LOUIS DE VILLIERS
KAAPSTAD

Die Britse en Ierse Leeus het dalk die weg gewys na ’n meer gebalanseerde spelpatroon iewers tussen aanvalle met die bal in die hand en taktiese skopwerk, maar moenie môre Boland-stadion toe gaan as u eensklaps lus kry vir ’n fees van hardlooprugby nie.

Dié kan ’n mens tussen die lyne lees as jy met die agterlyn-afrigter van die Westelike Provinsie, Robbie Fleck, gesels.

Fleck, in sy speeldae een van die dodelikste aanvallers en vroeër as hulpbreier by die Ikeys bekend om die vrye teuels wat hy sy agterlyn gegee het, erken die spel is nou gewis een van voet inlê.

“Die nuwe reëls het dit in ‘n mate teweeggebring,” sê hy, “maar verdedigingspatrone het gevolglik ook die afgelope twee seisoene soveel beter geword dat taktiese skopwerk die sleutel tot sukses is. Ek en jy en die toeskouers wil dalk meer aanvallende rugby sien, maar ons sal ’n ruk moet wag.”

Fleck glo nie die skopwerk gaan vir ewig die toon van rugby bepaal nie. “Die een of ander tyd sal die een of ander afrigter ’n nuwe manier bedink om die verdedigings te fnuik en dan sal die mode weer andersom wees. Die spel ontwikkel nou maar so.

“Ek dink tog die Leeus het op hul toer deur Suid-Afrika naderhand ’n goeie balans getref tussen taktiese skopwerk en aanvalle.

“Die Springbok-verdediging is van die mees gedugte wat jy kan kry en hulle kon soms hier verby.

“Maar die Springbokke en die Blou Bulle gee tans die toon aan en die res van ons probeer eerlikwaar nog om in te haal.

“Al spanne wat rêrig nog die ou styl van hardlooprugby speel, is die Nieu-Seelanders. Al is die nuwe reëls ook grotendeels daarmee heen, bly die sleutel vir eers hoe jy speel vir posisie en hoe jy jou teenstanders se vaste fasette aanval.”

Fleck sê die WP het vandeesweek ekstra aandag aan sy taktiese skopwerk gegee.

“Ek koop heeltemal hierby in.

“Ek kon as speler nie skop om my lewe te red nie – toe ek dié week met ’n oefening iets beduie het, skop ek dit toe ook direk uit! – maar dit gaan harde werk en geduld vat voordat ’n nuwe balans bepaal word.

“Chean Roux (Maties-afrigter) het my gesê die veld op Wellington is bitter swaar ná die week se reën en dié wedstryd sal voorlangs beslis word. Dit sal dom wees om te loop en voorspel van vier drieë druk en dies meer.

“Die weer was ons nie vanjaar besonder goedgesind nie,” sê Fleck.

13 Responses to Fleck: min drieë op nat veld

  • 1

    Skoppende balletjanne!

  • 2

    Fleck kan met gesag praat oor driee op Wellington!
    Kyk gerus weer sy ‘drie’ teen Natal, waar Deon Keyser hom uit die bal uit tekkel, op YouTube 🙂

  • 3

    @Pietman

    Het jy die link? Daai was snaaks!

  • 4

    Robbie Fleck en Deon Kayser:

  • 5

    @Supa Die Bloubul

    Ja, snaakse een daai.
    Wonder hoekom WP/Natal op Wellington gespeel het?

    Praat later, ek moet hol vir die bus, vrou sleep my eilamde toe vandag.
    Loer later in, maar dit gaan lekker hier, lekker ‘skoon’ vriendelike blog.
    Tjeers.

  • 6

    @Pietman – 5
    Pietman, dit was in ‘n Super 12 game. Daai dae toe Boland nog deel van die Stormers was en hule dus geregtig was op een game op hul tuisveld.

    Supa
    Ek kom al hoe meer agter jy is ‘n closset WP supporter. Ek dog nog ek gaan bietjie loer wat ek kan post oor die WP, toe het jy my klaar voorgespring! 😈

  • 7

    6@KingPaul

    Julle moet julle minds opmaak asb! As ek blou bul artikels post – is ek eenogig. As ek WP artikels plaas – is ek n WP closet supporter!!!! 🙄

  • 8

    @Supa Die Bloubul – Mens kan nooit ‘n province supporter please nie Supa!!! 😆

  • 9

    @Supa Die Bloubul – 7
    Ek weet, ek weet. Dis erg om ‘n closet WP supporter te wees.

  • 10

    8@Tripples

    Stem Tripples. Ek verkies eerder die doodstraf. MAar al hoe meer mense besef dit. Kyk net vir Pietman, hoe vinnig het hy dit besef.

    Kingpaul is volgende, watch maar. Hyt selfs n blou bul stoel. Ernstig.

  • 11

    10@Supa Die Bloubul – en dan noemhulle jou ‘n closet wp supporter 😆

  • 12

    @Supa Die Bloubul – 10
    Jou hoeveelkeer al gevra? Is dit my skuld dat BlouBul blou en babablou een en dieselfde kleur is?

  • 13

    @KingPaul

    Niemand se jy moet aanhou blou bul goed koop nie!!! Jy doen dit uit vrye wil ou bul.

Users Online

Total 26 users including 0 member, 26 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm