Stephen Nell

Dit het alles begin op 14 Mei 2005 met daardie verskriklike nederlaag van 14-75 en sedertdien sukkel Kaapse rugbyspanne om hond haaraf te maak wanneer hulle met ligblou-truie gekonfronteer word.

Die Westelike Provinsie en die Stormers se enigste sukses in hul afgelope 15 kragmetings met die Blou Bulle en die Bulls was drie seges in die Curriebeker-reeks.

Twee daarvan is onder Kobus van der Merwe se afrigting in 2006 behaal, maar selfs toe het die Bulle eindelik die halfeindstryd tussen die spanne met 45-30 gewen.

Verlede jaar het die Streeptruie onder Allister Coetzee met 26-17 op Nuweland gewen, maar nie soos die Bulle die halfeindronde gehaal nie.

Die WP se seges is dus geïsoleerd en het eindelik nie veel gewig gedra nie.

Wat die Stormers betref, was daardie enorme Super12-nederlaag in 2005 die eerste in hul geskiedenis as streekspan teen die Bulls (die WP het in die 1996-reeks wel teen die eertydse Noord-Transvaal verloor) en sedertdien kon hulle nog nie weer die bordjies verhang nie.

Die vraag is nou of die Bulle ’n sielkundige houvas op die WP het. Vanjaar het ’n jong Bulle-span byvoorbeeld die WP met 30-22 op Loftus geklop.

Met Rassie Erasmus se aanstelling as senior professionele afrigter by die WP was daar vanjaar ook ’n nuwe benadering tot die Super14-derby op Loftus.

Die Stormers het Willem de Waal se stewel gebruik om in die wedstryd te bly en die pap daarna in die laaste halfuur dik aangemaak.

Dit het byna vrugte afgewerp, maar die Kapenaars het steeds met 10-14 verloor.

Die kopskuif in die Kapenaars se benadering is te wyte aan die feit dat lugdruk die Bulle se bondgenoot daar is.

“As jy (baie) rugby in die eerste 50 minute teen die Bulls op Loftus speel, gaan jy tweede kom,” het Erasmus ná die Stormers se nederlaag gesê.

“Hulle poog om jou in jou helfte vas te pen en verdedig baie goed. As jy daardie druk kan verwerk, het jy ’n kans in die laaste 20 tot 30 minute.”

Coetzee het dan ook die feit betreur dat die WP “te veel rugby” in die eerste helfte gespeel het toe hulle vroeër in vanjaar se Curriebeker-reeks op Loftus verloor het.

Saterdag is die vername verskille dat die wedstryd op seevlak gespeel word en dat De Waal beseer is.

Coetzee het reeds aangedui dat die WP sy taktiek vir die Nuweland-stryd sal aanpas met Peter Grant op losskakel.

Ofskoon die Bulle baie meer as die WP deur die afwesigheid van Springbok-sterre verswak is, kan ’n sege vir die Kapenaars uiters betekenisvol wees.

Dit kan selfs ’n halfeindstryd op Nuweland help verseker.

Van der Merwe glo nie die Bulle het noodwendig ’n sielkundige houvas op die WP nie.

“Die Bulle het nog altyd die soort rugby gespeel wat dit vir die WP moeilik maak. Hulle speel vir veldgebied en verdedig aggressief.

“Dis wanneer paniek intree en jy sagte drieë afstaan,” sê hy.

Kan die WP dit verwerk en ’n sege behaal?

Ja, volgens Van der Merwe, wat in verlede week se sege van 21-9 oor die Haaie ’n bloudruk vir ’n sege oor die Bulle gesien het.

“Die WP was fisiek by die afbreekpunte en toe hulle die bal gedra het. Jy moet op dieselfde manier teen die Bulle speel,” sê hy.

“As WP posisioneel slim speel en geduld op die verdediging toon, glo ek hy kan dié een deurhak.

“Die slotpaar van Anton van Zyl en Chris Jack het ’n geweldige invloed en die pak behoort die Bulle se gelyke te wees of selfs die oorhand te kry.

“Die WP moet sonder Willem steeds seker maak hulle kom in die Bulle se halfgebied en die bal dáár dra.”

23 Responses to Het die Bulle die WP se nommer??

  • 1

    wp is bulle se bjanne

  • 2

    Luke is die Bulle se beste speler. Hy is soos n rooi vlag voor n Bul. Ek weet dis al afgesaag maar dit werk om die Bul te laat snork, brul en storm. 😆

    Ek gaan braaf pick en Bulle met 10 of meer pick, why not?

  • 3

    @superBul – go big or go home

  • 4

    @smallies72 – 3.
    se ek ook mos, sukkel net om te pick tussen met 14 of 16

  • 5

    Bulls are depleted just like the Sharks at the moment. Both teams have too many players away playing for the Boks. Its going to be tough playing at Newlands.

    Still think it will be a Sharks/Bulls final though 😀

  • 6

    WP should win on Saturday…. if they don’t… well, will they ever win against the Bulls ??

  • 7

    from SARugby

    The scales tipped heavily in WP favor. But i still cant get myself to pick against my team.

    Reading this makes me worry though….

    The game of the weekend sees the north-south hostilities resume with Western Province hosting the Blue Bulls at Newlands on Saturday afternoon.

    Western Province find themselves on top of the table after their outstanding win in Durban last weekend while the Bulls have slipped to third after their defeat at the hands of the Lions in Johannesburg.

    When these two sides met in the first round of fixtures there was big talk of a Western Province upset in Pretoria heading into the game. The old hands would have advised the Western Province fans to adopt a wait and see policy as Province slipped to defeat – albeit a narrow one – at the hands of the Blue Bulls.

    This time round the Western Province optimism is back – and rightfully so. If they can go to Durban and roll the Currie Cup champions then why not follow it up with a home win over the Bulls?

    A feature of the first game was the manner in which the Western Province scrum took it to the Bulls pack – to the surprise of many. Unfortunately for Western Province they’ve lost the imposing scrummaging of Tiaan Liebenberg for this game and his replacement – Deon Fourie – is more reknown for his pace around the park than his prowess at scrum time.

    That said the loss of Liebenberg is the only disruption to a settled Western Province outfit. The players are in form, the combinations are working well and they have what it takes to register a rare win over their rivals from the north.

    The Blue Bulls, on the other hand, come into the match smarting from a defeat at the hands of the Lions last weekend. They were a shadow of the side that won the Super 14 in May and seem to be really missing their Springboks and injured players. Francois Hougaard has been shifted back to the wing to allow for Heini Adams to come in at scrumhalf.

    The old saying goes ‘beware the wounded Springbok’, but seeing as though that saying is out of fashion these days we can apply it to the wounded pride of Frans Ludeke’s men.

    As we move towards the latter stages of the competition it’s these top of the table clashes that will go a long way to determining where the semi-finals will be held. If Western Province can win this one they will put themselves in a great position heading down the home stretch.

    Prediction: Western Province are on a hot streak and I’m going to pump for them even though I’ve been burned in the past for backing them against the Bulls. A tight one – Western Province by 6.

  • 8

    Naand,

    Slegs 3 wenne uit 15?

    Moer dis swak.

  • 9

    Match ups,
    Wicus Blaauw 1 Jaco Engels
    Deon Fourie 2 Derick Kuun
    Brok Harris 3 Werner Kruger
    Chris Jack 4 Flip van der Merwe
    Anton van Zyl 5 Wilhelm Steenkamp
    Francois Louw 6 Deon Stegmann
    Duane Vermeulen 7 Pedrie Wannenburg
    Luke Watson 8 Dewald Potgieter
    Dewald Duvenhage 9 Heini Adams
    Peter Grant 10 Burton Francis
    Gio Aplon 11 Francois Hougaard
    Morgan Newman 12 Stefan Watermeyer
    Juan de Jongh 13 Jaco Pretorius
    Tonderai Chavhanga 14 Gerhard van den Heever
    Joe Pietersen 15 Zane Kirchner
    Hanyani Shimange 16 Bandise Maku
    JD Moller 17 Frik Kirsten
    De Kock Steenkamp 18 Fudge Mabeta
    Pieter Louw 19 Jacques Burger
    Conrad Hoffman 20 Dean Greyling
    Frikkie Welsh 21 Francois Brummer
    JJ Engelbrecht 22 Tiger Mangweni

  • 10

    @superBul – Slipped to 3rd?

    Die Bulle het opgeskiof van 4de na derde!

  • 11

    Bulle WP se nr? Ek weet nie. Maar Rassie het Habana se telnr.

  • 12

    Persoonlik dink ek die WP gaan voorlangs te sterk wees vir die Bulle. Die twee WP slotte gaan ‘n baie groter inpak op die wedstryd he as die Bulls se slotte, en daar is geen twyfel meer dat die WP skrum een van die sterkstes in die CC is nie. Tiaan Lieenberg gaan wel gemis word, maar Deon Fourie is self nie ‘n sleg skrumwerker nie. Die lostrio’s weeg taamlik gelyk op, met WP wat dalk net die stryd om die losbal gaan wen. Die gevaarman vir die Bulle agterlangs is Gerhard van den Heever, maar dan weer het die WP saam met die Sharks die minste driee afgestaan sover in die reeks. As ek die Bulle is sal ek vir Juan de Jongh baie mooi dophou! Verwag ook tenminste een Luke Watson drie…
    Nog interressante nuus, die gemiddelde ouderdom van die WP span is minder as 24,5 is met Chris Jack wat Saterdag 31 word en Anton van Zyl, 29, die twee oumanne in die span. Die voorry se gemiddelde ouderdom is slegs 23!! Kan julle dink hoe goed gaan hulle skrum oor so 5jaar? So maak julle reg vir nog jare se afk@k innie skrums! 😆
    WP met 12+

  • 13

    @K9-MonsterLeeu
    hehehe, Rassie het Jacque Fourie se nommer ook! Net jammer Kevin de Klerk het Jacque se selfoon laat afsit!

  • 14

    I can’t get to grips with the CC. With all the Boks missing doesn’t seem like a real competition. Who can figure the form of these teams with so many key players absent? 🙁

  • 15

    14 @JimT Funny you should say that, apparently Chris Jack can’t stop telling people how good it is.

  • 16

    @JimT – I actually like it – because this becme a REAL stepping stone towards Super 14 level. And i like a guy being phased into the hard life of S14!

  • 17

    Ek sien die stormpies op Keo het is al klaar in die final of het al klaar die Currie Cup gewen. Wil nie lelik wees nie, maar kan ‘n mens regtig spog as jou span teen jong spanne wen (Soos die Bulls en Sharks)?

    WP lyk goed sover, maar gaan hulle nog goed lyk as die Springbokke terug is?

    Wat het van Pote Human (Spelling?) geword?

  • 18

    John Smith and Victor Mattfield both die and enter the Pearly Gates.

    God takes John on a tour of heaven and ends up at a little two-bedroom bungalow with a faded Sharks rugby banner
    hanging from the front porch.

    “This is your house, John,” says God, “You’re very lucky. Most people don’t get their own houses up here, you know.”
    John looks at the house, then turns around and looks at the huge mansion on top of the hill. A massive, multi-storey
    affair with white marble columns, balconies and attractive gardens, Bulls banners line both sides of the footpath and
    a huge Bulls flag hangs between the marble columns.

    “Thanks for the house, God,” says John. “But let me ask you a question. How come I get this little two-bedroom bungalow
    and Victor Mattfield gets a huge mansion with all those marble columns and things.”

    God looks at him seriously for a moment.

    “That’s not Victor’s house,” God says. “That’s my house.”

  • 19

    GBS, Ek mag seker grappe post?

  • 20

    @Blou Baard Pastei – @17
    Dis een rede hoekom meeste van ons WP supporters nie meer daar post nie, maar hier op RT. Kyk, ek glo ‘n ou moet jou span support, en as ek nou al vir jou sê, nee, ons gaan nie die CC wen nie, dan hoef ek mos nie eers die WP span support nie. Ek hoop vir die beste, en dalk, net dalk verras hierdie jong WP span ‘n paar van die groot honde, al is hul Bokke terug!

  • 21

    @KingPaul – Stem saam – en dis net so jong WP spannetjie. En die BB moet onthou – hulle ou manne gaan nie permanent daar wees nie. Hulle kry Bakkies, Vic en FdP en Morne terug. Dis vital plekke – maar na WC gaan meeste van hulle seker klaar wees.
    Die WP span se gemiddeld is iets soos 24. Dis moer jonk.

    By the way, waar is Nick Koster?

  • 22

    Dit is maar persepsie oor die “ou manne” storie. Maar as ‘n ou soos Juan de Jongh die dag voor ‘n groot wedstryd ‘n beseering op doen, sal die ervaring en koel-kop van ‘n “ou man” soos Frikkie Welsh vir jou die verskil tussen wen en verloor wees.

    Nick sal nie hierdie seisoen speel nie. Conrad Jantjies ook nie. JC Kritizinger (jong stut) sal oor so twee weke reg wees. Sireli is nog so 3 weke van oefening af, en Willem is moeilik om te se want dis ‘n nek besering – maar seker nog 2-3 weke.

  • 23

    @KingPaul – 22

    In die kol KP en Ex P

    As mens kyk na daai WP span en die individuele spelers se ouderdomme, en hoe hulle (veral die tight five)sover hierdie jaar perform, het ons goeie rede om stilweg vertroue te hê vir die volgende paar jaar.

Users Online

Total 19 users including 0 member, 19 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm