SA Rugby het sy kommer uitgespreek oor díe afname wat ondervind word in die getal rugby gerigte skole, veral in die noordelike dele van die land. SA Rugby het in Kaapstad twee junior hoë prestasie groepe aangewys as deel van ‘n strategiese plan om te verseker dat belowende spelers nie uit die spel sal verdwyn nie.

Die afname in voorheen oorheersend wit skole wat nog rugby speel, word weerspieël in die o/16 en o/18 spanne wat vandag aangekondig is. Swart spelers is in die meerderheid, wat ooreenstem met die feit dat hulle tot 84% van die spelers tussen die ouderdomme van 11 en 14 verteenwoordig. Johan Prinsloo, Bestuurshoof van SA Rugby sê dat SA Rugby  geen speler verlore wil laat gaan nie. Hy sê verder dat SA Rugby wil seker maak met lang termyn versekering dat SA Rugby gesond bly en dat SA altyd verseker sal wees met ‘n plek onder die eerste twee rugby lande in die wêreld. 

Die aantal swart spelers wat SA as juniors verteenwoordig, word egter nie na die senior vlak deurgevoer nie. Prinsloo sê dat die spelers die geleentheid gegee moet word om hulself te verbeter ten alle tye en dat SA rugby dit baie ernstig sal aanspreek in die toekoms.Dit bleik egter dat die Provinsiale bonde die struikelblok is.  

Pieter Jooste, SA keurder, sê dat daar blyk ‘n blok op provinsiale vlak te wees, wat hopelik deur die jare uitgesorteer sal word. 

Die o/16 groep sal aanstaande maand ‘n spesiale oefenkamp bywoon terwyl die o/18 groep sal voorberei vir wedstryde teen Frankryk en Argentinië later vandeesmaand.

65 Responses to Afname in wit skole wat rugby speel, kommer SA Rugby

  • 61

    #30 Ja jy was lanklaas in so n goeie posisie om hulle te “ref” as nou, die Bokke speel nou op standaard en kan nog beter!

  • 62

    Laat n mens wonder oor hoe “wonderful” Deans eintlik is, die sukses van Canterbury was nie overnight.

  • 63

    #62 Baie waar! Ek wag nogal om te sien hoe die Aussie pers ou Peter gaan target om die aandag van hul span af te kry!

  • 64

    58# AB

    Wat praat jy!
    Voortrekkerhoogte was altyd n sterk rugbyskool.
    Wel, daar het jy dit.

    Ek wil net byvoeg, daar mag dalk n paar jaar terug n ‘kwota’ of twee deurgeglip het (Solly, Mananda, Molatana en daai ouens) ; maar, as jy kyk na ons huidige spanne in die S14, CC en Bokke dan sien ek hulle nie meer nie.
    Al die swart spelers is daar op verdienste (ons mag hier en daar n 50/50 geval he soos Chilli, maar dis n kwessie van opinie).

    Ek dink ook PdeV het afgesien van sy oorspronklike idee van ’10 swartspelers in die Bokopdrafspan teen die AB’s (soos wat hy met sy intreetoespraak gese het), dis net nie eenvoudig nie uitvoerbaar nie, nie nou al nie……

  • 65

    Ja AB, tussen my maats hulle dink hy’s mal and I think the press are rubbing their hands together and will try their best to set him up.

Users Online

Total 36 users including 0 member, 36 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm