Stirling Mortlock, Australië se kaptein, moet vanweë ‘n kniebesering uit die res van die jaar se Dreinasieswedstryde uittree.

Mortlock (32) het sy knie tydens die afgelope naweek se wedstryd teen Suid-Afrika in Kaapstad beseer.

Dit is Dinsdag bekend gemaak dat hy sy kraakbeenweefsel ernstig beseer het en dat hy Woensdag geopereer sal word. Mortlock sal ná die operasie vir minstens ses weke nie op die veld kan draf nie.

Daar word verwag dat Peter Kimlin ook vir minstens ses weke buite aksie sal wees, ná hy die senuwee in sy skouer beseer het tydens ‘n onlangse toer deur Europa.

Mortlock en Kimlin se beserings het Australië aangespoor om vir Mark Chisholm en die Waratahs se agterspeler, Kurtley Beale, by die span aan te sluit vóór volgende week se wedstryd teen Nieu-Seeland

4 Responses to Mortlock op krukkelys

Users Online

Total 19 users including 0 member, 19 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm