Volgens Beeld is Gary Botha oppad terug Pretoria toe. Hy kan selfs nog ‘n rol vir die Bulle in die res van die Curriebeker speel.

Botha speel die afgelope twee jaar sy rugby in Engeland by Harlequins rugbyklub. Harlequins was onlangs in die nuus oor die groot “Bloodgate” skandaal waarin hulle geskorste afrigter, Dean Richards, deel was. Deans is uiteindelik vir drie jaar geskors.

Botha het glo ’n klousule in sy kontrak wat sy voortgesette betrokkenheid by die klub koppel aan Dean Richards.

Met Richards weg, het Gary Botha die keuse om die klub te verlaat, en hy is van plan om dit te doen.

Dit is uitstekende nuus vir die Bulle was juis ‘n kwaliteit haker nodig het. Derick Kuun is ‘n paar jaar gelede vanaf flank na haker verskuif maar het nooit die invloed op die Bulle voor, wat Botha destyds gehad het nie. Daar is baie wat meen, Derick moet weer oopkant flank begin speel en dat hy ‘n baljagter is. Chilliboy Rallepelle is ook gereeld op toer saam die Bokke.

Gary Botha is ‘n sterk skrumwerker en die Bulle het dit nodig aangesien hulle voorry die afgelope jaar swaargekry het. ‘n Haker wat sterk skrum maak dit makliker vir die stutte rondom hom waar Werner Kruger vir die Bulle sukkel.

In nog nuus het Ian Schwartz, die Bulle se mediabestuurder, erken dat Jaques-Louis Potgieter moontlik terugkeer na die Bulle toe, maar nog niks is onderteken nie.

172 Responses to Gary Botha dalk weer by Bulle

Users Online

Total 26 users including 0 member, 26 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm