Tim Noakes is ‘n geregistreerde blogger hier op Rugby-Talk. Ons vind hierdie interressante Artikel oor hom:

Wanneer die sportwetenskaplike Tim Noakes afrigters en proffies se teorieë aan flarde skeur, is hy immers gewoonlik reg – selfs al sê wie ook wat.

Marco Botha van Beeld

Hy vertel vir MARCO BOTHA wat ons alles vir soetkoek opvreet.  

Dit is nogal ’n senutergende affêre om te wag vir middagete met die wêreldbekende mediese sportprofeet Tim Noakes. 

Die uwe se Engels kom maar met die grondpad aan, en toe die professor boonop elf minute laat is, het die spanning anderkant die verste nerwe loop lê.

Dan stap hy in die besige etensuur by Cavendish Square se Mugg & Bean in, glimlag soos Jesus in die Kinderbybel en vra wat ons gaan eet.

“Ek kom altyd oor Desember hierheen, want dan is ek rustig. Ek kan tuinmaak, lees en boeke skryf.

“Dit is by daardie tafel waar ek en Bob Woolmer mekaar die laaste keer gesien het. Dit was net voor die Wêreldbeker-krieket-toernooi en die laaste keer dat ek hom lewend gesien het,” vertel Noakes van sy ou maat wat die Proteas afgerig en in 2007 ’n omstrede dood as Pakistan se breier gesterf het.

Noakes was in Woolmer se tyd Suid-Afrika se spandokter, maar “dit was die onaangenaamste tyd van my lewe’’. 

“Ek skryf tans my outobiografie, maar ek het besluit om daardie kaptein, wie se naam ek nie eers wil noem nie, uit my boek te los.” Dis nou daardie kaptein wat oor wedstrydknoeiery moes bieg…

Sy boek verskyn in Augustus volgende jaar en het reeds ’n naam – Challenging Beliefs: My life in Science.

En dis hý daai – omstrede met ’n rede.

Noakes se lewe as ’n wetenskaplike getuig van iemand wat hoor en bevraagteken, bevindings maak wat die status quo se moses inlui en glimlaggend hoogaangeskrewe proffies in hul moer stuur.

’n Voorbeeld: Daar word algemeen onder atlete aanvaar dat hul oefenintensiteit en uiteindelike prestasies deels deur hul VO2max-status bepaal word. Dit beteken in leketaal dat uitputting intree sodra die liggaam se vermoë om suurstof optimaal te benut ’n plato of plafon bereik.

“Dis twak,” sê Noakes, wat dié teorie onder groot toejuiging én teenstand gestormloop het met sy teorie van ’n sentrale beheerder (central governor of the brain).

“Uitputting is ’n emosie (wat in die brein ontstaan), wat jou oefenintensiteit reguleer om te voorkom dat jou liggaam in die moeilikheid beland. 

Hoe verklaar jy dat iemand die laaste stuk van ’n marathon vinniger afsluit as dit waartoe hy etlike kilometers vroeër in staat gevoel het? 

Uitputting veronderstel dat jy nie kan versnel nie. Iets anders as jou liggaam se vermoë om suurstof te gebruik, beheer dus uitputting.”

En dis soos baie dinge die Amerikaners se skuld. 

“Wat die Amerikaners gedoen het, is om te sê dat die mens ’n mislukking is – dat die mens vol gebreke is.

“Maar ons het juis ontstaan deur ’n proses van evolusie wat op ons sterkste eienskappe voortgebou het. Dit is die hele storie van natuurlike seleksie. As ons ’n klomp reusefoute in ons ontwerp gehad het, sou die mens nooit die vlaktes van Afrika verlaat het nie.

“Die teorie van jou VO2max-plato is gegrond op die idee dat die hart jou in die steek laat – dus kan jy suurstof nie optimaal gebruik nie. Ag asseblief, man! Die hart is nie ontwerp om in te gee nie. Maar het iemand dit ooit bevraagteken? Nee!” 

Vir die man op straat is die wetenskap agter dié Noakes-teorie nie noodwendig van groot belang nie, maar die onderliggende waardes wat wetenskaplikes van mekaar onderskei, is wel. Want dít is die verskil tussen dié wat volg en dié wat nuwe paaie uitkap.

“Ek dink die rede vir my andersheid is omdat ek uit ’n mediese agtergrond kom en nie in die sportwetenskappe opgelei is nie.

“Ek wou nog altyd weet of dit wat vir my gesê word, bewys kan word. 

As ’n professor vir my gesê het iets is só, het dinge maar net daar vir my begin – dan sou ek gaan kyk of die fondamente waarop die feit oënskynlik staan, werklik daar is. En dikwels was dit nie.”

Die kelnerin, Nomda, onderbreek die gesprek: “What shall it be, gentlemen?”

“Ek soek iets visserigs. Ek is mal oor seekos,” seg Noakes terwyl Nomda die spyskaart voorlees. 

“Die probleem met die sport-wetenskappe is dat dit grootliks uit liggaamlike opvoeding ontstaan het,” gaan hy voort asof Nomda die les soos een van sy studente met ’n vraag laat ankers slaan het.

“Wanneer my studente aan die Universiteit van Kaapstad aan die einde van die jaar ons klasse ver- laat, kom sê hulle eerstens dankie omdat hulle geleer is om te dink.”

Maar dis van dink dat ’n mens stink kyke kry.

“In Amerika is daar baie groter teenstand teen my idees as hier. Hulle sê wag ’n bietjie, ons het dit en dat uitgevind. Ons wéét waarvan ons praat, en hoe durf jy ons bevraagteken?

“Een van my voormalige studente gee klas in Chicago en hy sê dis verskriklik. Die mense wil net weet waaroor hulle eksamen skryf en het geen behoefte om in hul vakgebied onderrig te word nie.”

En binnekort gaan die Yanks nóg minder van hom hou.

“Benewens my outobiografie werk ek tans aan ’n ander boek, Waterlogged. 

Dit gaan oor hoe die bedryf die wetenskap, wetenskaplikes en die publiek gemanipuleer het om te glo hulle moet oormatig baie vloeistowwe inneem terwyl hulle oefen.

“Die winste van die maatskappye wat die sportdrankie Gatorade in Amerika maak, het van $50 miljoen per jaar tot $4 miljard gestyg omdat mense gedink het hulle moet meer vloeistowwe inneem wanneer hulle oefen.

“Maar ons het al in 1985 die toestande van oordrinkery en sy gevare beskryf. In 1991 het ons dit bewys en gevind daar is ’n direkte verband tussen ’n oorinname van vloeistowwe en die dood.

“Terwyl die Amerikaanse Vereniging van Sport mense aangemoedig het om meer vloeistowwe in te neem, het ons navorsing die teendeel bewys.

“Ons weet van twaalf mense wat hulle só doodgemaak het, en ek werk tans saam met ’n skrywer in New York wat met hul families praat.

“Daar is nog só ’n voorbeeld en dit is een wat honderdduisende lewens neem – hormoonvervangingsterapie.

“Weer het die bedryf ’n doelbewuste besluit geneem om menopouse onder dokters en die publiek ’n siekte te maak, wat gevolglik behandel moet word.

“Menopouse is ’n fisiologiese proses, maar vroue kry nou behandeling daarvoor. Dit verhoog hul kanse om sekere kankers op te doen dramaties.

“Weet jy wat het ons gevind? Dat van die grootste maatskappye wat hieruit kan munt slaan, nie-wetenskapskrywers aangestel het om joernaal-artikels daaroor te skryf. Dit is toe onder die name van geloofwaardige wetenskap­likes gepubliseer. 

Die manipulasie van menings, kennis en wetenskap is haarfyn beplan en eers twee maande gelede oopgevlek.”

Net soos Noakes “die waarheid” oopvlek om te wys dis eintlik ’n liegstorie.

“Jy sal dié dinge waardeer omdat jy ook ’n fisioloog is,” laat val hy die woorde waarmee ek as 14-jarige in my agterkop gespeel het – destyds toe ek nog die “volgende Tim Noakes” wou word en daarom eers sportwetenskap gaan swot het.

Maar die volgende Tim Noakes blyk toe sy “slim student Ross Tucker” te wees. Iemand wat hy hoog aanslaan.

“Ross was nou die dag op ’n program saam met (die Springbok-hulpafrigter) Dick Muir, en Dick vra hom toe wat wetenskap nou eintlik vir hom kan beteken.

“Ross, regtig ’n slim ou, sê toe die wetenskap is nie ’n garage waar jy jou motor intrek as daar probleme is of as jy raad soek nie. Die wetenskap moet deel van jou ganse bestaan wees – langs jou in elke sekonde van jou dag,” vertel Noakes. 

“Suid-Afrikaanse sport moet nog ’n lang pad stap voordat hy werklik gaan besef hoe belangrik die wetenskap is.

“Ek het al in Januarie vir die Springbokke gesê van die senior spelers moet vanjaar in nie meer as altesame 17 wedstryde speel nie – die wetenskap sê so.

“Daardie R1 miljoen wat spelers tydens die Wêreldbeker-toernooi kry, gaan op die duur niks beteken nie. 

Hulle moet eerder gaan vir onsterflikheid. En hoe doen jy dit? Jy wen twee agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie. 

En hoe doen jy dít? Jy maksimaliseer jou kanse onder meer deur betaal te word om soms ook te rus – dít is professioneel en iets waarmee Amerikaanse voetbalspelers rugby 50 jaar voor is.”

As die sportlui nie luister nie, frustreer dit hom iets vreesliks. Maar dan gaan draf hy vir twee uur, heelpad tot by die blokhuis bo die Rhodes-gedenkmonument in Kaapstad.

“Ek is so lief daarvoor om te hardloop,” sê hy toe Lucia die rekening bring. 

Sy het Nomda vervang nadat ons deur twee kelnerskofte gesels het. In Engels nogal.

As ons sportmense tog net na hom wil luister. En daai hardekwas Amerikaners!

24 Responses to Tim Noakes – Omstrede met ‘n rede

  • 1

    Hmm. Laat ‘n mense dink ne?

  • 2

    1@ Scrumdown:
    Ja, dis scary om te dink mens kan so manupileer word deur groot maatskappye.

  • 3

    Jammer menere

    Noakes klink vir my net so effens arrogant. In een asem se hy Amerikaanse Voetbal is ons 50 jaar voor met speler bestuur, en volgende vertel hy jou hoe dom hulle is in terme van hulle wetenskap? Huh?

    Ek is ook nie genoee daarmee oor sy verwysing na Hansie Cronje as DAARDIE kaptein wat hy uit sy boek wil uitskryf nie…Cronje, foute ingesluit, het meer vir SA Sport gedoen as Noakes ooit het…

    Al sy navorsing is hoogstens teoriee, nou moet almal glo Piet se teorie is beter as Jan s’n, maar Tim s’n is die beste…al wat ‘n Teorie duidelik vir jou se is, NIEMAND WEET RERIG NIE…

    “As ons sportmense tog net na hom wil luister,”…Ag asseblief, wat ‘n vrot bol k#k…

  • 4

    O ja, op daardie skets lyk Noakes BAIE soos George W Bush…en ons almal weet hoe ‘n slim knapie hy is…

  • 5

    the saint @ 4
    lmao
    good one!!

  • 6

    gbs
    waarom hierdie snaakse ding wat mens moet invul elke keer wanneer jy wil comment? dis tydrowend!!
    😀 ek willie anie einde v my lieeewe trugkyk en besef ekt ñ paar jaar v my lewe gebruik NET om die ou vormpie elke keer in te vul nie!! 😆

  • 7

    haai, hoe’s ek dan soe onvriendelik ve’môre?
    ..
    so,
    môre moffies!!
    en ñ goeiemôre aan alle stormers, cheetahs, lions en sharks supporters!!

  • 8

    hansie hansie hansie hansie hansie

  • 9

    ““Ek soek iets visserigs. Ek is mal oor seekos,” seg Noakes terwyl Nomda die spyskaart voorlees.”
    ..
    o fok!! beteken dit noakes KAN NIE LEES NIE?? 😯

  • 10

    enige ou wat al in n army bosbus gery het kan jou vertel dat die VO2 max teorie verkeerd is want daai pti sal jou nog vir n uur laat aangaan as jy reeds gese het ek kan nie meer nie korporaal… hahahahaha

  • 11

    6@ ashley:
    Asbakkie, jy moet lees boeta… Login soos gewoonlik as rugby-talker, dan hoef jy GLADNIE daai kakkas in te vul nie, dis net vir die ouens wattie accounts hier hettie… flok!

  • 12

    10@ smallies72:
    Janee, Noakes en die flokken kopperaals was reg…. hehehe

    Mens kan nog laaaaaaaaaaaaaank aangaan as jy dink jy’s nou goed geflok!

  • 13

    gbs @ 11
    aaaaaaaaaaah daa sien ekit nou!!
    vi wat djy die blerrie login oek soe wegstiek, wiet ek oekie!! 😀

  • 14

    Gbs, We should have a translate button for the Threads too….hehehe. Too much for me to read up there. A post is fine a whole thread in Afrikaans takes me forever to understand. Have to read it over a few times…hehehe.

    Put the translate button there too..lol.

  • 15

    14@ Puma:
    Flok Ouma Puma, we only have an Afrikaans Article once in a very blue moon…

  • 16

    @ grootblousmile:15 – I know, I know..hehe. Still takes me a long time to read and understand it fully. But if you put the translate button on such a long article..hehehe. Not sure if I would get it either, cause it translates some words into something totally different….hahahaha. Must say have laughed a lot at some of the translation, very funny. Enjoy it though..lol.

  • 17

    16@ Puma:
    Slowly but surely we will improve your Afrikaans….

  • 18

    @ grootblousmile:17 – Has improved already ready this blog..lol.

    Cheers gbs, out for awhile, back later.

  • 19

    Noakes not far off the mark.

    Marketers make us believe anything they want to.

    Just look at the bottled water industry. Who do you think gave us the “8 glasses a day” nonsense?

  • 20

    Ou Timmie is meestal reg en ek moet weet want ek het sy vak gedoen daar op UK en het in dieselle lab. narvorsing gedoen waar hy sy narvorsing vir sy M.D.(Ph.D. in Medical Faculty @U.C.T.) gedoen het.

    I teach in the US so can agree with him that the pharmaceutical industry, in particular, dictates not only the research but the findings of that research that they so fund so freely. Now does that not suggests funding for self-interest?

    So your ‘Saint’ is talking, as usual, his crap.

  • 21

    puma, change your browser to Google Chrome.

    It tells you that the page is in Afrikaans and asks if you want it translated.

  • 22

    Pietman if you’r “listening”, while Gauteng is getting washed away, maybe you can offer some insight into the Northern Cape’s weather problems.

    For the “ignorant” amongst us, Beaufort West is in the grip of the worst drought for 50 years. The local dam has 0% water and the reservoir is also empty.

    Many windmills / boreholes are dry, and the farmers have started slaughtering the “weak” livestock in an attempt to save the strong.

    However, all is not dark, surrounding areas have had good rainfall in the last 3 days.

    Victoria West’s dam is nearly full, Loxton’s dam is overflowing, and Carnarvon has had good rains in the last 24 hours.

    My wife was rained in on the family farm today, and suddenly the problem is not how the sheep will get water, but how to prevent them from drowning in the pools of water that form.

    The family sent a “kakhuis” full of sheep to slaughter 2 days ago because there was no water, and no more money for lucerne.

    Vark, but we have it easy here in the city!

    So I ask again, “who’ll stop the rain?”

    Sorry all, waffling, but hey I’m going down there next week, and I really hope that I don’t have to go and “maak skaape bymekaar”.

    Much more enjoyable getting pissed in Blikkies Bar.

  • 23

    Loxton, Carnavon, VanWyksvlei – there where its far and the fuckall grows 6ft high 🙂

  • 24

    @ janniekannieskrummie:

    Brilliant buddy…can’t get more objective than one of Noakes’ students / cronies can you? Charles Manson also had a bunch of disciples, all of them also swore to how ‘right’ he was, up until…ag you probably know the rest…

Users Online

Total 39 users including 0 member, 39 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm