‘n Voorskou van die laaste  wedstryde in die jaar se Curiebeker. My voorspeling van hoe die voorste aanspraakmakers gaan eindig. Soveel kan nog gebeur maar ek voorspel dat die spanne soos volg sal eindig.

1. Sharks

2. WP

3. Blou Bulle

4. Griekwas

1. Sharks

Volgens die Haaie se afrigter, John Plumtree, wil hy soveel moontlik van sy Springbokke inspan, want die tuisveldvoordeel sal deurslaggewend wees in hul strewe om die Curriebeker suksesvol te verdedig.

“Gelukkig is daar ’n paar van hulle wat nie te veel op toer gespeel het nie. Ek dink aan Jannie du Plessis, Ryan Kankowski, Johann Muller, Adi Jacobs en selfs Odwa Ndungane,” sê Plumtree. “Ek dink ek sal John Smit ’n ruskans gee,” het hy geskerts.

Volgens Plumtree was die mikpunt om bo-aan die punteleer te wees as die Bokke hul terugkeer tot die Curriebeker-reeks maak. “Ons wou in ’n posisie wees waar ons lot in ons eie hande is. Ons het dit reggekry en kan ons ons nou sonder drama op die laaste paar weke toespits. Ek dink daar gaan ’n interessante stryd om die vierde plek op die punteleer wees.”

Volgens dié breier kan dit nog baie verander. “Daar is nog 20 punte op die spel en almal se Bokke is nou terug. Dit sal die prentjie verander en ek het heeltemal te veel agting vir die Blou Bulle om te dink hulle sal nie daar wees nie. Daarom wil ek my beste span vir die res van die toernooi kies om seker te maak ons bly bo.”

Oor Pienaar se toetrede in die span was Plumtree aanvanklik versigtig. “Ons kan hom in enige posisie kies, kan ons nie? Waar wil julle hom sien?”

Later het hy effens ontdooi. “Daar is geweldig baie potensiaal in die skakelpaar-kombinasie van Pienaar en Juan Martin Hernan dez. Die probleem is dat Charl McLeod uitstekende rugby speel en Rory Kockott ook vinnig van ’n besering herstel.”

Net een ding kan die Sharks uit eerste plek hou en dit is die Sharks self, dink net aan die jaar se Super 14, hul gebruik van spelers uit posisie en die ou ou storie van “too many cooks spoil the broth”

Sharks speel volgende die Cheetahs(t), Luiperds(t), Leeus(t) en Griekwas(w). Sharks tans op 36 punte, so daar is nog werk maar dan is daar soveel Springbokke wat terugkeer, hulle behoort maklik die nodige punte vir n tuis semi te behaal.

 

2. WP

Slot krisis dreig in WP. Die groot vraag is nou of die WP se slotreserwes tot aan die einde van die CB-reeks gaan hou.

Die Nieu-Seelander Chris Jack het ook nou sy laaste wedstryd vir die WP gespeel, terwyl Andries Bekker nog van ’n skouerbesering herstel en eers vir die kragmeting op 3 Oktober teen die Boland op Nuweland reg sal wees.

Adriaan Fondse het vroeër in die CB-reeks ’n ernstige kniebesering opgedoen en sal eers aanstaande jaar weer kan speel.

Die WP sal dus genoop wees om melkbaard-slotte soos De Kock Steenkamp, George Earle, Martin Muller en Hilton Lobberts vir die wedstryde teen die Luiperds en Griekwas te oorweeg. Die WP pak die Luiperds Vrydagaand in Potchefstroom.

WP het n redelike maklike paar wedstryde wat wag, Luiperds(w), Griekwas(t), Boland(t) en die Leeus(w). Dit sal net n uiterste pesimis wees wat nie 12 punte  voorsien in die volgende 3 wedstryde nie. Al verloor hulle wel n tweede keer teen Griekwas sal hulle bykans verseker wees van die reeds genoemde 12 punte. Ek glo natuurlik dat geen span n piek kan behou deur die seisoen nie en verwag n insinking in die WP se spel. Met die slot-krisis en die feit dat die Cheetahs hul skrum euforie gedemp het sien ek die WP in die semi finaal maar nie verder nie.

 

3. Blou Bulle

Hulle is wel vyfde op die punteleer, maar die Blou Bulle se rugbybreier, Frans Ludeke, is steeds kalm oor die volgende paar weke en sy span se kanse om die Curriebeker langs die Super14-trofee te laat staanmaak.

Die terugkeer van sy groot kanonne ná hul suksesvolle Drienasies-verpligtinge saam met die Springbokke, is waarskynlik die groot rede vir Ludeke se gebrek aan angs.

Die Bulle reis dié naweek Wellington toe en sal hulle kanse om ’n voltal teen die Boland in te oes as redelik goed beskou, veral omdat minstens drie terugkerende Bokke die span sal versterk.

“Wynand Olivier, Gurthrö Steenkamp en Chiliboy Ralepelle sal almal speel. Hulle het reeds vir my teksboodskappe in dié verband gestuur en ons sal hulle graag wil inspan,” het Ludeke gesê nadat sy span met 23-29 teen die Haaie vir hul derde agtereenvolgende nederlaag vasgeval het.

“Ons wou tussen die boonste vier met hulle terugkeer wees. Ek is dus teleurgesteld. Boonop het ons op Loftus verloor, iets waaroor ons baie gesteld is. Maar ek is vol vertroue dat die volgende vier weke ’n goeie maand vir ons kan wees,” sê Ludeke.

Die Bulle se seisoen kan van Saterdag af draai indien hulle n voltal teen die Boland behaal.Bulle se volgende 4 wedstryde is teen Boland(w), Cheetahs(t), Griekwas(t) en Luiperds(w). 10 punte is bykans verseker en baie waarskynlik 14 as Griekwas nie die opskuding van die jaar veroorsaak nie. Dan ook hoop die Bulle om met sy volle mag teen die Cheetahs te wen. Bulle het tans 27 punte op die leer en benodig n minimum van 42. Cheetahs wedstryd is dus n maak of breek wedstryd.

Wel vir die Bulle is dit eenvoudig, geen wedstryd kan meer verloor word nie, en nog meer moet die stoterende seisoen nou vinnig momentum kry. So ek voorspel dat die Bulle Saterdag hul seisoen gaan begin en opwaarts momentum bereik tot n piek in die finaal.

n Brawe stelling maar dit is hoe ek die Bulle beleef het die laaste paar seisoene.

 

4. Griekwas/Cheetahs/Leeus

Sjoe soveel permutasies hier, my keuse Griekwas

Griekwas

Speel volgende die Leeus, wen hulle is die Leeus bykans verseker uit , verloor Griekwas en kry n bonuspunt(35) of twee(36) dan is hulle nog veilig tot die volgende week. Maar dan begin hul moeilikste deel, WP (w),Bulle(w),Sharks(t), n bonuspunt in enige van die wegwedstryde sal soos goud wees. Ek glo hul laaste hoop, is n desperate poging teen die oorgeruste Shark span op Kimberly. Die beste wat ek vir hulle kan sien is 36 liga punte

 

Cheetahs

Speel volgende die Sharks(w), Bulle(w), Luiperde(t) en Boland(w). Met 10 punte wat wag in die laaste 2 wedstryde , wat die Cheetahs van  39 liga punte verseker benodig hulle nog minstens 5 punte. Ek voel dat hulle dit teen die Sharks moet kry want teen die Bulle op volle sterkte op n volgepakte Loftus, om hul 8ste agtereenvolgende wen te behaal, ek dink dit is een te ver. Hoekom ek die Sharks as n beter kans sien. Wel die Bokke sluit laat die week aan en die Cheetahs speel altyd goed teen hulle. Cheetahs moet op n manier meer as 42 liga punte kry, as daar een span is wat kan is dit hulle. Indien hulle natuurlik die Bulle wen gaan dit die Bulle bykans verseker elimineer.

 

Leeus

Speel volgende die Griekwas(w) , Boland(t), Sharks(w) en WP(w), verseker die moeilikste paadtjie na die uitspeel wedstryde. Tans op 26 punte en n verwagte minimum van 42 wat benodig word, dus moet hulle 16 punte insamel. Hoe? 4 wenne, 3 wenne en n bonuspunt, n bykans onmoontlike taak. Wat hul wel kan doen is n paar kaarte omkrap. 

20 Responses to Curriebeker pylvak

  • 1

    Lyk soos die Sharks (tuis) vs Griekwas, en die WP (tuis) teen die Bulle.
    En dan n Sharks/Bulle finaal in Durban…..

  • 2

    @Pietman
    Sorry, nie Griekwas nie, ek bedoel Sharks (tuis) vs Cheetahs.

  • 3

    Bulle se seisoen sal vrek vinnig moet momentum kry. Hoe Frans die Bokke vinnig gaan inbring gaan die groot trick wees.
    Teen Boland kan byna almal nog rus maar daarna sal hulle die eenheid en samespel vinnig moet opbou.

    WO, Gurthro en Danie kan beslis reeds teen Boland help. Dit behoort genoeg vuur te verskaf. Maar ons het ons skakelpaar nodig teen die Cheetahs en natuurlik het ons dringend n kaptein nodig.

  • 4

    I see those 2 klipgooiers, Skoppie and Trans had some choice words to say about me yesterday on their bastion of rugby knowledge site.
    Well at least we are giving them something to talk about!!

  • 5

    4@tight head – They did ?

    I don’t go there anymore…..

  • 6

    Die Bulle het dalk ‘n beter kans om die O21 titel te wen.

  • 7

    Nou ja, nie lekker as bul se kind so verloor nie, maar ons vat dit op die kinnebak en gaan aan.

    Ek het geweet ons gaan sukkel sonder ons bokke, maar daar is ook ‘n faktor of twee wat ons nie moet vergeet nie:

    As Bulle bv die loting gehad het van die Kwasse, dan het ons nou reeds tee LP en Bol gewen, en het ons met omtrent 34/35 punte op die log gelê. Met die Bokke wat dan terugkom, sou die laaste 4 wedstryde gesorg het dat ons ‘n tuissemi kry. Maar, ons het ‘n rowwe loting gekry, en die jongspan moes 7 van die 8 wedstryde teen die sterker spannne speel sonder hul bokke. Van daardie 7 het hul 2 gewen, en in 4 van die verloorwedstryde darem bonuspunte gekry. Laasgenoemde kan dalk die verskil maak op die einde.

    Natuurlik het ek ook meer van die jong bulle verwag, maar behalwe vir die Sharks, het ons teen die ander provinsie se beste spanne gespeel, en nie een keer was ons jongmanne verneder nie. Die verste wat hul verloor het, was met 9 punte teen Ctahs, en die ander kere was dit bonuspunte.

    Hopelik het die jongmanne goeie ervaring opgedoen vir die toekoms.

    Nou sal ons moet sien watter impak die terugkerende bokke gaan maak, en of hul nog genoeg kragte en motivering het om ook in die CB hul stempel af te druk.

    Indien die Kwasse verras deur ‘n wedstryd of twee onverwags te wen, kan die wedstryd tussen BB en Ctahs oor twee weke, deurslaggewend wees vir wie in die semi’s gaan wees.

    SA het ‘n wonderlike rugbyjaar gehad tot dusver:
    7’s kampioene
    S14 kampioene
    BIL toer gewen
    3N kampioene
    AB’s drie keer in ‘n ry gewen
    Bokke is nr.1 in die wêreld

    Nou hoop ek die res van die CB (en die jaareinde toer) gaan netso goed afloop.

  • 8

    Sharks
    WP
    Bulle
    Cheetahs

    WP kan nog eerste eindig as die Haaie iewers glip teen die Cheetahs of Leeus. Net so kan die Cheetahs derde eindig as hulle die Bulle op Loftus klap.

  • 9

    Cheetahs will pip Griquas to the line imo.

  • 10

    Dink ook nie Kwasse gaan dit maak nie. Hulle en Leeus het ‘n baie styl bult om te klim. Maar, dalk sien ons ‘n paar verrassings. Sharks en WP behoort te veg vir 1 en 2, en Bulle en Ctahs vir 3 en 4.

  • 11

    Niemand om te gesels hier nie, is almal terug keo toe ? 😉

  • 12

    @bdb – Bwaahahahaha ja kan mens vra?

    Men ssou dink na so ‘n awesome wen in die 3N die mense almal hier sou gechat het

  • 13

    Cheetahs will be in the semi’s after they thrash the Tjarks this weekend.

    [I hope]

  • 14

    12@Tripples – eintlik nie goed dat CB en 3N so saamloop nie, ‘n mens se gedagtes is te verdeeld. Dink die S14, 3N en CB moet korter gemaak word, sodat aldrie in ‘n ry kan plaasvind:

    Feb-Mei S14
    Apr-Jun 3N
    Jul-Okt CB

    Almal, krag teen krag !

    Maar wie is ou bdb nou, wie gaan na my luister …

  • 15

    @Loosehead – ja dink eerder die cheaters voor die kwas en die leeus…..gaan wees (dink ek)

    Sharks
    WP
    Bulls
    Cheetahs

  • 16

    @bdb – #14

    Yip dink ook so, dis asof die cc nou eers begin, want die Bulle ne die Sharks moes net gou die 3N gaan wen 😆 nou kanhulle weer hulle aandag op die cc fokus

  • 17

    Die vrae wat nou beantwoord moet word in die volgende weke:

    1. Gaan die Sharks, nou dat hul in so sterk posisie is (soos baiemaal in die verlede) begin choke ?

    2. Is daar lewe na Jack in die Kaap, en hoe gaan die terugkeer van Januarie die span demotiveer ?

    3. Is Habana nog honger om vir die BB die CB te help wen ?

    4. Kan die Kwasse vir ‘n paar opskuddings sorg, en die semi’s haal hierdie jaar ?

    5. Kan die vrystaat twee saterdae agter mekaar die Sharks en Bulle met hul bokke klop ?

    6. Die Leeus, ai, nie net wil JF nie meer vir hul speel nie, nou kan hy ook nie !

    7. Is dit nou Caster of Casper ? 😉

  • 18

    Its Caster. Otherwise it is ‘laster’…

  • 19

    17@bdb
    1] History always repeats itself. Choke choke
    2]No and the CC is not won by Januarie, normally by October
    3]Lets hope that Habs remains a professional
    4]Game over for the Griqua’s
    5]Will the starting Boks be allowed to play? I think that they will be rested.
    6] See 4] but substitute Lions for Griqua’s
    7] Hoe sal Caster De Vries lyk?

  • 20

    The people who handled the Semenya issue, before, during and after she took gold in Germany, should be kicked in the nuts, several times…

    What a shameful situation… what an embarrassment… not only because of the International shame this carries, but also for the damage done to a young person…

    Now they’re screaming about “Gender Equality”, about racism, about politics…. they should have done their WORK IN THE FIRST FARKING PLACE !!

    I get so irritated…. damn !!

Users Online

Total 33 users including 0 member, 33 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm