Die Vodacom Bulls se twee losvoorspelers CJ Stander (Heup) en Dewald Potgieter (Skouer) wat beide teen die Highlanders beseer is in Dunedin, sal waarskynlik beide oorweeg kan oorweeg word vir insluiting in die span vir die laaste toerwedstryd teen die Chiefs.

“Ons was werklik bekommerd oor beide die spelers, maar ons Mediese Span het werklik ongelooflike werk gedoen en is positief dat die spelers waarskynlik beskikbaar sal wees  om oorweeg te word vir die span wat teen die Chiefs speel. Die beserings was nie so ernstig as wat aanvanklik vermoed is nie. Ons is werklik in `n bevoorregte posisie dat die ander 24 spelers op toer  almal beskikbaar is vir die naweek se kragmeting,” het Frans Ludeke, afrigter van die Vodacom Bulls gesê.

Dit is die offisiele nuus vanuit die Bulls kamp, wat tans voorberei vir hulle laaste van vier kragmetings terwyl op toer oorsee.

Die laaste kragmeting is om 09:35 SA Tyd op Vrydag 25 Mei, teen die gesamentlike puntevoorlopers, die Chiefs. Die Bulls het egter ‘n beter rekord teen die Chiefs as wat hulle die afgelope klompie jare teen die Highlanders gehad het en hulle sal besef dit is ‘n maak-of-breek wedstryd vir hulle kanse in 2012, want die daaropvolgende week wag die Stormers, algehele puntevoorlopers en SA Konferensie voorlopers, vir hulle op Lofus.

Twee uiterse moeilike wedstryde, net voordat die spanne breek vir die internasionale Toets-venster in Junie, waar die spelers van die Bulls, Stormers, Sharks en tot ‘n mindere mate die Cheetahs en Lions nog ‘n stappie hoër sal moet klim na Toetsrugby vlak.

6 Responses to Super Rugby: Mediese verslag van die Bulls

Users Online

Total 11 users including 0 member, 11 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm