KAAPSTAD

As Juan de Jongh in sy handjievol wedstryde vir die Westelike Provinsie reeds iets bewys het, is dit dat daar lewe ná Jean de Villiers sal wees.

Die 20-jarige produk van die WP se rugby-instituut op Stellenbosch meet Saterdag met ou vriende kragte wanneer die Streeptruie en Boland in ’n Curriebeker-wedstryd in Wellington slaags raak.

De Jongh is in Wellington gebore en het langs die Boland-sta?dion skoolgegaan. Hy sal daarom weet presies hoeveel passie betrokke gaan wees.

“Ek het vir die Boland Cravenweek-rugby gespeel en was by die Hugenote Hoërskool. Ek weet wat om te verwag en sien baie uit na die naweek. ’n Ou soos Deon Scholtz is ’n vinnige mannetjie, maar ek sal my bes probeer,” sê De Jongh.

De Jongh het verlede Vrydag in Kimberley ’n goeie wedstryd teen Griekwas gehad en hoop om die WP se nr.13-trui syne te maak. Dat Jaque Fourie waarskynlik aanstaande jaar vir die Stormers gaan speel, pla hom glad nie. Inteendeel, hy sal dit geniet om by die Bok-middelveldster te leer.

“Ek het gehoor Jaque Fourie kom Kaap toe, maar dis nie vir my ’n terugslag nie. Ek is nog net 20 en het baie om te leer. Ek sal my beste gee om die nr.13-trui te vat en hy (Fourie) kan dalk selfs vleuel speel,” sê De Jongh.

“Ek speel al sedert my skooldae buitesenter, maar het vir die SA Skole se B-span binnesenter gespeel en kan ook die skuif maak as dit nodig is.”

De Jongh weeg slegs 85 kg, maar steek nie lyf weg op verdediging nie.

Die positiewe aspek is dat dit ’n bewys is van die goeie werk wat by die WP se rugby-instituut, wat in 2007 op die been gebring is, gedoen word.

“Ek het baie by die WP se instituut onder afrigters soos Steph Nel en Dawie Snyman geleer. Alles het daar begin. Ek was een van die ouens in die eerste opname in 2007,” sê De Jongh.

Allister Coetzee, afrigter van die WP, is tevrede met De Jongh se vordering en het nóg ’n belowende jong speler, JJ Engelbrecht, op sy plaasvervangerbank gekies.

Adriaan Fondse keer terug as slot in die WP se beginspan.

) Die spanne is:

WP: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Luke Wat?son (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Adriaan Fondse, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Moller, Anton van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Paul Bosch, JJ Engelbrecht.

Boland: Justin Peach, Deon Scholtz, Hein Myburgh, Lionel Cornelius, Ernie Kruger, Elgar Watts, Marnus Hugo, Junior Bester, Carel Hoffman, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis? (k), Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Harry Vermaas, Jané du Toit, Frikkie Spies, André du Toit, Danie van der Merwe, Mark Harris en Llewellyn Adonis.

25 Responses to Bolander in WP-arsenaal

  • 1

    Janne uit die Boland!

    (My eerste post op die blog – lyk of hy werk!)

    Geluk Ed en GBS. Dankie vir die harde werk. Veral die reply button.

  • 2

    Paar goedjies oor die artikel:

    Dis goed die WP gee jong outjies kans soos De Jong. Van wat ek gesien het lyk hy nie sleg nie.

    Anton Van Zyl het goed gedoen sover. Hoekom gaan hy bank toe? Is Fondse regtig beter?

    “’n Ou soos Deon Scholtz is ’n vinnige mannetjie, maar ek sal my bes probeer”

    Hoe vinnig moet VD Heever dan wees om hom van agter af in te hardloop!

    Laastens en belangrikste.

    “Ek sal my beste gee om die nr.13-trui te vat en hy (Fourie) kan dalk selfs vleuel speel,” sê De Jongh.”

    Ek hou nie van die sin nie. Hoop nie WP beplan om Mossie nou weer terug vleuel toe te skuif nie.

  • 3

    2@Supa Die Bloubul

    Ja nee, die reply button werk. Lekkerrrrrrrrr!

  • 4

    3 @Supa Die Bloubul – Moet jy nie slaap nie?

  • 5

    4@Koos

    Ek moet! Maar het erg gesukkel om gisteraand te slaap en toe slaap ek vanmiddag. So ek kon nie vroeg inkruip vanaand nie.

  • 6

    3@Koos

    So vir oulaas. Wat dink jy van Mossie wat dalk vleuel gaan speel?

    Hy sal n goeie vleuel maak, maar ek hou van hom op buitesenter. Hy is ons no 1 buitesenter en moenie nou weer skuif nie.

  • 7

    6 @Supa Die Bloubul – Nee wat Supa, hoekom sal jy nou ‘n premier senter wil skuif? Die outjie moet rerig goed wees voor hulle dit oorweeg…maar ons weet mos weepee van sterre en verander hulle in average klub spelers. Moet seker nie verras wees nie!

  • 8

    7@Koos

    Stem.

    Ek gaan nou slaap.

    Cheers

  • 9

    GBS/Ed
    Congratulations!
    Our new ‘home’ looks magnificant.
    Great work boys.

  • 10

    Nice to see some youngsters coming from that institute.
    About time WP starts developing their own.

    Steph Nel?
    Is that the former WP scrumhalf?
    There was another Nel, Stevie I think, or was he from NTvl, also scrumhalf? Played cricket for them as well.

  • 11

    Weet nie hoe om hier uit te log nie!

  • 12

    @Pietman

    Ek toets net….

  • 13

    @Pietman

    Testing.

  • 14

    @Pietman
    13 Testing 🙂

  • 15

    14 @Pietman – Hou op speel! Is jou vakansie gecancel? Sien julle het bietjie reen gehad in julle kontrei…

  • 16

    Why do I get the feeling Piet is going to shout “dekking” any minute now?

  • 17

    Hehe Manly, he is giving us a friendly warning…ignore it at your own peril!

  • 18

    Reminds me of when in Angola we walked into a Black Mamba, I never saw it so didnt know which way to run, 2 guys actually ran right into each other…………………………we did shoot it in the end though, and I got a good look at it.

  • 19

    18 @Manlybok – 😆 I can just imagine. Speaking of which, remember I told you about the snake at McDonalds the other day. Yesterday was a holiday over here, I was in the front chatting to the neighbours when my boy came running to tell me there is a snake in the tree! Went around to the back and there, in the tree, right next to my bedroom window was a blerrie snake 😯

    I am not sure how long it was because when I got back from the garage with the measuring tape the thing was gone! It was however well over 1m long and the rest of the day…and night I spend wondering where the hell it went…!

    I did however close the lid on the guinea pig cage and also gave my little dog an extra pat before I went to bed, just incase…

  • 20

    Hehehehe, was the guinea pig trying to pass you his last will and testament through the bars, cos he wasn’t going to get very far in that wielletjie of his!

  • 21

    @Koos
    15

    Nee, ek is in Mokpo op die stasie, ry trein, reen te veel.
    Hoe log mens uit hier?
    Ek wil nie heeltyd my naam on-line he as ek nie op die blog is nie?

  • 22

    #21 Piet, jou naam was nie op vir n lang ruk tot nou.

  • 23

    Ok, het dit, ek is uit!
    Tjeers, sien julle manne by die games.

  • 24

    21 @Pietman – As jy die site toemaak is jou naam weg…

  • 25

    20 @Manlybok – Hey, there is a whole buffet for the snake, all shapes and sizes, different colours (I assume they taste different!) as well! The big old daddy, old fatso, will probably try and eat the snake…

Users Online

Total 54 users including 0 member, 54 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm