Na vyf jaar se rugby by die Haaie en vier jaar se Bok rugby het Ruan Pienaar nogsteeds nie in een posisie gespesialiseer nie. Ons het dieselfde gesien met talente spelers soos Brent Russel en Frans Steyn meer onlangs. Hoe se die engelse? A Jack of all trades, but master of none!

Bok afrigter Peter De Villiers glo egter Ruan Pienaar is Suid-Afrika se beste loskakel.

‘Hy is nogsteeds ons nommer een loskakel in die land,’ het De Villiers gese. ‘Ek weet ek het hom op heelagter gespeel in Australie, maar sy hele seisoen is gepla deur beserings, gedurende die S14 en die internasionale seisoen’
‘Hy kort westryd tyd op loskakel en ek wil he hy moet loskakel vir die Haaie in die Curriebeker speel, maar ek weet nie waar hulle hom gaan gebruik nie.’

In Augustus 2008 het De Villiers vir Pienaar gese dat as hy die Bok span wil maak moet hy op skrumskakel spesialiseer. ‘n Paar weke later het De Villiers vir Pienaar benoem as sy enigste spesialis loskakel op die einde van die jaar Europese toer.

Die verwarring duur nou voort met Pienaar wat as reserwe skrumskakel gekies is vir die Haaie se wedstryd teen die Cheetahs.

Loskakel teen die Britse Leeus, heelagter teen Australië en nou skrumskakel teen die Cheetahs.

Dalk is Pienaar se sterkpunt juis dat hy oral in die agterlyn kan speel. Sou hy ‘n Bok beginspan op meriete behaal indien hy spesialiseer?

Op skrumskakel is gaan hy nie sommer vir Fourie du Preez lig nie en De Villiers verkies Ricky Januarie op die bank ten spyte van sy vorm. Dan speel ander skrumskakels soos Jano Vermaak en Rory Kockett ook goeie rugby.

Op loskakel het Morne Steyn sy plek oop gespeel deur uitstekend te vertoon in 2009.
Hy is die Bok wat die vinnigste 100 punte in toetse kon aanteken. Hy het dit in 8 toetse behaal, waarvan hy 3 op die bank begin het.

Op heelagter was Francois Steyn die nommer een keuse in 2009 en Pieter De Villiers het Conrad Jantjies in 2008 verkies voor hy beseer is. De Villiers behoort Jantjies weer te kies sodra hy gesond is. In die Britse Leeus se derde toets het hy weer Kirchner verkies.

Pienaar self het reeds by ‘n vorige geleentheid aangedui dat hy skrumskakel wil speel, maar dit gaan die steilste bult wees om te klim na ‘n Bok beginspan met Fourie du Preez in die saal.

Wat moet Pienaar doen? Dalk is dit juis sy veelsydigheid wat hom in die Bokspan hou.

78 Responses to Wat om met Pienaar te doen?

Users Online

Total 54 users including 0 member, 54 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm