Juan SmithHy het die afgelope twee jaar ondanks vier operasies moedig vir sy ondersteuners probeer terugveg.

Maar die Springbok-flank Juan Smith het Maandag weens ’n hakseningbesering geen ander keuse gehad as om finaal die gordyn oor sy suksesvolle rugbyloopbaan te laat sak nie.

Volksblad

“Was dit nie vir die ondersteuners en my gesin nie, het ek waarskynlik veel vroeër besluit om weens my besering my uittrede aan te kondig,” het ’n teleurgestelde Smith gesê.

Hy veg al reeds sedert Februarie 2011 met sy besering wat hy in ’n Super-wedstryd teen die Bulle opgedoen het.

“Maar dit was die ondersteuners wat my elke keer ná die teleurstelling van ’n operasie die moed laat bymekaarskraap het om weer vanjaar tot die rugbyveld te probeer terugkeer.

Ek waardeer al die ondersteuning wat ek deur die jare by my gesin, die Bok- en veral Vrystaat-ondersteuners gekry het.”

Die 31-jarige Smith het verlede Saterdag ná ’n afwesigheid van twee jaar eindelik sy terugkeer in die Cheetahs-kragmeting teen die Stormers gemaak.

Hy het ook die afgelope naweek in Polokwane goeie spel in ’n oefenwedstryd teen die Bulle gelewer. Maar ná ’n skandering Maandagoggend, het Smith – ’n lid van die wenspanne van die Wêreldbeker (2007), Curriebeker (2005) en Drienasiebeker (2009) – besluit om sy stewels weg te pak.

Een ondersteuner vir wie Smith uitgesonder het, is Tat Botha, bekende en gevierde Kovsie-rugbyafrigter.

“Hy is beslis ook die mens wat die grootste invloed op my rugbyloopbaan gehad het. Was dit nie vir oom Tat nie, sou ek waarskynlik niks in rugby bereik het nie. “Oom Tat het my raakgesien nadat ek van die Hoërskool JMB Hertzog (in Bloemfontein) gekom het en nie Cravenweek gespeel het nie. Hy het my oortuig om vir die Shimlas te gaan speel waar my loopbaan momentum gekry het.”

Smith het sy buiging in 2002 vir die Vrystaat gemaak en ’n jaar later in Durban as ’n 21-jarige die eerste van sy 69 toetse vir die Bokke gespeel. Slegs tien ander spelers kon in meer toetse vir die Bokke speel. Smith en sy huisgesin vertrek vandag op vakansie.

“Ek sal daar met my vrou (Caroline) oor my toekoms praat. Daar is moontlikhede, maar ek het nog geen besluit geneem nie. Maar ek moet ná die fisieke en geestelike impak van my besering oor die afgelope twee jaar, eers ’n week vakansie gaan hou.”

Eers daarna sal die Bok-flank besluit of hy op ’n ander wyse by rugby betrokke gaan raak.

17 Responses to Juan Smith hang sy stewels op

  • 1

    Ek ken nie ‘n Vrystaater wat NIE die hond gaan skop wanneer hy hierdie berig lees nie!

    Laat dit jou geweldig goed gaan Juan, ‘n ware rugby man. Jy het baie vir Vrystaat en Springbok rugby beteken.

  • 2

    ou yster my hart is seer vanaand,maat dankie vir dit wat jy vir die cheetahs en die bokke beteken het.go well

  • 3

    Respect! At least you gave it your all to try and return. Stem saam met smallies. Ons hart is seer, masr ook trots op die nederige mens wat so ‘n groot bydrae in Cheetah, en bok rugby gelewer het! Jy was voorwaar ‘n voorbeeld vir jong spelers. Nederig, dog trots, nooitnodiggehad om sy stem te verhewe nie, tog gesag afgedwing. Saluut!

    Kom ons hoop die Cheetahs sal alles in die stryd werp om Juan te eer met ‘n puik seisoen!

  • 4

    One of those players that every Rugby fan, regardless of his provincial affiliation, admired. One of the better 7’s we’ve had.

    Respect!

  • 5

    A rugby great finally calls it quits. Juan Smith has nothing left to prove, he has already retained legend status and while the fans may mourn, there is life left after you stop playing rugby. It’s NOT the most important thing in the world – one’s health is. It’s something few people appreciate until they lose it. Good luck and godspeed.

  • 6

    SANZAR gives their best wishes to Cheetahs Rugby Juan Smith, who made the decision to retire yesterday after a re-occurrence of an Achilles injury. Smith captained the Springboks and played 69 Tests while winning a Rugby World Cup.

  • 7

    Juan you really tried hard to make a comeback, sadly your injury is too severe. Enjoy your retirement, although i think you can b a great help for Naka. I will miss you on the rugby field. You were a real 100% man and always made a impact when playing.

  • 8

    Smith thanked his fans and family for standing by him through trying times.

    “Were it not for the fans and my family, then I probably would have made the decision to retire much earlier.

    “It was the fans who gave me the courage to – after several disappointing operations – attempt to make a comeback to the rugby field this year.

    “I appreciate all the support I received through the years from my family, Bok- and especially Free State supporters.”

    Smith will now take a week-long holiday with his family, before deciding on the next step in his life.

  • 9

    Hy sal altyd ‘n legendy bly en dis was ‘n eer om hom in sy glorie te gesien het
    Sterkte en bly naby aan rugby Juan

  • 10

    Groot verlies vir SA Rugby, en (veral) vir die Cheetahs. Weet nie of die goeie- of slegte nuus is nie, want as die man op gedraf het vir die Cheetahs was hulle met 110% meer gevaarlik! Voorspoed vir die toekoms Juan

    Dink iemand het sopas ‘n hond geskop

  • 11

    A massive player bows out. I guess it was inevitable though given the last couple of years.

    His loss will be felt more at the FS than at National level where he has, by and large already been replaced.

    Mark my words, Schalk Burger will go the same way if he isn’t looked after properly.

    Any coincedence that Smith and the Pope both retire on the same day? Just asking!

  • 12

    Scrumdown wrote:

    Any coincedence that Smith and the Pope both retire on the same day? Just asking!

    Overjoy

  • 14

    Groot verlies vir Vrystaat en SA rugby. Ek het regtig gehoop ons kan hom in sy volle glorie weer sien die jaar.

  • 15

    14 @ Shosoloza:
    Hello Shosoloza,

    Janee, dis baie jammer…. maar nouja, dit maak die deur oop vir nuwe helde om te verskyn

  • 16

    It was something I was worried about. It is sad that he could not recover from his injury. But true greats do know when its time to call it quits. I wish him all the best for his future.

  • 17

    Smith hang stewels op en die Pous hang sy Altar boys op

Users Online

Total 36 users including 0 member, 36 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm