Bulls

Die baljagter-flank Deon Stegmann lei Saterdag die Vodacom Bulls in hul voorseisoense wedstryd teen die MTN Lions in die Orlando Stadium in Soweto.

Offisiëele Vodacom Bulls Media vrystelling

Die wedstyd is deel van die Gauteng Sports Challenge wat deur die Gauteng provinsiale regering aangebied word.

Stegmann, wat verlede jaar min speelkans gehad het weens ‘n klomp beserings, lei ‘n span op die veld met ‘n mengsel van jeug en ervaring, terwyl ‘n paar nuwe gesigte ook hul debuut sal maak.

Die kantman is een van vier Springbokke in die span, terwyl die Junior Springbokke van 2012 ook goed verteenwoordig word met Travis Ismaiel, Jan Serfontein en Paul Willemse in die beginspan en Wiaan Liebenberg en Handrè Pollard op die bank. Die Lions-leenspeler, Lionel Mapoe, sal buitesenter teen sy ou spanmaats speel.

“Dit is opwindende tye wat voorlê,” het die Vodacom Bulls afrigter, Frans Ludeke erken.

“Ons staan aan die begin van ‘n nuwe seisoen, een waarvoor ons groot planne en ambisie het. Die span het hard gewerk om vanjaar suksesvol te wees en hierdie sal die eerste tree wees op ons pad na sukses. Die Lions het reeds wedstryde teen Rusland en die Cheetahs gespeel en sal die voordeel van daardie momentum hê, so ‘n goeie begin sal belangrik vir ons wees.”

Volgens Stegman, wat in 2010 in die Vodacom Bulls se eindstryd teen die Stormers in Orlando gespeel het, voel dit goed om weer terug te keer na daardie stadion.

“Ons het beslis goeie herinnering van ons vorige besoek daar. Die atmosfeer was ongelooflik en ek hoop ons kan weer ‘n goeie vertoning aan ons ondersteuners bied. Die Lions het baie om te bewys, so ons besef dit gaan ‘n baie harde wedstryd wees. Ons wil egter ook graag ons seisoen op ‘n goeie noot afskop, so is gretig om ons bes te gaan lewer.”

 

Die span is:

15 Jürgen Visser, 14 Travis Ismaiel, 13 Lionel Mapoe, 12 Jan Serfontein, 11 Sampie Mastriet, 10 Tiaan Schoeman, 9 Jano Vermaak (Onderkaptein), 8 Arno Botha, 7 Jean Cook, 6 Deon Stegmann (Kaptein), 5 Grant Hattingh, 4 Paul Willemse, 3 Frik Kirsten, 2 Willie Wepener, 1 Juan Schoeman.

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Hencus van Wyk, 18 Wiaan Liebenberg, 19 Cornell Hess, 20 Ruan Snyman, 21 Handrè Pollard, 22 Ulrich Beyers, 23 Jacques du Plessis.

31 Responses to Super Rugby: Bulle kies jong ‘B’ span vir Leeus in Orlando

Users Online

Total 58 users including 0 member, 58 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm