Die toutrekkery oor waar Jaque “Mossie” Fourie sy rugby in die toekoms gaan speel duur voort. Fourie het skaars teruggekeer uit die buiteland en het ‘n appel wat ook vehoor moet word na sy “boor” duikslag op die All Black senter Ma’a Nonu in die Bokke se laaste Drie-Nasies wedstryd.

Fourie behoort teen 29 September te weet waar hy die volgende jaar sy rugby sal speel. Die Bok senter het reeds aangedui dat hy verkies om sy rugby in die Kaap te speel.

Fourie se prokureur, Frikkie Erasmus, het gister aan Beeld bevestig dat daar met die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se regsverteenwoordigers op ’n arbitrasie-proses ooreengekom is.
“Die arbitrasie sal op 28 en 29 September in Johannesburg plaasvind. Schalk Burger SC gaan die arbiter wees,” het Erasmus gesê. “Die kollektiewe ooreenkoms tussen Sareo (Suid-Afrikaanse Rugby-werkgewersorganisasie) en Sarpa (Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging) bepaal dat ’n dispuut tussen ’n unie en speler na arbitrasie verwys sal word.”

Die arbiter se bevinding sal bindend wees.
Die GLRU se president, Kevin de Klerk, sê dat die SARU bevestig het dat Fourie ’n geldige kontrak met die hulle het.
“Ons het sy kontrak na Saru toe gestuur en dit teruggekry met die bevestiging dat dit ’n geldige kontrak is,” het De Klerk gesê.

Erasmus het hierdie uitspraak as “onsinnig” afgemaak, terwyl Saru se bestuurder van regsaangeleenthede, Christo Ferreira, dit ook ontken het.

“Ek het nie ’n kontrak gesien nie. Die Leeus het gesê dat hulle ’n geldige kontrak met Jaque Fourie het en hom nie sal vrystel nie. Saru se regulasies gee hom nie die reg om te beslis of ’n kontrak geldig is of nie,” het Ferreira gesê.

Manie Reyneke het vroeër vandeesweek gese die Leeus sal Dinsdag (gister) met Fourie vergader.
Erasmus het bevestig sy kliënt het nie gister met die GLRU vergader nie. “Hy behoort teen nou te kan bevestig dat die vergadering nie plaasgevind het nie,” het Erasmus gesê.

De Klerk het ’n dwarsklap na die WP gemik en gesê dié saak sal tot die “bitter einde” baklei word.
“Tot ons nie ’n skriftelike aanbod met ’n WP-briefhoof ontvang het nie, kan ons hulle daarvoor takel as daar ’n aanbod is. “Of sodra ons ’n aanbod kry, kan ons vir skadevergoeding eis, want hulle mag nie met hom onderhandel het nie,” sê De Klerk.
“Onderhandeling moes nie plaasgevind het nie. Waar is die etiket tussen provinsies? As dit gebeur het, sal dit ’n baie suur smaak in my mond oor WP laat.”

De Klerk voel die Leeus het al n lang pad saam Fourie gestap en hulle kant gebring.
“Die unie het Jaque grootgemaak en vandat ek (as president) oorgeneem het, het ons moeite gedoen om borge te kry om hom te behou. “Hy is deur die unie en sy spanmaats op die hande gedra. Ek glo Jaque se gesindheid is reg en die Leeus is regtig lief vir hom,” het De Klerk gesê.

Fourie se verhoor teen sy appel behoort Donderdag plaas te vind. Die uitslag sal bepaal of Fourie enigsins Curriebeker rugby sal speel hierdie jaar. Indien die appel misluk, sal Fourie eers weer einde Oktober beskikbaar wees met die Curriebeker finaal.

17 Responses to Tou trekkery duur voort

  • 1

    Watter Jan kroek?

  • 2

    “Die arbitrasie sal op 28 en 29 September in Johannesburg plaasvind. Schalk Burger SC gaan die arbiter wees,” het Erasmus gesê.
    Is this Schalk Burger senior? Wont his loyalty be with WP? Or is this a different Schalk?

  • 3

    Burger sr is n wynboer, nie n regsgeleerde nie….

  • 4

    2@Supa Die Bloubul – Wel, ons weet Schalk Burger Snr is NIE ‘N SENIOR COUNCIL in enige Balie in die land nie, so ek neem aan dit sal wees Adv Schalk Burger SC, nie die oud-Bok nie….

  • 5

    @grootblousmile
    Klink my daar in f@kken baie Schalk Burgers in die land?

    Ek is regtig spyt JF het nie die regte kanale gevolg om by die WP uit te kom nie. Maar nou ja, wie wil dan nou nog vir die Lions speel?

  • 6

    5@KingPaul – Ja, dit is ‘n common naam… soos Koos van der Merwe… of Paul…. hehehehe

  • 7

    Dankie manne, dog nou net die WP is regtig skelm bliksems!! hehe Dalk is die SC nog verwant aan die wynboer Burgers! 😯

  • 8

    6@grootblousmile

    Ja maar sy persoonlikheid maak hom kommin. hehe

  • 9

    @Supa Die Bloubul
    Ten minste het ek ‘n persoonlikhied om an te werk….

    Ek luister nou op die radio na die Visa vereistes vir Suid Afrikaners as hulle die UK wil besoek. Kos so R950 vir ‘n ses maande visa. die grap is dat as jy ‘n Namibier of Botswanw paspoort het, hoef jy nie ‘n visa te he nie. Hulle system word meer vertrou as ons s’n, en dan dink ons ons land is die leiers is Suider Afrika…

  • 10

    En wie lieg regtig nou hier? Lions sê SARU het kontrak goedgekeur, SARU sê hulle het nog nooit eers ‘n kontrak gesien nie??
    En volgende maand as die WP in die CokeBlik moet gaan speel steel hulle weer al die WP ouens se sakgeld en valstande!!

  • 11

    @KingPaul

    Prokurower Frikkie Erasmus is die groot skelm!

  • 12

    Hi folks,

    Who is advising the Lions on this affair? Since when can SARFU verify the validity of a contract?

    Smacks of desperation that…..

  • 13

    @fender

    Still dont understand how WP was able to negotiate with Fourie. You are only allowed to do that 4 months before completion of the contract. He is signed till end of 2010.

  • 14

    Supa, you are basing your negotiation argument on the premise that the current relationship between the Lions and Mossie is based on a valid contract, not so?

    Is that not really what is at the heart of this dipute? In other words, if no contract exists, what weight does a clause relating to negotiation then carry?

  • 15

    @fender
    I would like to know what it is that make the contract non-binding. Lions will have contract all right, but they obviously have done something wrong that makes it non-binding. And who else have the same contract?
    I hope Rose’s contract is binding before Rassie gets any ideas.

  • 16

    14@fender

    Yes their might be some kind of error somewhere in the contract, but I dont doubt they had a contract. Wasnt Mossie playing in the Lions jersey the past few years? Didnt he receive a paycheck from the Lions every month even when injured or away on Bok duty? It certainly sounds to me that he was happy with the contract when it suited him.

  • 17

    Kevin de Klerk has said in open forum’s that the contract is legl and binding and that he / the GLRU will not let JF go.

    It’s almost as if they want to make an example of this case.

    Could turn ugly.

Users Online

Total 48 users including 0 member, 48 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm