Its now only 40 days away

The following articles comes from the Afrikaans newspapers, maybe later today or tomorrow it will appear in English. Thanks to Rapport we have a bit of Rugby news.

Gereed vir Bul-stryd

Dit is die hoë bome wat die meeste wind kry. Dus kan die Bulls hulself maar solank pantser vir ’n kwaai aanslag vanjaar op hul Super-rugbytitel. Volle berig onder.

Vergrote Super15 in Cheetahs se kraal – Naka

Baie rugby-ondersteuners is skepties oor die vergrote Super15-reeks, maar die Cheetahs is één span vir wie die aanpassings dalk net kan bevoordeel.

Koes vir dié Stormers

Hoewel die Kaap weliswaar nog nie Hollands is nie, is dit ook duidelik dat geen gesprek oor aanspraakmakers in vanjaar se Super15-kompetisie gevoer sal word sonder dat die Stormers ter sprake kom nie

Bok-kaptein is Sharks-dilemma; stut lyk sy voorland in Super15

Vir die Springbok-rugbykaptein, John Smit, gaan hierdie ’n waterskeidingjaar wees.

Met vet tjekboek wil Lions vanjaar brul

Nadat die Lions verlede jaar ál dertien hul Super14-wedstryde verloor het en heel laaste geëindig het, is daar veel meer optimisme in die Goudstad oor hul vooruitsigte in vanjaar se Super15.

Gereed vir Bul-stryd

Die prentjie wat die Bulls en SA weer wou sien… Fourie du Preez (links) en Morné Steyn by ‘n Bulls-oefening die afgelope week. Foto: Cornel van Heerden

Dit is die hoë bome wat die meeste wind kry.

Dus kan die Bulls hulself maar solank pantser vir ’n kwaai aanslag vanjaar op hul Super-rugbytitel.

Die formaat is anders as toe Victor Matfield verlede jaar die Super14-trofee in ontvangs geneem het in die Orlando-stadion in Soweto.

Ian Schwartz, die Bulls se hoë­prestasie-bestuurder, sê daar wag nog méér rugby op die spelers in die nuwe Super15-reeks en dat die diepte van ’n groep tot die uiterste getoets gaan word.

“Jy moet verskeie spelers van gehalte in elke posisie hê. Daaroor bestaan geen twyfel nie,” sê hy.

“Hier by die Bulls glo ons die kompetisie word in die voorsei­soen gewen, wanneer die kondisionering en voorbereiding gedoen word.

“Intense kragwerk en harde werk in elke opsig van ons voorbereiding is van die grootste belang. Jy moet jou huiswerk behoorlik doen vir ’n reeks soos hierdie,” het Schwartz verklap oor wat die Bulls se wenresep is.

Oudergewoonte het die Bulls ’n oefenkamp in George in die Suid-Kaap gehad. “Dáár word die harde werk gedoen, maar daar is darem ook tussendeur tyd vir vakansie hou, want die spelers kan hul gesinne saamneem en dus ook tyd inruim vir ontspanning.”

Wat die nuwe formaat van die Super15 betref, sê Schwartz die kampioenspan het heeltemal ingekoop daarby.

“Ons besef dit gaan belangrik wees om die spelers goed te bestuur en die span af te wissel. Jy kan net eenvoudig nie verwag een speler moet in elke wedstryd speel nie –en dit gaan baie belangrik wees om die groep sinvol te roteer.

“Ons hou veral daarvan dat ons die Suid-Afrikaanse spanne oor ’n dubbele ronde speel. Jy kry dus die kans om reg te maak as dinge nie volgens plan verloop het in die eerste wedstryd nie.”

Volgens hom is die Bulls ook in hul skik met die loting wat aan hulle opgedis is: “Ek glo altyd jy moet die regte ingesteldheid hê wat die kompetisie betref.

“Aanvaar wat aan jou gegee word en maak die beste van die saak.”

* Wat hul enigste aanwins betref, hang daar ’n donker wolk oor Bjorn Basson, die drieë­vraat-vleuel wat hom uit Griekwaland-Wes by hulle aangesluit het.

Hy en die Bulls se Bok-haker, Chiliboy Ralepelle, is op die Bokke se Europese toer positief getoets vir die gebruik van ’n verbode middel en sal binne die volgende twee weke voor ’n tribunaal verskyn.

“Ons wil net hê dié ding moet nou na ’n punt toe kom. Ons glo in die spelers se onskuld en sal by hulle staan,” sê Schwartz.

Die Bulls het twee voorseisoense oefenwedstryde. Hulle speel op 29 Januarie in Port Elizabeth teen die Kings en die week daarna in Nelspruit teen ’n Premier-vyftiental.

Dié span sal hoofsaaklik bestaan uit spelers van die Pumas en van die Bulls se reserwekrag.

Met die Bokke Fourie du Preez en Wynand Olivier weer fiks, sal die Bulls die Super15 met groot vertroue aandurf.

– Rapport

Vergrote Super15 in Cheetahs se kraal – Naka

Die Cheetahs se aanwinste vir 2011. Van links is die slot Wilhelm Steenkamp, vleuel Ryno Benjamin, senter Andries Strauss en vleuel Philip Burger. Foto: Theo Jeptha

Johann Thormahlen

Baie rugby-ondersteuners is skepties oor die vergrote Super15-reeks, maar die Cheetahs is één span vir wie die aanpassings dalk net kan bevoordeel.Die Cheetahs het nog altyd teen oorsese spanne, veral in Australasië, in die Super-reeks gesukkel –en hulle verwelkom daarom meer kragmetings teen Suid-Afrikaanse teenstanders.

Buiten dat nóg ’n span, die Melbourne Rebels, tot die reeks gevoeg is, sal spanne in 2011 se nuwe formaat in drie afsonderlike groepe, volgens nasionaliteit, om die uitkloprondes meeding. Hoewel die Cheetahs steeds teen Nieu-Seelanders en Australiërs moet speel, sal hulle nou twee keer, weg en tuis, teen elke plaaslike span kragte meet.

Volgens Naka Drotské, Cheetahs-breier, kan sy span baat vind hierby.

“Ek dink ons spelers is meer gemaklik teen SA spanne. As ’n mens kyk na die geskiedenis van die Super-reeks het ons altyd beter teen daardie spanne gedoen,” sê hy.

Nog ’n bewys daarvan is die Cheetahs (of die Vrystaat) se prestasielys in die Curriebeker-reeks. Ondanks dié streekspan se gesukkel in die Super-reeks, kon die Cheetahs dit jaarliks regkry om een van die voorste spanne in die Curriebeker te wees.

Boonop het die Cheetahs verlede jaar hul beste Super-reeks nóg beleef. Hoewel ’n tiende plek op die puntelys nog nie te waffers is nie, is vooruitgang beslis gemaak en is hul eerste gelykop-uitslag (25-25) op ’n oorsese toer teen die Chiefs behaal. ’n Sege in Australasië ontwyk hulle nog en daarom sal hulle hoop om vanjaar die bordjies te verhang.

Aan die ander kant bied die reeks ook ’n groter uitdaging wat diepte betref omdat spanne sestien groepwedstryde in plaas van dertien soos in 2010 speel. En beserings is een van die grootste redes waarom die Cheetahs gewoonlik sukkel. Daar het byvoorbeeld verlede jaar 14 Cheetahs hul buiging in die Super-reeks gemaak.

Juis daarom sal baie van hul sukses daarvan afhang of die beseringspook kan wegbly.

“Die langer seisoen sal vir ons moeilik wees, omdat ons nie die diepte van sommige ander spanne het nie. Ons het in sekere posisies baie diepte en in ander nie. As ons in spesifieke posisies beserings kry, gaan ons dalk moeilikheid hê,” sê Drotské.

* Die Springbok-flank Heinrich Brüssow sal in die reeks sy terugkeer maak nadat hy sowat 11 maande buite aksie was. Hy het verlede jaar teen die Hurricanes sy knieligamente geskeur en is nog besig met rehabilitasie, maar Brüssow en die agtsteman Frans Viljoen (haksening) behoort vir die Cheetahs se eerste wedstryd op 19 Februarie teen die Sharks in Durban reg te wees. Hulle sal waarskynlik die opwarmingswedstryde, op 28 Janaurie teen die Griffons en 5 Februarie teen die Southern Kings, misloop.

Die Cheetahs sal in 2011 sonder hul Bok-vleuel Jongi Nokwe moet klaarkom. Hy het in 2010 se Curriebeker sy knieligamente geskeur en sal eers in Augustus weer speel.

’n Paar nuwe gesigte sal ook vanjaar die Cheetahs-trui dra. Die slotte Wilhelm Steenkamp (voorheen by die Bulls) en Hendrik Roodt (Waratahs) sal die span voorlangs woema gee, terwyl die senter Andries Strauss (Sharks) en vleuels Philip Burger (Perpignan) en Ryno Benjamin (Blitsbokke) agterlangs sal uitdraf. Die WP-senter Morgan Newman oefen tans op ’n proeftydperk saam en daar moet nog besluit word of hy ’n kontrak aangebied gaan word.

– Rapport

Koes vir dié Stormers

Terug in die gimnasium… Springboksenter Jacque Fourie bult die afgelope week spiere. Foto: Jaco Marais

Stephen Nell

Die reus sluimer nie meer nie.

Hoewel die Kaap weliswaar nog nie Hollands is ná twee verlore eindstryde in 2010 nie, is dit ook duidelik dat geen gesprek oor aanspraakmakers in vanjaar se Super15-kompetisie gevoer sal word sonder dat die Stormers ter sprake kom nie.

Boonop het die WP met die aanwins van CJ van der Linde sy hand in die voorry versterk, terwyl Jean de Villiers se terugkeer vir die Kapenaars nóg ’n wêreldklas-opsie in die middelveld gee.

Die Stormers se breier, Allister Coetzee, kan ook nie werklik brom oor die span se loting nie. Dit kan nadelig wees om om in die eerste week ’n loslootjie te kry, maar die eerste tien wedstryde van die Stormers se veldtog word in Suid-Afrika gespeel. Hulle begin met die Lions, Cheetahs en Highlanders, wat die kans op momentum bied, voordat die Bulls op Loftus Vers­feld aangedurf word.

“Ek kyk positief na die loslootjie. Dit gee ons een meer week as die ander spanne om vir ons eerste wedstryd voor te berei. Ons vat die loting soos hy kom. Ons moet dit ten volle benut. Dit gee Jaque Fourie ook ’n addisionele week om van sy besering te herstel,” sê Coetzee.

Fourie begin al hierdie maand hardloop –en die verwagting is dat hy vir die eerste wedstryd teen die Lions op 26 Februarie beskikbaar sal wees. Dit is nog nie seker of hy in die voorseisoense vriendskaplike wedstryde teen die Lions (28 Januarie) en Sharks (5 Februarie) betrokke sal wees nie. Coetzee het geen ander bekommernis oor beseerdes nie.

Die Stormers is ’n gevestigde span, maar met die WP se o.19- en o.21 spanne wat albei verlede jaar hul provinsiale kompetisies gewen het, is daar heelwat jong manne wat hul stemme sal dik maak indien die beserings kom.

Moet ook nie verbaas wees indien die ou skrumskakel-staatmaker Bolla Conradie weer in ’n Stormers-trui gesien word nie.

“Ek is baie beïndruk met Bolla se kondisionering. Dis duidelik dat hy hard aan die Stormers se deur wil klop,” sê Coetzee oor dié oud-Springbok, wat deesdae vir die Boland speel.

Die jong WP-manne en ’n handjievol Bolanders sal wedstryd-oefeninge teen universiteitspanne op 15 en 22 Januarie hê om te wys wat in hulle steek.

Peter Grant word in die eerste week van Februarie terug in die Moederstad verwag en die Stormers se welslae kan heel moontlik van sy fiksheid afhang. Willem de Waal speel nou in Italië en die Stormers se tweede losskakel behoort een van Lionel Cronjé, Gary van Aswegen, Elgar Watts of Willie le Roux te wees.

“Die jong talent in die stelsel maak my baie opgewonde. Hierdie kompetisie gaan juis groot vrae oor diepte stel,” sê Coetzee.

“Ons is ’n gevestigde span en het darem in halfeindstryde en eindstryde gespeel. Ons wil van binne kontrakteer. Waarom kry ons dan jong manne by die Instituut en gee ons soveel aandag aan die o.19- en o.21-spanne?”

* Van der Linde was nietemin ’n groot en belangrike vis om van buite te vang. Die Kapenaars se diepte op veral vaskopstut was nie verlede jaar na wens nie –en hy kan baie druk op Brok Harris verlig en self ’n groot faktor op loskop wees as die Stormers daardie twee dalk saam wil laat speel.

“Die ervaring wat CJ bring is van onskatbare waarde,” som Coetzee dit raak op.

Coetzee glo sy span se puik verdediging bied hulle die opsie om meer avontuurlustig te wees.

“Die verdediging is ’n suksesverhaal en gee ons die vertroue om meer aanvallend te speel. Ons verdediging is die produk van harde werk vir mekaar. Die ouens is baie trots op die stelsel en glo daarin.”

– Rapport

Bok-kaptein is Sharks-dilemma; stut lyk sy voorland in Super15

Vir die Springbok-rugbykaptein, John Smit, gaan hierdie ’n waterskeidingjaar wees.

Al is hy die gunsteling om die Springbokke later vanjaar in Nieu-Seeland aan te voer in die Wêreldbeker-toernooi, is daar meer as genoeg skeptici wat glo sy beste dae is getel en dat hy nie eens in die Bokspan hoort nie.

Die blywende indruk wat baie ondersteuners van hom het, is daardie bejammerenswaardige figuur wat verslae op sy hurke sit en na die grond staar in sy 100ste toets, met die All Blacks wat pas die wendrie in Soweto gedruk het.

Daarom is hierdie eerste deel van die seisoen, waar hy vir die Sharks in die Super15 gaan speel, van die grootste belang vir Smit.

Die eerste vraag wat beantwoord moet word, is: Wáár gaan John Plumtree hom inspan?

In Shark-kontrei sal vir jou gesê word dat hy waarskynlik nie ’n beter haker as Bismarck du ­Plessis óf Craig Burden is nie.

Hy het van sy beste rugby in verlede seisoen se droewige Super14 vir die Sharks as stut gespeel. Met Beast Mtawarira wat moontlik die skuif na die Leeus gaan maak, kan Smit as loskop wys hy kan steeds aanspraak maak om sy plek in die Bokspan as speler vol te staan –en nie net vanweë sy leier-eienskappe nie.

Die resep wat verlede seisoen toegepas is om klimtol te speel met Smit en Bismarck du Plessis as hakers, het nie gewerk nie –en hopelik sal dit nie hierdie seisoen deel van Plumtree se strategie wees nie.

Smit moet die kans gegun word om homself in een posisie te vestig en daarom sal dit as stut móét wees. Op stut moet hy natuurlik boonop meeding met onder andere die Springbokke Beast Mtawarira en Jannie du Plessis.

As daar nou één Shark is wat hierdie seisoen die druk gaan voel, is dit Smit.

Hoe die lang afwesigheid uit die spel hom beïnvloed het, sal gesien moet word.

Brand sy vuur weer en is die batterye gelaai, of is dit ’n geval dat Vader Tyd hom ’n streep getrek het?

* Die Sharks, wat nou die mantel dra as Curriebeker-kampioen, sal hoop hulle kan daardie spelpeil dupliseer in die Super15.

Hulle bring van 16 Januarie ’n week deur by die Royal Bafokeng-sportsentrum naby Rustenburg. Dit is dieselfde plek waar Engeland se sokkerspan voorberei het vir die Wêreldbeker-toernooi verlede jaar.

Die aanwins uit die Vrystaat, Meyer Bosman, herstel ná ’n lies-operasie, terwyl Ross Skeate, wat ook ’n groot deel van die Curriebeker-seisoen misgeloop het, ook weer byna gereed is om sy terugkeer te maak.

Bismarck du Plessis het nog las van ’n skouerbesering, terwyl die flank Jean Deysel ook eers teen die einde van Februarie ’n moontlike terugkeer kan maak.

– Rapport

Met vet tjekboek wil Lions vanjaar brul

Kan geld wat stom is, regmaak wat krom is by die Lions?

Nadat die Lions verlede jaar ál dertien hul Super14-wedstryde verloor het en heel laaste geëindig het, is daar veel meer optimisme in die Goudstad oor hul vooruitsigte in vanjaar se Super15.

In die eerste plek, kan ’n span ná die seisoen wat die Lions­ verlede jaar gehad het, moed skep uit die feit dat hulle in elke geval nie slegter kan doen nie.

Dan is daar die nuwe eienaar, Robert Gumede, wat klaarblyklik meer as genoeg geld het om rond te gooi in die poging om vir hom ’n wenspan te koop.

Daar sal dié wees wat gou genoeg is om jou daarop te wys dat geld nie lojaliteit koop nie, maar die Engelse sokkerspanne Chelsea en Manchester City het die laaste paar jaar gewys dat jy wél sukses kan koop met genoeg geld.

Nóg ’n aspek wat die Leeus-ondersteuners met optimisme vul vir die seisoen wat voorlê, is die towerstaf wat die nuwe afrigter, John Mitchell, rondswaai.

Sedert dié oud-breier van die All Blacks die leisels gevat het, het die gees van swartgalligheid plek gemaak vir groot optimisme –en wat hy in net enkele maande reggekry het in die Curriebeker-reeks, voorspel goeie dinge vir die pad vorentoe.

Kevin de Klerk, grootbaas van die Lions, besef egter om te kan saamgesels in ’n strawwe reeks soos die Super15, het jy diepte nodig.

Dít is waar die Gumede-tjekboek so handig gaan inkom.

“John Mitchell het vasgestel wat ons behoeftes is en ons sal alles in ons vermoë doen om daaraan te voldoen,” het De Klerk gesê.

“Om te oorleef in Superrugby, moet jy wyd kontrakteer en het jy diepte nodig in elke posisie. Ons kyk nog om ’n paar spelers te bekom in sleutelposisies,” het hy bygevoeg.

Die Lions het reeds hul geledere aangevul met die Sharks Rory Kockott (skrumskakel), Patric Cilliers (stut), Michael Rhodes (losvoorspeler), asook Lionel Mapoe van die Cheetahs, die Bulle se Bok-haker Bandise Maku en die Luiperds se woelige skrumskakel, Michael Bondesio.

* Die Lions kan beslis nie daarvan beskuldig word dat hulle nie groot dink nie.

Beast Mtawarira, Butch James en Frans Steyn was almal op hul inkopielys, maar in hierdie stadium blyk dit nie dat enige van hulle gou in die Lions-trui gesien sal word nie.

James het nog ’n kontrak by Bath, terwyl dieselfde geld vir Steyn by Racing Metro.

Die Lions probeer ook die oud-heelagter/vleuel van die WP, Joe Pietersen, nader hark vanaf sy Franse klub, Bayonne, maar dít kan ook ’n doodloopstraat word deurdat hy nog ’n kontrak vir twee jaar daar het.

Wallis se ster-agterspeler, ­James Hook, was óók op die inkopielys, maar deurdat Perpignan hom R8,17miljoen per jaar aanbied, kan hy ook buite bereik wees.

Daar word egter nog voelers uitgesteek na die WP se Andries Bekker en Dwayne Vermeulen – en die Kapenaars sal moet keer om hulle op Nuweland te hou.

Die Lions speel twee opwarmingswedstryde teen die Stormers en die Sharks teen die einde van hierdie maand en vroeg in Februarie in die driehoekige toernooi in die Kaap.

– Rapport

11 Responses to Super Rugby nuus van SA Spanne

  • 1

    Helloooooooooooooooooooo from Port Elizabeth…

    The GBS Family is on holiday…….. yeeeeeeeeeeeeehaaaaaaaaaaaa

    Will put up a Holiday Tour Diary when I feel like it…. hehehe

    But let me give you a few titbits…

    On January 6 we left Gangsters Paradise and we travelled the leisurely and scenic route to the diminutive town of Clocolan, Eastern Free State, where Mamma GBS (GBS’s mom) grew up and where Oupa GBS (GBS’s grandfather on the mother’s side was Mayor and Attorney.

    Stayed in a wonderful Guest House and visited Oupa’s House as well as his grave (what a shambles the graveyards are in these small towns, all overgrown and unkept).

    Then we travelled to Aliwal North on the Eastern Cape side, on the banks of a very full and very fast flowing Orange River (Border between Free State and Eastern Cape), where we stayed at the Riverside Lodge, overlooking the river.

    Then we travelled the lesser travelled routes to Port Elizabeth, via Burgersdorp, Steynsburg, Cradock, Cookhouse to Port Elizabeth… on route we had a bloody tire blow-out, and in searing heat I had to change the flat tire (with a gash in.. must have gone over a piece of metal or something… at about 180km/h)… the rest of the trip uneventful.

    In PE it was time to put the feet in the sand on the beach… we also collected some very nice seashells…

    Today we’re doing a snoekbraai and the sletsappies will be flowing freely…

    Speak again soon, tjommies….

  • 2

    @ grootblousmile:
    Enjoy the Friendly / Windy city.

    We were there over Christmas, but the wind was blowing “‘n hond uit ‘n bos uit” most of the time and I got burnt like a real “rooinek” on Hobie Beach.

    I had to pick the wife up in Carnarvon, so we also traveled the “scenic route”, Carnarvon, Loxton, Victoria West, Graaf Reniet, Jansenville (39°c) etc down to PE.

    No flat tyres for us though. Doesn’t your Blik met Wiele have Run On Flat’s fitted?

    Anyway, enjoy and relax before the thrilling Rugby year ahead.

  • 3

    I was in the gym the other day and saw Bolla working out. He was working really hard and looked good. We’ll see…

  • 4

    @gbs dis Burgersdorp nie fort nie die tuiste van jan-harm van wyk phillip smith x sharks Hendrie Fourie engeland en Johan Goosen future bok losskakel asook my skoonma en een van die mooiste dorpies in die karoo,jy het feitlik by my huis verby gery in aliwal-noord en die lodge het seker die niceste kroeg in die oos kaap

  • 5

    Enjoy your January off all you holidaymakers…….Just work as normal here in the NH 🙁

  • 6

    Ja, Bluebird, I am with you there. Sucks hey, but at least I can start to read about Super rugby again.
    My comments on the articles.

    The Bulls are not a team, or a brand, anymore. They ae mor like a freaking organization. And thats what makes them good. Nothing more, nothing less.

    The Cheetahs I think got some good buys in Strauss, Steenkamp and Burger. Benjamin… oh well. But lets be honest, the Bulls, Sharks, Stormers and even the Lions (if they can make it that far) stand a much better chance in the play-offs against Australasian teams. BUT, saying that, the BEST of luck to them!

    Stormers. Their biggest problem is… they haven’t won anything in a looooong time. Sure the juniors teams cleaned up last year, and they (its the same damn team) played in 2 finals. But like the Bulls and Sharks will show, its all about getting that first finals win to break through the mental barrier. A champion team is only champions once they won something. Till then, just another team. A really good one, but still…

    Sharks. All I have to say is, there is a miss-print in the article: “Wáár gaan John Plumtree hom inspan?” should be “Wáár gaan John Plumtree hom inDRUK?”

    Lions: Enough promises. You have the money, you have the coach, you HAD your “building phase” (last years Currie Cup, where they beat some pretty big names) and you do have a decent personnel. Nothing wrong with having Elton Jano Vermaak, Elton Jantjies and Doppies le Grange as 9-10-12. Other names like Micheal Killian, Jaco Taute, Mapoe, Kockette and Chavanga comes to mind, and you stat to think with Spencer and Mitchel at the helm, things might just start to look up… they really cant go much worse.

  • 7

    Am now at the wonderful Storms River Mouth in the Tsitsikama National Park…

    Virtually no Internet Connection here, barely running on an EDGE CONNECTION on my MTN 3G card…. very very slow…

    We left Port Elizabeth yesterday, stopped off at Jeffreys Bay, then near it at Marina Martinique and Aston Bay (where we had a monsterous seafood feast at Tapas Seaside Restaurant, where you sit with your feet in the sea sand whilst you feast… very festive and a massive meal…. with some sletsap of course, to wash the prawns and calamari down… hehehe.

    After the mean we went to Paradise Beach and then did the about 90km to Storms River Mouth.

    Got up nice and late this morning and have seen a number of Duikers (small type of buck – but unusually big here), they’re so tame, they wander about virtually within 2 arms reach from you. Also saw a lot of Dassies and just now a massive male babboon came out of the forest, gave BonzaiHandbriekie a massive fright as he proceeded to start climbing through the window… her blood curling scream chased him away and as we were sitting in the cabin next door, came right past us, down the hill where he broke into somebody’s tent and camp site about 30m away, stole a whole tupper ware plastic bukcet full of cookies and rusks and started munching on them as he was busy making his retreat into the forest, left the bucket fall along the way, but the bag off cookies is now with him and his family…. nice breakfast…. hehehe

    Will be doing the Bloukrans Bridge Bungi jump tomorrow… the highest bungi jump in the world, I think…. 216m high.

    Planning on doing the 2km trail to the Hanging brigdge and back, here at Storms River Mouth this afternoon…

    And also planning on visiting one Outenique Yellow wood Big Tree (Scientific Name: Podocarpus Falcatus Kalander – Kalander indicating it is ancient), approximately 1600 years old, tomorrow…

    Then it’s off to Tharfield Estate in the Harkerville Forest, between Plettenberg Bay and Knysna…. which is owned by a friend of mine who was at school with Tripples and myself (Tripples, if you read this, it belongs to Gerhard Roux… he was a fantastic long distance runner whilst we were at school, tall and skinny then… and moeeeeerrrse naughty).

  • 8

    @ grootblousmile:
    Are you coming to Slaapstad?

  • 9

    @ Loosehead:
    good day old chap…. you in Aapstad??

  • 10

    @ grootblousmile:
    lol Enjoy brudda, drive safe and make sure to rest up good ^5

  • 11

    @ sharky_forever:
    Like under the big mountain bruuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuu!

Users Online

Total 47 users including 0 member, 47 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm