Waarom dit beter is om 'n man te wees

My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders laat bad  en in die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy Discovery in vrede  te kyk.  Besluit dat dit vir die volgende uur  “my-tyd” is en  dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet  aanpak anders lyk ek soos 'n bosbobbejaan en kan ek nie die naweek swem  nie.
 
 Gryp toe die boks "koue waks" en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met  waks in die middel - amper soos 'n toebroodjie, wat jy dan warm vryf,  oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af  (en skree natuurlik soos 'n maer vark) "no mess,  no fuss".  Ek glo ek verstaan die instruksies en dit is mos darem deur 'n vrou uitgevind en  baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op 'n daaglikse basis, so ek sal  dit sommer tjop tjop onder die knie kry. (Yea, raaite.)
 
 Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg  kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie.  Natuurlik!  Die haardroer!  Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar  raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is...  Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af,  plak die slymerige,  taaierige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my  tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op  myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res  die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is.  Ek het die prosedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.
 
 Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie.  Ja  man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die  boude en die res wat dril soos rofies in die army,  jy verstaan?  Maak  toe die spieël staan op die toilet, staan in my Eva's gewaad voor die  spieël en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan bykom.  Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland, al op  die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in 'n bikini gesien sal word  nie). Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde aan my kwas nie! Wat  sal die mense se en hoe kyk ek die dominee daarna in die oë. Ek staal myself, vat die strokie styf vas en ruk.
  
 Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis hond seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek.  Foooooook. Daar sit die res dan nog.  Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!!  Ek doen  die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons  onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te  sien of ek darem al die hare gekry het.
 
 Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Neeeeeee …  Geen hare, geen waks! Nou waar  de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos 'n volstruis wat sy kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die waks strokie te sit. Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar,  want daar, op my mees privaatste plekkie- kie, waar ek nie mooi kan bykom nie, daar sit die waks. Sonder om te dink haal ek my voet van die bad se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek vloek soos 'n matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my kwas en wangetjies mekaar omhels. Jip, daar staan ek toe, toegeplak van  Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone. Hoe nou gemaak? Ek loop soos 'n Pikkewyn op en af voor die wasbak  terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou 'n illegal  occupant moet evict nie, want anders sal die kompressie waarlik my kop laat bars. Dink Lolla, dink! Ek kry 'n blink plan, gryp die haardroër  en begin blaas. My oë traan van die blow wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien  moes ek langer uitgehou het, maar 'n mens kan ook net soveel warm wind  DAAR  hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water?
 
 Ek probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in  die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe  maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers  die gevangenis op Robin Eiland so gemartel is nie. Wel, die enigste  ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates  wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad  vassit terwyl jy so rooi soos 'n kreef verkleur en jou brein vir jou bly  skree "STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK". Ek leer  toe op  die harde manier dat warm water nie "koue waks" smelt nie. Back to  square  1.
 
 Ek loer om die badkamer deur (wil nie he manlief moet my so sien nie)  en waggel dan  kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel.  Raait,  wie bel ek nou? My ma stoot wolke rond, my tante het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor  nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark.  Anyway, wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en  wonderful goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord  en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar  stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so  effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte..... steeds stilte. Ek  begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy  lag so dat sy nie met my kan praat nie.   Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan  haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat se die boks? wil sy  weet.   Wat se die boks?  Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in 'n virgin te  verander nie. Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is  'n  botteltjie olietjies om die "ekstra waks" mee te verwyder. Ek wil sommer my eie  gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma  gebel  het nie,want nou gaan die hele familie weer die storie van Lolla se  toegeplakte kwas hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor  nie .


 Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en  smeer  liberaal van die “olie" aan.  My oë traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my kwas is dood,   letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!!
 
 Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind  you, my lewe hang  daarvan af.  My bene voel soos jellie, my hart klop  asof  ek sopas 'n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is  steeds  daar.....    Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en  skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie,  want  op  hierdie stadium is my kwas en omliggende dele so dood dat ek my eie  been  sal afsny sonder om dit te voel.
 
 Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk  aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin.
 
 Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare  te sit?
 
 I THINK NOT!

6 Responses to Lag maar saam.

  • 1

    Manjan!

  • 2

    Ja jong, ons girl Janne het dit maar tough!!!!

  • 3

    Jannette !

  • 4

    A young man graduated from University of Arkansas with a degree in journalism. His first assignment for the newspaper who hired him was to write a human-interest story. Being from Arkansas, he went back to the country to do his research. He went to an old farmer’s house way back in the hills, introduced himself to the farmer and proceeded to explain to him why he was there. The young man asked, “Has anything ever happened around here that made you happy?” The farmer thought for a minute and said, “Yep! One time one of my neighbour’s sheep got lost. We formed a posse and found it. We all screwed it and took it back home.” “I can’t print that!” the young man exclaimed. “Can you think of anything else that happened that made you or a lot of other people happy?” After another moment, the farmer said, “Yeah, one time my neighbour’s daughter, a good looking girl, got lost. We formed a big posse that time and found her. After we all screwed her, we took her back home.” Again, the young man said, “I cannot print that either. Has anything ever happened around here that made you sad?” The old farmer dropped his head as if he were ashamed and after a few seconds looked up timidly at the young man and said, “Well, one time I got lost…”

  • 5

    Arm, Armder, Moer-arm

    Nou ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies Gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool.

    My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. “Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?”

    Maar natuurlik – Boere maak ‘n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma.

    Laat dit toe effens afkoel en sit dit in ‘n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie “verblyk” was.

    Ek was die enigste kind met ‘n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies Gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!

    So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen.

    Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos ‘n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink ongelooflik – suurhol se moses! Ek’t nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie.

    Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in ‘n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar borste. Ek kon nie glo dat sy soos ‘n beeld lyk nie.

    Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons stink faaktap.

    Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag.

    Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis ‘n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.

    Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.

    Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie…

    Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!

  • 6

    @trupisero – Bwaaaaahahahahaha

Users Online

Total 28 users including 0 member, 28 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm