Waarom kry die Boland-rugbyspan dit so dikwels reg om die Westelike Provinsie te ontsenu?

Kyk ’n mens na die spanlyste voor elke Curriebeker-derby tussen dié buurspanne – en vandag s’n hier in die Boland-stadion is dieselfde ou storie – kan jy niks anders nie as ’n groot sege vir die Streeptruie voorspel.

“Ek dink nie dis enigiets sielkundig nie. Verlede jaar het spanne gesukkel om op Boland se tuisveld bonuspunte te kry weens die toestand van die veld en manier waarop hulle speel,” verduidelik die WP se kaptein, Puke Watson.

“Boland verdien baie krediet daarvoor. Hulle het die vermoë om jou te ontwrig, want hulle speel nie op die gewone gestruktureerde manier nie.

“Daar is in die wedstryde tussen die WP en Boland groter klem daarop omdat ons bure is en almal mekaar ken. Dis daarom meer mededingend.”

Verlede jaar het die Kavaliers die WP ’n kritieke bonuspuntdrie in Wellington ontsê.

In 2007 was dit ’n nederlaag in die Boland-stadion wat die afdanking van Kobus van der Merwe (Uncle Fester) as WP-breier tot gevolg gehad het.

So wat kan ons dan in 2009 verwag? Sekerlik ’n klinkende WP-sege as jy die spanne op papier opweeg.

Die WP het nou ’n pak wat kan oorheers en behoort daarom stelselmatig die lewe uit die Kavaliers te wurg.

Allister Coetzee, afrigter van die WP, moes vandeesweek ’n slotpaar uit Adriaan Fondse, Chris Jack en Anton van Zyl kies.

Boonop kon hy sy neus vir die Springbok-skrumskakel Ricky Januarie(aka The Mechanic) optrek omdat hy “eers Dinsdag” oor sy beskikbaarheid ingelig is.

Wat sou die Boland se breier, Deon Davids, nie doen om sulke probleme te hê nie?

Die veld lyk beter as verlede jaar se moeras, maar die winterweer het wel ’n effense tol geëis.

“Die veld gaan sag wees en dit beteken ons gaan baie goed in die vaste fasette en by die afbreekpunte moet wees. Dit sal later in die wedstryd moeilik raak om die bal met dieselfde spoed en intensiteit wyd te speel,” het Davids aan Marco Botha gesê.

“Janro van Niekerk en Jacobie Adriaanse is albei baie goeie stutte. Om die WP se pak aan te vat, gaan egter ’n poging van al agt voorspelers verg.

“Ons weet die WP is tot dusver baie gevaarlik in dié faset en daarom is dit nóg belangriker dat elke voorspeler vir die man langs hom speel.”

Daar is in die onlangse verlede al genoeg vasgeval om nie sulke foute te maak nie. En dis dan seker ’n goeie rede waarom die WP vandag die oorweldigende gunsteling is.

Die spanne is:
Boland: Justin Peach, Deon Scholtz, Hein Myburgh, Lionel Cornelius, Ernie Kruger, Elgar Watts, Marnus Hugo, Junior Bester, Carel Hoffman, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis (k), Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Harry Vermaas, Jané du Toit, Frikkie Spies, André du Toit, Danie van der Merwe, Mark Harris, Llewellyn Adonis.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Adriaan Fondse, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Moller, Anton van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Paul Bosch, J.J. Engelbrecht.

Skeidsregter: Marius Jonker.
Assistent-skeidsregters: Luke Burger, Reuben Rossouw.
TV-skeidsregter: JC Fortuin.
Verwagte toestande: Gedeeltelik bewolk, ligte suidooster, 20º C.

KingPaul

48 Responses to WP teen Boland-sonde met die bure

Users Online

Total 17 users including 0 member, 17 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm