Pretorius in Walliese klubspan se toergroep teen Vrystaat.

Al is hy eintlik ‘n Suid-Afrikaner, pronk sy gesig nie verniet as een van die Cardiff Blues se sterre op die Walliese spog-rugby-klub se amptelike webtuiste nie.

Die agtsteman Andries Pretorius sal een van die groot trekpleisters wees wanneer die Blues die naweek hier teen die Vrystaat Toyota Cheetahs in n vertoonwedstryd uitdraf.

fscheetahs

Rugby ondersteuners in die Rosestad sal n voorsmakie kry van die 26-jarige Pretorius, wat in Nelspriut gebore is, voor hy dalk binnekort vir Wallis speel. Die opgeleide elektrisiën kwalifiseer die seisoen om vir Wallis te speel.

Die boerseun van Wallis is een van 27-Blues spelers wat gister in Johannesburg geland het om die Vrystaters Saterdag hier op Grey-kollege se hoofveld te pak.

Die kragmeting, wat die Vrystaat Toyota Cheetahs as Curriebeker-voorbereiding gebruik, word gespeel ter herdenking van die 200ste geboortedagviering van Sir George Grey, die stigter van onder meer Grey-Kollege.

Pretorius is in 2011 as Cardiff se speler van die Jaar, asook sy klub se Spelers se Speler van die Jaar aangewys. Vir die Speler van die Jaar het losvoorspeler bekendes soos die senter Casey Laulala, die Walliese kaptein Sam Warburton en slot Bradley Davies uitgestof.

Die Blues sal egter sonder Warburton, n goeie vriend van Pretorius, en n paar bekendes teen die Vrystaat Toyota Cheetahs uitdraf.

Jamie Roberts, senter van die Britse en Ierse Leeus, sal die span vergesel, maar waarskynlik nie speel nie. Daar is gehoop hy sou sy terugkeer maak, maar hy herstel nog van n kniebesering.

Die Blues-groep sluit steeds sewe internasionale spellers en nege manne in wat vir hul land op junior-en ander vlakke gespeel het.

Onder hulle is die senter/loskakel Ceri Sweeney (35 toetse), asook vleuels Tom James (10 toetse) en Chris Czekaj (9 toetse). Hulle het almal vir Wallis uitgedraf.

As deel van die feesvieringe word Donderdag n gholfdag in die Rosestad aangebied waaraan verskeie Blues-en Vrystaat Toyota Cheetah – speelers sal deelneem.

‘N Spoggeleentheid word ook vir Vrydag beplan, waar bekendes soos voormalige Springbok Kaptein Morne du Plessis een van verskeie sprekers sal wees. 

Die Cardiff Blues groep is:

Voorspelers: Andi Kyriacou, Andries Pretorius, Benoit Bourrust, Jake Cooper-Woolley, James Down, Josh Navidi, Lou Reed, Macauley Cook, Marc Breeze, Nathan Trevett, Robert Copeland, Rory Watts-Jones, Scott Andrews, Thomas Young.

Agterspelers: Ceri Sweeney, Chris Czekaj, Dafydd Hewitt, Dan Fish, Gareth Davies, Gavin Evans, Jamie Roberts, Jason Tovey, Lewis Jones, Owen Williams, Rhys Patchell, Robert Lewis, Tom James.

Hoofafrigter: Phil Davies

Huplafrigters: Gareth Baber, Xavier Rush

 Die program vir Saterdag is:

09:15 Grey o/13 t. Vrystaat uitnodogingspan

10:05 Vrystaat o/19 t. SWD o/19

11:35 Vrystaat o/21 t. Grens o/21

13:15 Grey t. Kearsney Kollege

15:00 Vrystaat Toyota Cheetahs t. Cardiff Blues

3 Responses to Boerseun help Blues

  • 1

    Lekker om so nou en dan ‘n Afrikaanse Artikel hier te sien!

    Dankie Bully!

  • 2

    Vrystaat Toyota Boet Troskie OFM Ding Dong Pantjies Winkel Cheetahs.

    Nog baie plek vir Nog borge in daai franchise

  • 3

    1 @ grootblousmile:
    Dis ‘n plesier GBS, wonder net of hierdie wedstryd op die TV sal wees. Blues were not the strongest of Welsh teams last season and its been holiday for them for a while but would be interesting to hear how the match between the teams go and to hear some thoughts on this Andries Pretorius from an SA point of view.

Users Online

Total 32 users including 0 member, 32 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm