GWK GriquasMartin BezuidenhoutTiaan MeyerGriekwas het die dienste van twee Leeus-staatmakers vir die Vodacombeker- en Curriebeker-reeks bekom.

Die haker Martin Bezuidenhout en die skrumskakel Tiaan Meyer, wat albei sterk aanspraakmakers op insluiting by die Cheetahs se Superrugby-span sal wees, sluit hulle later vandeesweek by die span in die Diamantstad aan.

Sport24

Die Poubloues het hulle as plaasvervangers vir onderskeidelik Matt Dobson en Ruan Snyman gekontrakteer.

Dobson, wat die laaste paar seisoene Ryno Barnes se adjudant op haker was, het ’n kontrak losgeslaan om in Engeland te gaan klubrugby speel. Snyman, wat vir die klub Racing Métro in Frankryk speel, is beseer en daar is twyfel oor sy beskikbaarheid vir die Poubloues.

Hy sou hom in Junie by Griekwas vir die Curriebeker-reeks aangemeld het, maar Meyer sal in sy plek op skrumskakel help diepte verskaf.

Bezuidenhout sal voorlangs die vuur help stook.

“Ons wag nog vir Matt Dobson om aan te dui waar hy gaan speel, maar ons het verneem hy is op pad oorsee. Ons is werklik bly om iemand van Martin Bezuidenhout se gehalte in sy plek te kontrakteer,” het Arni van Rooyen, die uitvoerende hoof van Griekwas, gesê.

“Tian se koms is 99% seker en ons het ’n mondelinge ooreenkoms dat hy hom wel tot ons gaan verbind. Ons wag net dat hy sy kontrak onderteken.

“Albei behoort hulle later in die week by ons aan te sluit.”

Bezuidenhout, wat ook Super-rugby vir die Stormers gespeel het, sal nie net goeie mededinging vir Simon Westraadt wees nie, maar Barnes ook op sy tone hou.

Dieselfde geld Meyer, wat met sy uithaler-spel beslis die ander skrumskakels in die groep, Dustin Jinka en Ntando Kebe, onder druk sal plaas.

Hulle sal ná hul aankoms dadelik saam met hul nuwe spanmaats begin slyp en ook na die Oos-Kaap toer.

Die Poubloues se Vodacombeker-afrigter, Peter Engledow, het die afgelope naweek in sy span se losmaker teen die Cheetahs se B-span op Shimlapark heelwat wys geword, maar hy sal Bezuidenhout en Meyer beslis die geleentheid gee om hulself te bewys.

Albei kan op die toer in die vriendskaplike wedstryd teen die OP-Kings kans kry om hul kleim in die beginspan af te steek.

One Response to Griquas teken 2 Leeus

  • 1

    Of course the Lions have SOOOOOOO much depth in these 2 positions that they can afford to send such experienced campaigners to the opposition.

    Or is it something to do with the (lack of a) sponsor, hence a rather tight cash flow?

    If the year starts thus I fear for the Lions’ SR campaign.

Users Online

Total 29 users including 0 member, 29 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm