CheetahsDie Toyota Cheetahs afrigter, Naka Drotske, het Raymond Rhule teruggebring as verandering in die beginspan vir die kardinale Super Rugby kragmeting met die Vodacom Bulls, hierdie Saterdag.

Die insluiting van Raymond Rhule wat die vorige week van die bank af moes speel na swak verdediging hom sy plek gekos het, is die enigste verandering aan die beginspan wat die Southern Kings kafgedraf het.

Rhule wat reeds saam met die Springbokke op toer was aan die einde van verlede jaar, na die Britse Eilande, vervan vir Rayno Benjamin op regtervleuel.

Willie le Roux is wel ingesluit op linkervleuel nieteenstaande vrese dat sy hampese spier wat beseer is, hom moontlik uit die wedstryd kon hou nie.

 

Cheetahs:

15 Hennie Daniller, 14 Raymond Rhule, 13 Johann Sadie, 12 Robert Ebersohn, 11 Willie le Roux, 10 Elgar Watts, 9 Piet van Zyl, 8 Philip van der Walt, 7 Pieter Labuschagne, 6 Heinrich Brüssow, 5 Francois Uys, 4 Lodewyk de Jager, 3 Lourens Adriaanse, 2 Adriaan Strauss (Kaptein), 1 Coenie Oosthuizen.
Plaasvervangers: 16 Ryno Barnes, 17 Trevor Nyakane, 18 Rynhardt Landman, 19 Johannes Prinsloo, 20 Sarel Pretorius, 21 Riaan Smit, 22 Rayno Benjamin.

Datum: Saterdag 1 Junie
Plek: Vrystaat Stadion, Bloemfontein
Afskop: 19:10 SA Tyd (17:10 GMT)
Skeidsregter: Jason Jaftha (Suid-Afrika)
Assistant skeidsregters: Jaco Peyper (Suid-Afrika), Francois de Bruin (Suid-Afrika)
TWB: Gerrie Coetzee (Suid-Afrika)

15 Responses to Super Rugby: Raymond Rhule die enigste Cheetahs verandering

Users Online

Total 34 users including 0 member, 34 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm