BullsDie Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, het vier skuiwe gemaak vir sy span se Vodacom Super Rugby-wedstryd teen die Toyota Cheetahs Saterdag in Bloemfontein, met Arno Botha, Jan Serfontein, Werner Kruger en Lionel Mapoe almal in die opdrafspan.

Al vier was plaasvervangers in die Vodacom Bulls se sege oor die Sharks in Durban verlede week, maar is bevorder ten koste van Dewald Potgieter, Wynand Olivier, Frik Kirsten en Akona Ndungane.

Potgieter en Kirsten skuif bank toe en Olivier kry ruskans, terwyl Ndungane nie van ‘n skeenbeenbesering herstel het wat hy in Durban opgedoen het nie.

Zane Kirchner maak sy terugkeer na ‘n vingeroperasie en is ‘n plaasvervanger, terwyl Louis Fouchè van sy heupbesering herstel het en weer sy rol as tweede losskakel oorneem. Callie Visagie roteer as tweede haker met Willie Wepener.

Ludeke het die belangrikheid van ‘n goeie vertoning teen die Cheetahs, die enigste ander Suid-Afrikaanse span wat tans in die uitspeelstryd betrokke kan wees, beklemtoon.

“Ons kan onsself baie gunse bewys deur goed te doen teen die Cheetahs, veral voor die drie week lange onderbreking inskop. Ons gaan baie spelers in die toetsreeks met die Springbokke betrokke hê en mens weet nooit in watter toestand hulle gaan terugkeer nie. So ons moet onsself in die beste denkbare posisie kry en ‘n sege sal dit verseker,” het Ludeke laat blyk.

Die Vodacom Bulls se kaptein, Pierre Spies, het gesê die vorige sege vanjaar oor die Cheetahs of sy span se vertoningslys in Bloemfontein beteken niks.

“Hulle speel op hul tuisveld en moet die gunstelinge wees, al het ons goed gedoen daar in die verlede. Vorige vertonings beteken nie punte op die telbord nie en ons sal moet seker maak ons speel die regte rugby op die regte plekke van die veld en speel die tipe spel waartoe ons weet ons in staat is. Dit gaan ‘n groot uitdaging wees, maar die span het gewys hy gedy op sulke uitdagings.”

 

Vodacom Bulls (met Super-wedstryde):

15 Jürgen Visser (8), 14 Lionel Mapoe (39), 13 JJ Engelbrecht (28), 12 Jan Serfontein (8), 11 Bjorn Basson (50), 10 Morné Steyn (118), 9 Francois Hougaard (52), 8 Pierre Spies (101, Kaptein), 7 Arno Botha (21), 6 Deon Stegmann (70), 5 Juandré Kruger (29), 4 Flip van der Merwe (58), 3 Werner Kruger (87), 2 Chiliboy Ralepelle (64), 1 Dean Greyling (33).

Plaasvervangers: 16 Callie Visagie (19), 17 Frik Kirsten (26), 18 Grant Hattingh (18), 19 Dewald Potgieter (62), 20 Jano Vermaak (100), 21 Louis Fouché (20), 22 Zane Kirchner (77).

 

Nota:

Die mees ervare Vodacom Bulls spelers in elke posisie is: Heelagter: Zane Kirchner (77); Vleuel: Akona Ndungane (94); Senter: Wynand Olivier (109); Losskakel: Morné Steyn (118); Skrumskakel: Fourie du Preez (112); Losvoorspeler: Pedrie Wannenburg (113); Slot: Victor Matfield (116); Stut: Werner Kruger (87); Haker: Gary Botha (87).

14 Responses to Super Rugby: Bulls maak 4 veranderings vir Bloemfontein stryd

  • 1

    Met Arno en Jan in die starting lineup dink ek die Bulle gaan die een vat.
    Sonder hulle sou ek vir Vrystaat gegaan het maar aangesien daai 2 manne soveel vir die Bulle beteken gooi en my gewig vir die game (en dan die conferense winner) agter die blou masjien

  • 2

    1 @ Gena_ZA:
    Ek moet sê, Dewald Potgieter se work-rate en tackle count was sover baie indrukwekkend, so ek verwag van Arno Botha om uit te haal en te wys wat in hom steek!

    Ek hoop maar jy is reg en die Bulls kan die ene vat, maar ek moet bieg dat ek onseker is en nogal nip vir die ene!

  • 3

    Ek sien die Stormers span is bekend gemaak…

  • 4

    Yes Dewald het n goeie work-rate maar is nie in die klas van ons ons toekomstige Bok kaptein nie

  • 5

    4 @ Gena_ZA:
    Gmpffff, jy rate Arno Botha hoog… toekomstige Bok-kaptein… maggies.

  • 6

    5 @ grootblousmile:
    Yip as long as Mr Meyer remains coach for the next 5 years, afterall we all know he favours his Blue Bulls players Wink

  • 7

    grootblousmile wrote:

    4 @ Gena_ZA:
    Gmpffff, jy rate Arno Botha hoog… toekomstige Bok-kaptein… maggies.

    Maak ‘n screenprint ou groote, ons praat weer oor 2 jaar

  • 8

    7 @ Gena_ZA:
    Ek stry nie met jou nie… ek is effe bly jy rate ‘n Bul en die Bulls in general so mooi die afgelope ruk.

    As jy so aangaan is ek dalk die ou wat jou eerste Blou trui vir jou koop die dag wat jy jou volle ondersteuning aan die Bulls gee vir altyd.

    …. jy weet, die dag wat jy die groot rugby aanvaar en die dinge van ‘n kind vaarwel roep….

    Hehehe

  • 9

    Niks te doen met of hy ‘n Bul is of Nie GBS, jy se mos jy is so slim, so try dit intrap in daai breinlobbe
    Verstaan dat dit oor rugby gaan – SA RUGBY, niks meer en niks minder
    as frikkin Musina rugby club hoogtes bereik en Sannie Viljoen daar uitblink sal ek hul ondersteun

    My liefde vir die game het geen boundaries en ek’s defnitief nie die stereotipiese provinsialis nie

    P.S. hoef my niks kit te koop nie, het dit reeds, so ook al die SA spanne sin

    Put that in ur pipe and smoke it..

  • 10

    nou dat ek dit weer lees klink dit aggresief van my kant af, glad nie die bedoeling nie
    Ek’s net pis lief vir die Bokke, Rugby en my Stormers (for life btw)

  • 11

    9 @ Gena_ZA:
    Man tjom… ek verstaan mos die beginsels, dis mos maar presies net soos ek graag huidiglik vir Adriaan Strauss van die Cheetahs as Bokkaptein wil sien….

    Nes ek dink Etzebeth is blerrie goed en begaafd en hom graag sal wil sien skuiwe na Nr 5 slot, sodat ons Bokke se krisis wat oor paar maande op Nr 5 begin, opgelos sal wees vir jare om te kom.

    Nes ek dink Kolisi is goed, Pieter-Steph du Toit is goed… Brussow is ‘n monster… ensovoorts.

    Ek verstaan die beginsel van plaas die beste ou in die posisie!

    Waaroor ek seker meer verbaas as enigiets anders is, is dat ons nog nie vir Arno Botha in ‘n vreeslike leierskapsrol by die Bulls gesien het nie en vir jou om nou te voorspel hy gaan eendag Bokkaptein wees, spreek vir my boekdele oor die waarde wat jy in die jong man sien. Ek sien ook daai waarde.

    Oor jou provinsionalisme, al dan nie, jy weet seker ek maak grappies met jou, maar nieteenstaande die grappies glo ek tog jy sal verstand kry en die Bulls heelhartig aanneem as jou Provinsiale span van keuse… hehehe

    Now put that in YOUR pipe and smoke it… or Kameeltjies…. or weed….

    Tounge-Out

  • 12

    skiet ek ‘n kat in my hond

  • 13

    “Pipe” down both of you….

    😀

  • 14

    13 @ Stormersboy:
    Bwahahaha

    12 @ Gena_ZA:
    Arme kat!

Users Online

Total 21 users including 0 member, 21 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm