2009 het gewys Vrystaat se rugby is gesond. Regdeur. Die Cheetahs se Craven week span, 0/19’s, 0/21’s, Vrouespan en Seniorspan het almal tot hulle onderskeie finale deurgedring. Dit is ‘n pluimpie vir die Vrystaat se rugby unie.

Harold Verster, president van die Cheetahs, is ‘n tevrede man.

 
“Ons het baie toegewyde mense wat leef vir rugby. Daar heers ’n familie gees en kultuur hier in Bloemfontein. Geografies gesproke is ons die kleinste unie in die land, dit is basies net Bloemfontein, en as dit kom by die hoeveelheid gekontrakteerde spelers lê ons tussen tweede en derde laaste. Maar ons leef as ’n eenheid na aan mekaar.”

“Die Engelse noem dit consistency en continuity. Party mense wou Naka Drotské vervang na die Super 14 na dit maar swaar gegaan het, maar ons het by hom gebly en kyk waar is ons nou.”

Dit blyk of die Cheetahs die meeste van hulle spelers sal behou. Richardt Strauss gaan egter in Ierland ‘n draai maak en Fabian Juries maak moontlik ‘n skuif Kaap toe. Die enigste ander verlies is loskakel Jaques-Louis Potgieter wat terugkeer Bulle toe. Verster was egter baie gelukkig met Potgieter se skepskop wat die semi-finaal vir hulle gewen het teen die Haaie.

“Ek kon dit amper nie glo nie, dit was ongelooflik! Dit het al soveel keer gebeur dat ons agter is dan veg ons terug. Dit sê iets van ons fiksheid, stamina en ook ons kondisioneringsafrigters.’

Verster is ook positief oor die Cheetahs se kanse in die finaal teen die Bulle op Loftus.

“Ek dink dit is weer ons beurt. Die Bulle het baie goed gedoen in die Super 14, en dit gaan moeilik wees in Pretoria. Ons is weer die underdogs, maar dit is soos ons daarvan hou.”

 

In ander nuus is ‘n Rawsonville rugbyspeler wat ‘n opponent se oor gebyt het, vir vier jaar uit rugby geskors. Hayne Anthony, het Puk skrumskakel Andries Mahoney se oor gebyt tydens ‘n Nasionale Klub kampioenskap wedstryd. Die vier jaar skorsing is nie goeie nuus vir Hans van Dyk nie. Van Dyk word beskuldig van’ n byt op WP flank Francois Louw se arm en moet nog verhoor word. Die 4 jaar straf, is selfs strawwer as die straf wat Johan Le Roux destyds toegedien is vir sy byt aan Sean Fitzpatrick se oor.

Die Pumas en Boland meet Saterdag kragte in die eerste relegasie wedstryd om 15:15 in Wellington.

Pumas: MJ Mentz; Braam Pretorius, Shaun Venter, Hyron Thysse, Allister Ketteldas; Tiaan Marx, Jacques Coetzee; Doppies le Roux, Pieter Meyer, Jaco Bouwer, Marius Coetzer, Eduaan van der Walt, Ashley Buys, Hannes Franklin ©, Ronnie Uys. Reserves: Dee-Jay Terblanche, Dawie Steyn, Savage van Heerden, Corné Steenkamp, Martin Sithole, Hendrik van der Nest, Ashwin Scott.

 
Die Boland span moet nog aangekondig word. Volgens Die Burger sal Boland R1 000 000 ontvang indien hulle die Pumas klop in die reeks relegasie wedstryde en hulle plek behou in die Currie beker top divisie. Elke speler van die 26 man groep sal sowat R38 000 ontvang. ‘n Paar WP spelers word vir die wedstryd geleen aan die Boland.

Die Luiperds en Arende speel ook Saterdag teen mekaar in die tweede relegasie relegasie wedstryd vir die naweek om 17:30 in Potchefstroom.

Die spanne is:
Luiperds: Danie Dames; Jovan Bowles. Deon van Rensburg, Basil de Doncker, Bom Samaai; Cecil Dumont, Michael Bondesio; RW Kember, Thabo Mamojele, Wilhelm Koch ©, Draad Linde, Brad Mockford, Os van der Walt, Gavin Williamson, Nardus Lombard. Reserves: Pellow van der Westhuizen, Divan Kotze, Ligtoring Landman, Bennie Adams, Theo van Wyk, Clayton Durand, Colin Lloyd.

 
Arende: Bevin Fortuin; Norman Nelson, Bobby Joubert, Joe Breytenbach, Baldwin McBean; Ricardo Croy, Dougie Hellmuth; Jody Burch, Jacques Engelbrecht, Victor Joubert, Henry Grimes, Giant Ntyanda, Tiaan de Kock, Wayne Bennett ©, Jaco Terblanche. Reserwes: Junior Leota, Brood van der Westhuizen, Hein Potgieter, Shaun Raubenheimer, Jandré Blom, Sinethemba Zweni, Jandré du Plessis.

41 Responses to Cheetah rugby gesond

  • 31

    Traveling in a train were a Bull, an Cheetah, a spectacular looking blonde and an older lady. After several minutes of the trip, the train happens to pass through a dark tunnel, and the unmistakable sound of a slap is heard. When they leave the tunnel, the Bull had a big red slap mark on his cheek.

    (1) The blonde thought – “That horrible Bull wanted to touch me and by mistake, he must have put his hand on the lady, who in turn must have slapped his face.”

    (2) The older lady thought – “This dirty Bull laid his hands on the blonde and she smacked him.”

    (3) The Bull thought – “That bloody Cheetah put his hand on that blonde and by mistake she slapped me.”

    (4) The Cheetah thought – “I hope there’s another tunnel soon so I can smack that stupid Bull again.”

  • 32

    #29 & 30 Willem

    I enjoy the content of your posts, but what’s with this upper case/lower case stuff, broer. At the end of every post of yours I feel like I’ve just climbed off a horse! 😉

    Is it part of your handle or just a kEEyboard malfunction?

  • 33

    @ swannie ek stem harold se tyd is verby hy het ons gered na die klub 300 sirkus ma ons moet voorentoe gaan want die spears soek ons plek in die s14 en dit mag nie gebeur nie

  • 34

    hehehe fender

    soRRy for the workout boet

    But me best vrystAAt anglo is anyway chaLLenged- so I bloGG in Orakeleze- ;-))

    GueSS if nEEd be I can go back to vrijstaatIngels!

    😀 @ 31

  • 35

    1. The Japanese eat very little fat
    and suffer fewer heart attacks than
    the English.

    2. The Mexicans eat a lot of fat
    and suffer fewer heart attacks than the English.

    3. The Chinese drink very little red wine
    and suffer fewer heart attacks than the English.

    4. The Italians drink a lot of red wine
    and suffer fewer heart attacks than the English.

    5.. The Germans drink a lot of beers and eat lots of sausages and fats

    and suffer fewer heart attacks than the English.

    CONCLUSION
    Eat and drink what you like.

    Speaking English is apparently what kills you.

  • 36

    #34 Willem

    Orakeleze? Ma post dan liewer in Afrikaans sodat ons locals jou oral-kan-lees? 😉

  • 37

    VRYSTAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAT!

  • 38

    Net ‘n herinnering aan alle Ctahs: onthou nou, die finaal is nie more nie, dit is volgende saterdag. 😉

  • 39

    How I learned to mind my own business

    I was walking past the mental hospital the other day.

    All the patients were shouting, ’13….13….13.’

    The fence was too high to see over, but I saw a little gap in the planks, so I looked through to see what was going on…..
    Some crazy idiot poked me in the eye with a stick!

    ….

    …..

    …..

    Then they all started shouting ’14….14….14’…

  • 40

    37 virsekerviraltydVRYSTAAT!

    38 dankie!

  • 41

    36 goeie ene dAAi

Users Online

Total 49 users including 0 member, 49 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm