Neels Marais

Die Blou Bulle se afrigter Frans Ludeke het vyf voorspelers op die bank vir Saterdag se Noord/Suid-derby teen die WP in die Kaap gekies.

Ludeke het in Dean Greyling, Bandise Maku en Frik Kirsten ‘n volledige voorry op die bank, met Fudge Mabeta wat later by een van die slotte kan oorneem en Jacques Burger wat op 6, 7 en 8 ‘n impak kan maak.

Ludeke het basies sy span wat teen die Leeus gespeel het onveranderd gelaat, maar op skrumskakel sal Heini Adams begin met Francois Hougaard wat weer op vleuel sal diens doen.

“Francois en Heini weet albei waar hulle staan en afhangend wat in die wedstryd gebeur, kan ons Francois in die laaste gedeelte van die tweede helfte op skrumskakel gebruik.”

Ludeke en die kaptein Derick Kuün was dit eens dat hulle teen die WP baie beter in die lynstane moet vaar as wat die geval verlede naweek in Johannesburg was en daarom het hulle ‘n paar nuwe opsies in dié afdeling van die spel oorweeg.

Kuün sê die Bulle was baie stereotiep in die lynstane “en omrede die Leeus baie van ons baie gesteel het, kon ons selde enige aanvalsbewegings uitvoer.

“Juis daarom het ons na alternatiewe gekyk en die moontlikheid van kort lynstane is ook oorweeg.

“Die belangrikste is egter dat ons vir die volle 80 minute moet speel.

“Teen die Leeus het ons eers wakker geskrik toe ons 0-17 agter was, maar dit kan beslis nie weer die geval wees nie.

Ons moet van die begin af gefokus wees en almal in die kamp weet dit. Elke speler in die span is oorgehaal vir dié kragmeting veral ook omrede ons in 2007 laas op Nuweland gewen het.”

Blou Bulle: Zane Kirchner; Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Francois Hougaard; Burton Francis, Heini Adams; Dewald Potgieter, Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün ©, Jaco Engels. Reserwes: Bandise Maku, Frik Kirsten, Fudge Mabeta, Jacques Burger, Dean Greyling, Francois Brummer, Tiger Mangweni.

49 Responses to Vyf voorspelers op bank teen WP

Users Online

Total 126 users including 0 member, 126 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm