Jan SerfonteinFrancois HougaardFlip van der MerweThe Vodacom Bulls will be able to use Jan Serfontein, Francois Hougaard and Flip van der Merwe for their Vodacom Super Rugby semi-final in two weeks’ time.

Bulls Media Release

According to Vodacom Bulls team doctor, Org Strauss, all of Serfontein (knee), Hougaard (ankle) and Van der Merwe will be fit to play in the semi-finals, due to be played at Loftus Versfeld on 27 July.

Serfontein and Hougaard missed the Stormers clash on the weekend due to their injuries and Van der Merwe was forced off early in that clash.

Paul Willemse also played for 62 minutes for the Vodacom Blue Bulls under-21 side in his first outing since recovering from a knee injury and will be considered for the semifinal.

17 Responses to Super Rugby: Bulls will get 3 Stars back for semi’s

  • 1

    3 stars back ?

    agge nee, het gedink dit is die marx brothers !

    sal nou tevrede moet wees met hierdie drie. 😉

  • 2

    Die Magtige Bulle het die meeste drieë deur n S.A span in die liga wedstryde gedruk. 41 Drieë met n skoppende losskakel en n swak skrum. Indien ons ons stutte en losskakel verander gaan dit nag wees vir die ander spanne.

  • 3

    2: watter span sal jy vir die Bulle kies oor 2 weke ?

  • 4

    Ek moet eers sien wie reg is, maar Morne sal op losskakel wees en Dean en Werner sal ook die span maak.

  • 5

    4 @ Owen Meany:
    Dean sallie my span maak nie, en Werner sal op die bench wees, maar nie begin nie.

  • 6

    Hier is my span, weet Ludeke gaan hom nie so kies nie, maar dink dit is die beste span:

    Visser Hougaard JJE Jan Basson Morne Jano
    Dewald JP Stegmann Willem Flip Werner Chili Mellet
    Reserwes: Kirsten Callie/Willie Dean Paul Grant/JDP Swys Akona/Zane

    Die met die strepe tussen-in is ek nie seker wie daar moet wees op die bank nie.

  • 7

    Ek is ook maar onseker oor die kombinasies, en net so voor die semi is dit nie ‘n goeie teken nie. Die beserings aan Arno en Spies, asook die weggaan van Juandre het ons baie hard geslaan. Die opdraf agttal is nie net verswak nie:
    – slot kombo
    – lostrio kombo
    – kapteinskap
    maar ook die bank. Die impak spelers is nou in die span, en skielik moet daar nuwe impakspelers wees.

    Bulle het reeds baie goed gedoen tot hier, sal ‘n groot poging wees om nou al die pad te gaan.

  • 8

    Sal ook Hougaard op vleuel kies. JJ is ook n vleuel in my opinie maar Basson hoort ook in die span.

  • 9

    @ grootblousmile:

    Dean is goud werd wanneer hy nie skrum nie.

  • 10

    Bud on de udder hant Derm, die goed verloor teen die Stompies kan dalk net ‘n bedekte seën wees, ‘n baie goeie wake up call dat ons sal vinnig moet regruk vir die semi en moontlike finaal. Teen die Sharks begin stotter, ontbloot deur die Stormers.

    As Bulle al die pad gaan, sal ons die Stormers moet bedank ?

    Dalk vir hul die pienk truie stuur, geteken.

  • 11

    9 @ Owen Meany:
    Dis juis die ding… hy moet wel skrum… en kos die Bulls 6 punte per game plus ‘n hoop momentum verlies wanneer hy strafskoppe afstaan wat nie pale toe kan gaan nie.

    Kyk, ou Wors is nie ‘n sleg mens nie, maar jinne sy skrumtegniek suig darem erg!

  • 12

    9: klink soos Lambie wat goud werd is as hy nie skop nie ?

    Elke speler moet eers sy basiese taak reg doen voor hy shine vang op ander maniere.

    Dalk moet Dean dan juis impakspeler wees, maar dalk is Ludeke bang hy staan dan strafskoppe in die skrum af wat ons die game kan kos.

    Werner kan beide kante skrum, so dalk met Frik en Mellet begin, met Werner op die bank ?

  • 13

    12 @ ben-die-bul:
    Dis wat ek sou doen… en dan is daar nog Marcel van der Merwe ook wat nou oor sy besering is…

    Oompie Puma gaan jou bles vir die Bambie-bashing… hehehe

  • 14

    Gaan kyk weer die eerste helfte van die wedstryd teen die stormers GBS. Dean was n monster in die losspel en het die stormers stukkend gerdyf. (Ek moet nog die 2de helfte kyk.) Hoekom word hy so gestraf? Kan dit nie reggemaak word op die oefenveld nie. Ek was n vleuel op my dae so weet nie veel wat daar voor aangaan nie.

  • 15

    14 @ Owen Meany:
    Dean bind swak… nie so seer met sy hand en arm nie… maar met die inslaan is die skouers, nek en kop op die verkeerde plek… dis asof hy mik om linksom verby sy opponent te skrum, in stede van dwarsdeur hom. In plaas daarvan dat sy kop opboor deur die ou se borskas, kom sy kop heeltyd verby die ou se lyf.

    Dit veroorsaak op sy beurt dat hy nie heg bind aan sy haker nie.. en daar gereeld ‘n spasie is waar die opponente se vaskopstut deur kan boor. Sodra hy dan, heeltemal te laat probeer reg trek, lyk dit gereeld of sy boude dan uitkom en hy probeer inboor (hinging). Kyk, ek is ookie ‘n stut nie, maar het haker op Laerskool gespeel en Oopkant flank van daar af aan…. so mens sien darem die stut se agterstewe hier voor jou en sien waar die opponent wil deurkom.

    Ja, hy is woellig in die los… maar daardie tipe groot skrumtegniekprobleem moet aangespreek word in die Vodacom Cup of in Club Rugby. In Super Rugby moet jy darem reeds die tegniek verfynd hê.

  • 16

    GBS dan behoort die nuwe reels hom te pas. Ons hele skrum is nou al n paar jaar onder druk so ek dink nie al die probleme kan voor Dean se deur gele word nie.

  • 17

    16 @ Owen Meany:
    Die nuwe reels sal hom meer pas as omtrent enigiemand anders… jy is reg.

    Ja man, ons het Gurthro verloor… en ek weetie hoe Werner so off-the-boil geraak het nie.

    Bulls sal ‘n blerrie serious plan moet maak met ‘n uitnemende skrum coach… dink die rou materiaal is daar tussen die stutte. Ander ding is, sedert Bakkies weg is, is die slotte wat moet kan hard skrum en die stutte in die regte rigting hou ookie meer wat hulle was in die skrums nie.

Users Online

Total 40 users including 0 member, 40 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm