Die agterlynafrigter van Nieu-Seeland, Wayne Smith, ontken dat die All Blacks bloot uit paniek hulle losskakel, Dan Carter, terug op die veld wil sit.

Smith het Maandag gesê die span het besluit om vir Carter in te span, ten spyte van Nieu-Seeland se swak vertoning in hul eerste drie Drienasieswestryde.

“Ons wou nie vir Dan onder onnodige druk plaas nie. Ons het besluit om te sien hoe dit met hom gaan, en ons was van die begin af van plan hom terug in die span te plaas sodra hy herstel het”.

Carter het ses maande gelede ‘n spier in sy hakskeen geskeur en sy teenwoordigheid in die Kiwi-span is erg gemis.

Steve Hansen, Nieu-Seeland se voorspelerafrigter, het ná Suid-Afrika se tweede oorwinning oor die All Blacks gesê dat tensy Carter 100% herstel het, dit bloot uit paniek sou wees vir die All Blacks om hom vir die res van die toernooi te gebruik.

Smith glo Carter het bewys dat hy reg is om weer top-vlak rugby te speel tydens sy westryde vir Canterbury in die land se plaaslike liga.

“Hy het alles reg gedoen om te kon herstel, en is so gesond soos iemand kan wees. Hy is geestelik én fisies gereed om op top-vlak rugby te speel”, het Smith gesê.

6 Responses to All Blacks nie paniekerig nie

  • 1

    Paniekerige SwartJanne??

  • 2

    kingpaul @ 1
    nee
    paniekerige ballerinna-janne!

  • 3

    Is daar enige een wat weet wat daai klomp fosiele in Dublin toe besluit het na aanleiding van die Bokke se protesoptrede?

  • 4

    Hulle kan maar vir Carter kies, hy gaan nog steeds nie genoeg balbesit kry om die game te dikteer nie! Maar teen die tyd wat ons teen die AllBlacks speel het ons hopenlik al die 3N in die sakkie. Solank die Ozzies net die AllBlacks oor twee weke wen, en ons so 5 punte uit ons twee games teen die Ozzies kan aanteken behoort ons genoeg punte te he om as oorwinnaars uit die stryd te tree.

  • 5

    Ons span sal Jacobs, January, Chilli, Kirshner, Bekker, Jannie Dup, Rossouw, Olivier en moontlik Schalla insluit vir daai laaste game. Dis nou as die 3N in die sakkie is.

  • 6

    9GCkNY fuctmbpgtoqv, [url=http://oajbzoyphkdi.com/]oajbzoyphkdi[/url], [link=http://nxdgtpazvfso.com/]nxdgtpazvfso[/link], http://iasvgzscuzoy.com/

Users Online

Total 18 users including 0 member, 18 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm