Peter de Villiers is beskikbaar om die Springbok-rugbyspan vir langer af te rig.

Op die Rugbyjoernaalprogram Boots & All, gisteraand was hy een van die gaste en het hy dié stelling gemaak.

“As God se werk deur my nog nie afgehandel is nie, sal ek dit oorweeg. Mense koop tans met hul petrolgeld Bok-truie”

De Villiers het gesê as hy heraangestel word, sal hy eers sy beste spelers kies en dan sy kaptein om soortgelyke omstredenheid soos die debakel met die keuse tussen die hakers John Smit, ook Springbok-kaptein, en Bismarck du Plessis te vermy.

Hy het gesê die flank Schalk Burger en die agtsteman Pierre Spies sal die twee spelers wees wat hy as kaptein sal oorweeg.

“Chiliboy Ralepelle is waarskynlik die speler met die beste leierseienskappe, maar ’n mens kan hom nie kies met Bismarck du Plessis daar nie.”

De Villiers sê daar is geen rede dat Bok-rugby ’n insinking ná Smit en die slot Victor Matfield se uittrede hoef te beleef nie.

Manne soos die Leeu-losskakel Elton Jantjies en die Vrystaat-generaal Johan Goosen maak hom opgewonde.

Wat betref die Wêreldrugbytoernooi-wedstryde het hy gesê die Walliese flank Sam Warburton en die Wallaby-baljagter David Pocock “verneuk” met hul spel op die grond.

“As ’n skeidsregter nie ’n wedstryd kan uitsort nie, hoort hy nie op die veld nie. Dit was (Pocock se) onwettige omgekeerde balbesit wat ons afgestaan het, wat die seerste gemaak het.”

Peter was joviaal en duidelik meer gemaklik en onder heelwat minder druk as in die laaste paar maande gisteraand, asof die las van die Wêreldbeker nou heeltemal verlig is.

41 Responses to Snor dreig om homself weer beskikbaar te stel vir die pos

  • 31

    gbs @ 30
    lol

  • 32

    It’s an interesting scenario, with the previous coaching jobs, we’ve always had a pretty good idea who is in the running, and who the front runners are. This time, we haven’t got a clue – thats if you take out Snor, Muir and Gold. According to rugby365.com (http://www.rugby365.com/all_news/sa/news/2808444.htm), the only “yesses’ so far are Snor, Stonehouse and Eloff – a very scary prospect. I wonder if SARU will get the message, though, if every time they ask someone with the right qualifications to coach, they say ‘NO’, that perhaps they are the problem.

    I hear that Bryce Lawrence has retired from Reffing, taken up coaching and has submitted his CV – he feels that he has a lot to offer the Boks. Can anyone confirm it?

  • 33

    GBS@15
    Maar n droewige lysie daai….dan kan PdeV net sowel aanbly, alhoewel hy n beter spanbestuurder sal uitmaak as n afrigter, dink ek.
    PdeV is nie naastenby van internasionale gehalte as dit by afrigting kom nie, maar vir Rassie sien ek ook nie daar nie.

    Ons sal moet oorsee gaan soek, lyk my.

  • 34

    33 @ Pietman:
    Baie droewig!

    Dink nie SARU sal oorsee wil soek nie.

    Dink Alister Coetzee gaan die man wees in die saal…. ongelukkig.

  • 35

    Very non-inspiring group. Alister the only one with some sort of a track record. He did reasonble at the Stormers. What concerns me is his inability to get the Stoprmers scrum and line-out (yes with Bekker in their mists) a constant top rating machine. Too much inconsistency in those department with the Stormers to my liking over the last 2 years. The Stormers backline’s inability to score tries is another concern. Bleedy hell they were flat this year.

    Personally I would like to see what a coach like John Mitchell will do with the springbok structure at the tackle ball and at the recycle on attack. The one department where we are behind the ball game is structure and efficiency at the tackle ball and/or the ruck. That is the heart of All Black rugby. If we can sort that the new rules and the All Blacks wil no longer be such a mamoth challenge for us.

    In selecting a coach SARU need to analyse in what parts of the game do we need serious improvement and appoint a Springbok coach that can start with a process of recifying that on national and S14 level. Henry and his stooges and the scruum doctor travelled around NZ during the S14 and worked with individual players and coaches to lift the game in NZ. We need a Springbok coaching group that can do that because that gives them real insight what is happening with various players and help to soprt limitations in the national game.

    Heynecke has not impressed me as someone who can sort our problems at the tackle ball; who can improve the speed of our game and lift the quality of our backline play.

  • 36

    Does anyone have a way to make contact with John Mitchell?

    If so we need to get signatures and numbers that we can show him our solidarity in wanting him to coach the Boks, perhaps we can convince him.

    Start a petition, and let’s not stop until it happens.

    We must not fail!!!!!

  • 37

    @ biltongbek:
    i will start a anti JM page The-Incredible-Hulk

  • 38

    superBul wrote:

    @ biltongbek:
    i will start a anti JM page

    [Translate]

    Who is your candidate, someone who will succeed inspite of SARU?

  • 39

    SARU will NEVER appoint a non Southern African coach.

    They are just not forward thinking enough.

    JM will never apply for the post. He doesn’t suffer fools at all, and you can rest assured, they’re all over the place at SARU.

    Besides, I think Kevin de Klerk would put Oregen Hoskins “into 2 seperate casualty wards” if he tried to lure Mitchell away from the Lions.

  • 40

    Gee die Gesnorde Sot nog ‘n kans man. Hy lyk na die chosen one! Sy oe het oopgegaan en gaan nou die regte dinge doen. Miskien kan ons Chester Williams ‘n hulpafrigter maak. Hy’t mos internasionale ondervinding met Uganda?

  • 41

    Wooooow, daai lys inspireer glad nie. Glaaad nie.

    Maar eerlikwaar, ek weet nie hoekom almal vir AC en Rassie so baie vet gee nie?

    Rassie daag op by die Cheetahs, skielik doen hulle goed in die CC (en met goed bedoel ek hulle wen die kompetisie)
    Rassie daag op by die Stormers en hulle begin skielik in die top ligas te speel. 1 final, 1 semi en 1 5de op die log. In ‘n ry. En dit met ‘n span wat, ALTYD in die middel van die tafel gele het. O-en ons kan nie vergeet nie, dat vandat hy en as dir. van WPRU oorgeneem het het die 0/19 en 21 spanne ook baie bevorder. Baie.

    Alister het Wereld Beker ervaring, hy het Super 14, Currie beker en Springbok ervaring. Watter ander afrigter in SA kan dit se?

    Geen sukses? Ek dink die Wereld Beker medalje, asook ‘n 3N Trofee agter sy naam sal verskil. Tel daarby dat, onder hom as afrigetr het die WP in 2 finale in 1 jaar gespeel. Die eerste keer in ‘n finaal in 9 jaar.
    En ja, hulle het verloor, maar 4 jaar gelede was daar slegs 3 bokke uit die WP.
    As dit nie vir ‘n paar beserings was nie sou daar in vanjaar se wereld beker groep 7 spelers van WP gewees het, 5 waarvan NA AC en Rassie se ontwikkeling as Bokke gekies is. (Mossie en Habana tel nie).

    Kom ons vergeet ook nie dat hy die WP die week na ‘n semi-spot bestuur het, dit met ‘n aantal van amper 45 verskillende spelers in 1 seisoen agv beserings. Ek dink WP het 5 of 6 verskillende losskakels gehad. In 14 wedstryde! Dit is ‘n gemiddeld van ‘n nuwe losskakel elke 2-3 games!
    Dit BO ‘n span soos die Bulle, wat Bok stutte, slot, losies, senter, vleul en heelagter tot hul beskikking gehad het op verskeie tye in die seisoen. Die WP het vir… C.Jantjies gehad.

    Dan moet ons die volgende in ag neem. AC is een van die BESTE publieke sprekers in SA Rugby. HEEL BO, en sy speler management is uitstaande.
    daarby moet ons se dat een van SA se mees suksesvolle afrigters ooit (like hom of nie) Jake White, nog van die begin af vir AC geback het om die hoofafrigters pos oor te neem.

    Hy sal moontlik Rassie as tegniese coach en Jaques Nienaber as verdedigings afrigter kies, en daarmee is ek fine. Wie weet wie die voorspelers gaan afrig. Dalk Smal of Gold, aangesien hy samet beide al gewerk het. En as mens kyk wat die Bokke se skrums en lynstane in die Wereld Beker reggekry het, is Gold rerig die slegste opsie?

    AC is die enigste opsie, en dis nie ‘n slegte ding nie. Ja, ek sou Mallet of Venter verkies het, maar nie een van hulle is beskikbaar nie. Of Meyer.

    So raak maar gewoond aan die idiee. Its gonna happen.

Users Online

Total 62 users including 0 member, 62 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm