Party).

Hou hierdie artikel dop en neem deel saam met ons aan hierdie dag.

Aan al die getroue Rugby-Talk lesers en bydraers versoek ons om mal te gaan met die kommentare oor die Rugbydag, en as u Engels is, moenie skaam voel nie, u kan maar saampraat in u beste Engels ook.

Ons sien uit na al die plesier!

 

Delmas Rugbyklub Rugbydag Program

Rugby-Talk Poster Smaller

79 Responses to Delmas Rugbyklub Rugbydag – Die hele dag lank!

Users Online

Total 70 users including 0 member, 70 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm