Apologies for this article being in Afrikaans, but I could not find an English version and do not have time to translate……

Daar is vooraf bespiegel dat Alan Solomons die rugbyspan van die Oostelike Provinsie gaan help afrig, maar toe was dit Pote Human wat sy opwagting in die Baai gemaak het.

Human, ’n voormalige afrigter van die Blou Bulle, is gister as die Olifante se voorspeler-afrigter aangestel.

Hy neem dié taak oor by Gi deon van Rensburg, wat nie ’n heeltydse breier is nie en die Olifante die laaste paar weke gehelp het.

Anele Pamba, uitvoerende beampte van die OP Rugbyunie, het gesê Solomons word nie oorweeg om die Olifante te brei nie.

“Daar is steeds gesprekke met hom aan die gang om die Southern Kings se direkteur van rugby te word,” het Pamba gesê.

“As hy dié pos aanvaar, sal hy ook die OP se senior en junior spanne kan raad gee en help.”

Pamba het bygevoeg dat hy dié week sal weet of die oud-Cheetahs-agtsteman Darron Nell by die Olifante sal inval.

Daar is wel ’n nuwe gesig op die spanlys vir die Olifante se Vodacombeker-wedstryd Saterdag in die OPRU-stadion teen die Westelike Provinsie.

Die vaskopstut Sphephelo Mayaba, wat verlede jaar vir die Sharks-vyftiental gespeel het, is tussen die plaasvervangers.

Die Olifante het vier veranderinge aan die beginspan, wat verlede week met 34-32 teen die Grens gewen het, gemaak.

Sangoni Mxoli het van sy dyspierbesering herstel en keer terug  as vaskopstut ten koste van Ayanda Nogampula.

Regardt van Eyk en Jacques Potgieter vervang onderskeidelik Matthew Tayler-Smith en Sebastian Hilpert as losskakel en agtsteman.

In ’n interessante skuif kry die 20-jarige Siyanda Grey ’n kans as buitesenter met Alfonso Pietersen wat sy plek kwyt is.

Grey, met sy vaart en oog vir ’n gaping, kan die Olifante se agterlyn-spel ’n nuwe dimensie gee.

Die OP-span is:

Justin Peach, Norman Nelson, Siyanda Grey, De Wet Barry (k), Howard Noble, Regardt van Eyk, Clayton Gawie, Jacques Potgieter, Yves Bashiya, Zolani Mofu, Hein Potgieter, Nolan Clark, Sangoni Mxoli, Bobby Dyer, Pumlani Nodikita. PLAASVERVANGERS: Giovano Fourie, Ayanda Nogampula/Sphephelo Mayaba, Brendon Snyman, Pietie Ferreira, Marlon Lewis, Matthew Tayler-Smith, Jaco Bekker, Ryan Brown.

11 Responses to Solomons gaan nie OP help slyp nie maar Pote gaan wel!

  • 1

    Pote….hmmm, het gewonder wat van die man geword het…

  • 2

    Was gister in die Beeld.
    Pote het twee jaar in Japan afgerig. Ek sien sy seun is by die Cheeters.

  • 3

    Water ouderdoms groep speel hulle dWeePer ?

  • 4

    Innie Hof
    Regter: ‘Hoe kan jy onskuldig pleit as 5 mense jou sien steel het?’
    Gatiep: ‘Djou Honour, ek kan dysende bring wat my nie gesien steel het nie!’

  • 5

    Gatiep se Voicemail
    My bra, Gatiep is nie available nie.
    Los djou naam en nomma en ek stuur vir djou a ‘please call me’.

  • 6

    Gatiep innie skool
    Juffrou vra vir Gatiep: ‘Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?’
    Gatiep: ‘My ma’s nie stupid nie, sy maak mash!’

  • 7

    Die tou
    Gatiep sleep ‘n tou die straat af en loop verby Maraai.
    Maraai sê vir Gatiep: ‘Hoekom sleep jy die tou?’
    Gatiep: ‘Het djy al ‘n tou try stoot?’

  • 8

    The one and only
    Gammat word aangekla dat hy vir Meraai ‘n BIETS genoem het.
    Tydens kruisverhoor sê Gammat: ‘Djy’t da’ boe oppie balcony gastaan, en ek da’ onner innie straat.’
    ‘Ja,’ sê Meraai
    ‘Daar was mos baie mense by djou oppie balcony,’ sê Gammat.
    ‘Ja,’ sê Meraai.
    ‘Nou hoe wiet djy dan ek het met djou gapraat?’
    ‘Omlat ek die enigste BIETS daar was,’ sê Meraai.

  • 9

    Selle ou storie
    Die Regter kyk vir Gammat in die oog en sê:
    ‘Dis nou die 6de jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
    ”Djou honour,’ sê Gammat, ‘moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry nie.’

  • 10

    A woman went to her doctor for advice. She told him that her husband had developed a penchant for anal sex, and she was not sure that it was such a good idea.

    ‘Do you enjoy it?’ The doctor asked.
    ‘Actually, yes, I do.
    ”Does it hurt you?’ he asked.
    ‘No. I rather like it.’
    ‘Well, then,’ the doctor continued, ‘there’s no reason that you shouldn’t practice anal sex, if that’s what you like, so long as you take care not to get pregnant.’

    The woman was mystified.
    ‘What? You can get pregnant from anal sex?’
    ‘Of course you can, ‘ the doctor replied. ‘Where do you think people like Julius Malema come from?’

  • 11

    Bwaaahaaahahahaa!!!!

Users Online

Total 84 users including 0 member, 84 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm