Inhoud deur  STEPHEN NELL, Die Burger

Schalk Burger en Adi Jacobs sal moet baklei om hul plekke in die Springbokke se beginspan te herwin.

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het gister gesê hef aan lê voor vir die ysterflank Burger en vlugvoetige senter Jacobs om die uitsoek-vyftiental weer te haal ná die goeie spel van Heinrich Brüssow en Jaque Fourie die laaste weke.

Brüssow het die geskorste Burger se skoene met groot welslae teen die All Blacks vol gestaan, terwyl Fourie met ewe veel sukses die beseerde Jacobs se plek in die Bokke se middelveld teen die Nieu-Seelanders geneem het.

De Villiers het bevestig dat die magsbalans van Bok-rugby versteur is.

“Daar lê vir die manne wat voorheen daar was, ’n groot uitdaging voor,” het hy gesê toe hy oor Brüssow se impak uitgevra is.

“Selfs ’n ou soos Adrian Jacobs, wat voorheen voor in die ry was, gaan nou sukkel om sy plek terug te kry. Dis goed om te weet ons tweede linie kan nét so goed vaar wanneer hulle die verantwoordelikheid gegee word,” sê De Villiers oor sy eerstekeuse-spelers wat die toetse teen die All Blacks misgeloop het.

Die veelsydige Bok-agterspeler Ruan Pienaar is ook weer reg nadat hy die naweek se sege van 31-19 oor Nieu-Seeland in Durban weens ’n enkelbesering misgeloop het.

Dis egter moeilik om te sien hoe Morné Steyn as losskakel gepos kan word ná sy punterekord teen die Kiwi’s.

Burger het sy Bok-spanmaats gister gehelp met ’n afrigtingskliniek wat die Springbokke in die Boland-stadion in Wellington gehou het.

Sy skorsing verstryk op 22 Augustus en hy sal vir Suid-Afrika se oorsese Drienasies-wedstryde teen Australië en Nieu-Seeland beskikbaar wees.

Maar Brüssow het in Burger se afwesigheid besonder goed gevaar teen die Britse en Ierse Leeus én teen die All Blacks se kaptein, Richie McCaw, sy man gestaan.

Fourie het ook die laaste weke sy waarde onderstreep. Hy het ’n kritieke drie in Suid-Afrika se terugvegpoging in die tweede toets teen die Leeus gedruk, en het Saterdag teen die All Blacks sterk vertoon.

De Villiers het ook bevestig daar is geen beserings in die Bok-kamp nie ná die sege oor die All Blacks.

Dit is goeie nuus vir die Bokke, wat beswaarlik vir ’n beter begin tot hul Drienasies-veldtog kon gevra het as die twee tuisseges oor Nieu-Seeland.

Maar die Wallabies sal Saterdag op Nuweland ’n nuwe uitdaging bied.

“Hulle is baie meer gestruktureerd en hou jou langer besig. Daar word langer deur fases gespeel en hulle dwing jou om onkant te gaan. Hulle het ook goeie skoppers,” sê die Bok-breier.

“Dit sal anders wees as teen die All Blacks, maar ons sal konsentreer op wat ons goed doen.”

Die Wallabies sal sonder twyfel ook beter in die lynstane vaar teen die Bokke as wat die All Blacks vertoon het.

“Hulle skenk meer aandag aan detail in die lynstane, maar is meer negatief as die All Blacks in die skrums. As Australië nie daar die oorhand kry nie, sal hulle grond toe gaan in ’n poging om ’n strafskop te melk.”

De Villiers het bygevoeg dat die Bulls-losskakel Steyn nog heelwat beter kan speel, ondanks sy puik poging teen die All Blacks.

“Morné kan sy lyn vinniger wegkry en meer spasie skep.

“Hy het ’n briljante skopvoet, maar is nog nie ’n volmaakte speler nie. Daar is nog ruimte vir verbetering.”

De Villiers voel ook só oor die Bok-span se vertoning in sy geheel, maar kla nie oor wat die Bokke tans onder sy leiding vermag nie.

“Ons streef na perfeksionisme en goeie besluitneming.

“Die doelwit is om te wen – solank ons dít goed genoeg doen, is dit heeltemal aanvaarbaar,” sê hy.

Isigidi sê Schalla het Mount Everest om te klim en Adi is nou amptelik ook ‘n Putco mechanic.

19 Responses to Schalk, Adi voor uitdaging

  • 1

    Is geneig om met Isigidi saam te stem….

  • 2

    Adi is nou amptelik ook ‘n Putco mechanic

    say what?

    😆

  • 3

    Hehehe

  • 4

    Adi/Jean
    Morne/Ruaan
    Brussouw/Schalla

    Moeilike besluite.
    Ek se speel hulle almal.

    Jean kan instaan vir vleuel, Ruaan vir scrummie.
    Drop vir Januarie en Langbek om plek te maak op die bank.

  • 5

    wie is langbek?

  • 6

    #5 O seker bekker hehehehe, ek is ok maar staaaaaaaaaaaaadig vandag hehehehe

  • 7

    5 – EEE,

    Andries Bekker……… Hennie Bekker se farktup seuntjie !

  • 8

    5

    Hy is die nuwe generasie Victor Matfield

    Langer, vinniger, groter

    Speel net so goed in die agterlyn, maar hy kan score, in plaas van skoppies in die opposisie se hande gee

    🙂

  • 9

    Kan nie verstaan dat snor vir Bakkies afhaal en dan Bekker opsit……hy speel meer soos Vic as Bakkies

  • 10

    8 – SAB,

    Hy kannie eers Vic se skoene vasmaak nie, wat nog van hom replace….

    Soort van ‘n Poor-man’s wannabe Victor…

    Die Bulls slotfabriek sal maar nog ene moet ontwikkel wat by Victor gaan oorneem eendag.

  • 11

    #8 ag toe nou….dit was net eenkeer 😆

    Bekker het nog veeeeeeeer om te gaan om naby Matfield te kom

  • 12

    dink in elk geval Fondse is waaaaaay beter as Bekker….seker omdat die Bulle hom opgelei het 😆

  • 13

    #10 ‘n Stormer se wannabe Victor 😆

  • 14

    Stem egter saam met SAB, daai skoppies van Vic is nou wraggies nie sy beste wapen nie….hy het dit nou al n paar keer probeer, weet nie hoekom nie.
    Lyk my hy het by Lukas Kotze aangesteek…..hy skop mos graag sulke ou kuk grubbertjies.

  • 15

    14

    Dankie Pietman. Jou wysheid slaan hier deur!

    🙂

  • 16

    #14 stem ook saam met die skoppies maar wraggies, bekker is nie naby Big Vic nie

  • 17

    Maar dan is daar tog mense, soos BDB wat n Bul is, wat dink Bekker moet in Bakkies se plek speel!
    et julle al sulke nonsens gehoor/
    Hy het dit so pas weer gese op keo, op die Pienaar thread.

  • 18

    #17 Weird……hoe kan hy beter as Bakkies geag word? nee man, BDB rook alweer sy weatbix

  • 19

    Van has a petrol station in Pofadder and was trying to increase his sales.

    So he put up a sign that read, “Free S€x With Every Fill-Up.”

    Soon Koos pulled in, filled his tank and asked for his free s€x. Van told him to pick a number from 1 to 10. If he guessed correctly he would get his free s€x. Koos guessed 8 and Van said, “You were close. The number was 7. Sorry. No s€x this time.”

    A week later, Koos along with his buddy Frikkie pulled in for another fill-up. Again he asked for his free s€x. Van asked him to guess the correct number. He guessed 2 this time. Van said, “Sorry, it was 3. Close, but no free s€x this time.”

    As they were driving away, Koos said to Frikkie, “I think that’s a scam and he doesn’t really give away free s€x.”

    Frikkie replied, “Nooooit man, it’s not rigged. My wife won twice last week.”

Users Online

Total 18 users including 0 member, 18 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm