André Bester

n Springboklose Leeus-span is Donderdagoggend aangewys om die Blou Bulle Saterdag in die Cokeblik aan te durf nadat Earl Rose en Henno Mentz die trekpas gekry het.

Die Leeus het lanklaas (ten minste nie in die laaste sewe jaar nie) sonder ‘n Springbok in die 22-tal in ‘n Curriebeker op die veld draf. Pieter de Villiers se witbroodjie, Rose, word deur nog ‘n opwindende Earl, die UJ se heelagter Earl Lewis, in die laaste vesting vervang.

Johan Jackson, ‘n voormalige leerder van Rustenburg Hoër, vervang Mentz wat ook soos Rose nie ‘n plek in die 22-tal kon kry nie.

Die derde verandering in die agterlyn is op binnesenter waar Pieter Engelbrecht bo Doppies la Grange en Walter Venter gekies is.

In die agtal is die kaptein Baywatch Grobbelaar en die agtsteman Willem Alberts terug op hulle pos. Ironies is die Amerikaner Todd Clever op die bank – die enigste Leeu-speler met internasionale ervaring.

Lions vs Bulle: Earl Lewis; Dusty Noble, Alwyn Hollebach, Piete rEngelbrecht, Johan Jackson; Herkie Kruger, Jano Vermaak, Willem Alberts, Franco van der Merwe, Baywatch Grobbelaar, Willem Stoltz, Nico Luus, Gert Muller, Hans van Dyk, JC van Rensburg. Reserwes: Derek Harwood, Kevin Buys, Johan Snyman, Todd Clever, Derick Minnie, Doppies la Grange, Ruan Boshoff.

326 Responses to Boklose Leeus pak Bulle

1 9 10 11
1 9 10 11

Users Online

Total 45 users including 0 member, 45 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm