Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk is verheug om te bevestig dat Pierre Spies sy kontrak met die BBM tot November 2015 verleng het.

Bloubul Media Kennisgewing

Die losvoorspeler en gereelde kaptein van die Vodacom Bulls sal dus tot dan vir die Vodacom Blou Bulle en Vodacom Bulls beskikbaar wees.

Spies het Dinsdag sy nuwe kontrak onderteken en gesê dit was ‘n maklike keuse.

“Die Blou Bulle is die rugbytuiste waarin ek grootgeword het. Dit is ‘n voorreg om vir die volgende drie jaar in my rugbytuiste te kan aanbly. Ek hoop om in die volgende drie jaar te help skryf aan aan ‘n suksesvolle stuk geskiedenis van Blou Bul rugby.”

Die BBM se uitvoerende hoof, Barend van Graan, het die verlenging van die kontrak verwelkom.

“Pierre is ‘n tweede generasie Blou Bul en het alreeds sy eie diep spore in ons geskiedenis getrap. Om hom dus aan boord te hê vir die volgende drie jaar waarin ons hoop om ‘n volgende era van uitnemendheid te skep, is uitstekende nuus en ek is baie seker ons ondersteuners sal ewe bly wees hieroor.”

7 Responses to Pierre Spies teken vir nog 3 jaar vir die Bulle

Users Online

Total 30 users including 1 member, 29 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm

  • Scrumdown