Delmas RugbyklubRugby-Talk LogoRugby-Talk is ‘n trotse mede-borg van die Delas Rugbyklub Rugbydag op 22 Februarie 2014.

Klubrugby in Suid-Afrika gaan gebuk onder druk van alle kante, waar die owerhede, Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en vermoënde borge maar min geld beskikbaar stel vir hierdie uiters belangrike komponent van rugby in Suid-Afrika.

Delmas Rugbyklub hou jaarliks ‘n Rugbydag en hierdie keer is dit al hul fyfde suksesvolle Rugbydag in ‘n ry in 2014.

Daar is 38 spanne, 19 wedstryde en wonderlike pret en plesier by die wonderlike byeenkoms. Ons nooi ieder en elk uit om saam met ons te deel in die genot van rugby op die platteland.

Daar is ‘n vlooimark, tonne vermaak en kunstenaars wat gaan optree… en natuurlik is ons ook daar saam met Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM), Big Bang Events & Marketing Solutions, Phoenixian SA en die borge van die dag en die spanne.

Ons skeep ook nie Super Rugby af nie, want die 2 wedstryde van die oggend en die 2 middag en aand Super Rugby wedstryde word lewendig op die “Big Screen” aangebied, van waar Rugby-Talk dan ook lewendig oor die tellings en verloop van Super Rugby sal rapporteer.

Rugby-Talk het oor die afgelope ruk met rasseskrede gegroei danksy getroue rugbyondersteuners soos diegene wat klubrugby speel en ondersteun en diesulkes wat getroue volgelinge van rugby reg oor die wêreld is en Rugby-Talk het in 2014 besluit om ook ‘n kommersiële element van stapel te stuur, ten einde die webwerf nog meer treffend te maak.

Rugby-Talk is klaar een van die wêreld se besigste rugby nuus en rugbybesprekingsforums en ons deel graag ons kennis en insig met Delmas Rugbyklub.

Delmas het ‘n sterk Afrikaanse gemeenskap en Delmas Rugbyklub vorm deel van die Valke Rugby Unie se klubstruktuur, derhalwe het ons besluit on hierdie Rugbydag uitsluitlik in Afrikaans te hanteer.

Gedurende die oggend konsentreer ons op Super Rugby, maar gedurende die sowat 5 ure tussen Super Rugby se oggend en laatmiddag wedstryde, gee ons direkte aandag aan die verrigtinge op Delmas. Ons gaan tellings van klubwedstryde met u deel, onderhoude voer met spelers, kapteins, afrigters en borge (indien moontlik) en ons gaan blykbaar self ook deur Radio Oos Rand Stereo (93.9 FM)  lewendig op radio ‘n onderhoud doen oor ons wonderlike webwerf.

Daarbenewens hou Rugby-Talk ook ‘n kompetisie, waaraan alle persone wat by die Rugbydag teenwoordig is, genooi word om fotos van hulle avonture en belewenis van die dag met ons te deel, deur daardie fotos eenvoudig op Rugby-Talk se Facebook blad te gaan plaas, tesame met hul naam en telefoonnommer. Die beste fotos van die dag gaan op Rugby-Talk geplaas word en ons gaan ‘n wenner kies, wie na ons mening die beste foto ingestuur het en daardie wenner gaan aan die einde van die Rugbydag se verrigtinge ‘n prys ontvang by die Na-funksie (After Party).

Hou hierdie artikel dop en neem deel saam met ons aan hierdie dag.

Aan al die getroue Rugby-Talk lesers en bydraers versoek ons om mal te gaan met die kommentare oor die Rugbydag, en as u Engels is, moenie skaam voel nie, u kan maar saampraat in u beste Engels ook.

Ons sien uit na al die plesier!

 

Delmas Rugbyklub Rugbydag Program

Rugby-Talk Poster Smaller

79 Responses to Delmas Rugbyklub Rugbydag – Die hele dag lank!

  • 61

    Gaan goed dankie Pietman.
    Darius is nie van die area nie maar kom deur vir hulle rugbynaweek elke jaar om op die paneel tewees.
    Wat Sarel Cilliers help is dat hulle n koshuis het,laas toe ek gehoor het was sokker ook n skoolsport maar hulle kon nie n span vol maak nie en dis van n skool wat 95% swart is en waar die kinders beter afrikaans praat as meeste wit kinders en baie respek en goeie maniere het.

  • 62

    @ grootblousmile:
    Hi Rudi.. Lekker om hier te wees.

  • 63

    Rudi sal jy asb my voorstel aangaande HS Sarel Cilliers aan Gesie oordra.

  • 64

    Vivian, seker die belangrikste ding waaroor ek en jy vandag kan praat is die nuwe formaat van die ABSA Curriebeker. Jy was deel van die kompetisiekommittee.

    Die aanvanklike stemming einde verlede jaar was aanvanklik teen uitbreiding van die Premier Divisie… en nou het ons ‘n groter groep, met verskanste regte.

    Vertel ons meer oor hoe hierdie dinge verloop het en waarom sekere Unies nou verskanste regte verkry het… en waarom?

  • 65

    @ grootblousmile:
    Rudi,

    Dis die beste besluit wat ons in die laaste 6 x maande geneem het.. in belang van rugby.

    Vertlede jaar wou van die Unies slegs 8 x spanne bo in die premier devisie gehad het, met al die blootstelling en borgskappe, gesentreer rondom die top 8…

    Die bottom 6 sou n stadige dood gesterf het.

    Daar is nie genoeg TV blootstelling aan Kleiner unies nie.

    Toeskouers sal liewer die Leeus vs Bulle kyk as Valke vs Griffons.

    Ons het met hierdie besluit die groter unies beskerm en in dieselfde asem n “life line” aan die kleiner unies gegee.

    Elkeen kry nou n kans om vir n plek te speel.

    Dit is eenvoudig ‘n feit dat die groter unies meer toeskouers trek as die sogenaamde kleiner unies, en is dit van kardinale belang om jou krag te toets – jy kan dit slegs doen teen beter kompitisie.

  • 66

    Vivian, plaas die verkleinde First Division van die Currie Cup nie nou die kleiner Unies soos die Valke in ‘n slegter posisie nie?

    Ons verstaan jy het binnekort verdere verpligtinge, so ons gaan nie te veel van jou tyd in beslag neem nie.

    Waar sien jy die kritiese knelpunte in SA Rugby in geheel?

  • 67

    Middag aan almal hier, hoop jul geniet die rugbydag op Delmas
    Ek het n vervlakste verjaarsdag partytjie wat my wegskeur van alle rugby vandag. My dogter sn, so min keuse.
    Geniet die rugby

  • 68

    @ grootblousmile:
    Rudi,

    Nee dit plaas ons glad nie in n slegter posisie nie – ons kry ook nou soos al die ander sogenaamde kleiner unies die kans om beter spelers te kontrakteer om sodoende ‘n beter geleentheid te skep om ook in die top 8 te speel.

    Ek dink ons knelpunte binne Suid Afrikaanse rugby, is die feit dat nie genoeg spelers ‘n geleentheid kry om kompeterende rugby te speel nie.

    Die groter Unies kan slegs 6 x 22 spelers per naweek top rugby laat speel.

    Ons besef nie watter impak ons kleiner unies, met hierdie voorstel gaan maak nie.

    Dis mos nou wiskundig beter om 14 x 22 spelers bloot te stel as net 6 x 22.

    Indien ons voortgaan met die ou bedeling, sal al hoe meer talentvolle spelers ons land verlaat en êrens anders gaan speel.

    Die eintlike oplossing sou wees om al 14 x provinsies Curriebeker te laat speel.

    Ons behoort dan ons spelers binne ons landsgrense te hou.

  • 69

    Vivian, baie dankie vir jou tyd, wens ons het heelwat meer tyd gehad om met jou te gesels… maar ons sal voortaan die bande met jou en die Valke mooi vashou!

  • 70

    @ grootblousmile:
    Dankie Rudi.

    Dit was n groot voorreg om oor rugby in die algemeen te kon gesels.

    Ek dink ons kan sommer nog baie gesels, veral rondom die Valke.

    Baie dankie ook vir wat julle doen om ons publiek ingelig te hou.

    Ek hoop ons Valke mense neem sommer lekker deel aan hierdie baie insiggewende webblad van julle.

    Sterkte en voorspoed.

    Julle doen goeie werk.

  • 71

    Great time out at Delmas.

    There’s nothing like the passion of club supporters.

    I saw some excellent Rugby from the likes of Benoni and JHB Police.

    Sure there was some Rugby that you wouldn’t get on the TV, but the passion and commitment of all, players, coaches, administrators and spectators was really fabulous to see.

    What a great day out.

  • 72

    And while I’m on my soapbox, congratulations to the Valke for having the testes to elect a woman as your President.

    I’m sure that with the size and quality of club players on display Valke Rugby can only improve and take the union back to the glory days you had in the 1970’s and 80’s.

  • 73

    63 @ Fern:
    Fern,

    Hierdie dag is volledig gereel deur Delmas Rugbyklub, nie deur Gesie en die Valke nie, Gesie en Vivian was hier namens die Valke om die dag te ondersteun.

    Die dag was ook vir “Oop Klubs”, nie vir skolerugby nie, so skole is nie genooi nie.

  • 74

    72 @ Scrumdown:
    Gesie van der Merwe, the Valke Rugby Manager, is a female, whereas the President, Vivian Lottering, is a gentleman.

    But it seems there is genuine interest by the Valke Union is the happenings at their Clubs.

    They also took part in the festivities after the Rugby Day.

  • 75

    Alles in ag genome was die Delmas Rugbyklub Rugbydag ‘n reuse sukses!

    Rugby-Talk is bly dat ons betrokke was, dit het ons die geleentheid gegee om belangrike bande te bou en Klubrugby te help bevorder.

    Ons is reeds genader om by nog 2 rugbydae betrokke te raak en die publiek is nou ook deeglik bewus van Rugby-Talk.

    Dit was goed om te sien dat talle rugbyondersteuners reeds Rugby-Talk aktief lees en ons het net goeie terugvoer gekry oor Rugby-Talk.

  • 76

    @ grootblousmile:
    Ja, jy het uitmundende werki gedoen daar GBS!
    Net jammer jy het vir Gesie so uitgesny, jou jaloersgat, ek ek en die manne wou nog bietjie met haar gesels het…en toe sy net skielik weg… Disapproval

  • 77

    76 @ Pietman:
    Moes nog met Vivian Lottering praat… en Super Rugby se game met die Sharks was naby.

    Sorry man, ons sal nog een dag behoorlik met hulle gesels, sonder enige druk om klaar te maak.

    Goeie mense.. en hulle like Rugby-Talk stukkend!

  • 78

    76 @ Pietman:
    Daar is ‘n foto van my en Gesie op hierdie artikel… laaste ene op daai slider!

  • 79

    @ grootblousmile:
    Mooi man, ek sien vir Gesie daar!

Users Online

Total 24 users including 0 member, 24 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm